‘n Swaar bewapende Ugandese militêre konvooi het Donderdag die grens na Suid-Soedan oorgesteek om die land se burgers wat in Jaba vasgekeer is, na veiligheid te neem, het AFP berig. Dit kom midde vrees dat die intensiewe gevegte van verlede naweek enige oomblik weer kan uitbreek, ondanks die skietstilstand-ooreenkoms wat steeds van krag is. Die
Denel ontken Gupta-oorname na tenderbesluit
Denel het Donderdag bewerings ontken dat die maatskappy deur die Gupta-familie oorgeneem is om ‘n R1-miljard kontrak aan VR Laser ipv LMT Holdings te gee. LMT Holdings het die transaksie as ongeoorloof bestempel en hulle tot die hooggeregshof gewend. “Denel wil reageer op die negatiewe verslaggewing wat tans deur sekere publikasies versprei word,” het Vuyelwa
Sindikaat glo agter Bloemfonteinse rooftogte
Die polisie in Bloemfontein sluit nie die moontlikheid uit dat ‘n sindikaat betrokke kan wees by ‘n vlaag rooftogte wat vandeesweek by verskeie plaaslike besighede plaasgevind het nie. Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê drie besighede is Maandag enkele ure ná mekaar beroof. Volgens haar is ‘n juwelierswinkel daarna in ‘n inkopiesentrum ook beroof toe twee mans
Koel matige weer vir groot dele voorspel
Die koue het effens gewyk in groot dele van die land. Matige tot koel weerstoestande word dié naweek of later in die week in die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes verwag Temperature sal Saterdag en Sondag net onder 20 grade Celsius wees. Alhoewel die suidelike deel van die Noord-Kaap vandag en more lae temperature van onder
Karel Combrinck: ‘n Nare nadraai vir Tibhirine
Die verhaal van die monnike van Tibhirine staan in die teken van die soort politiek korrekte geveinsdheid wat as’t ware ons daaglikse brood geword het. ‘n Onbekende korrespondent van Praag het my pas weer aandagtig gemaak op die geskiedenis van die monnike en wat daarmee verband hou. Natuurlik was ek, soos seker baie van ons,
Raad beslis dat Wilgehof-skoolhoof weer aangestel word
Die Onderwysdepartement in die Vrystaat het ‘n besluit deur die Raad op Arbeidsbetrekkinge in die Onderwys gekritiseer. Die Raad het beslis dat ‘n Bloemfonteinse skoolhoof wat op aanklagte van rassisme afgedank is, weer aangestel moet word. Hulle het ook beslis dat die laerskoolhoof van Wilgehof, Fanie Roelofse sowat R600 000 se salaris terugwerkend moet kry.
Lees verder: Raad beslis dat Wilgehof-skoolhoof weer aangestel word
‘Groter as Churchill se taak’
Koningin Elizabeth II het die nuwe leier van die Konserwatiewe Party, Theresa May, ingeroep om ‘n nuwe regering saam te stel, het AFP berig. Europese leiers het reeds gevra dat Brittanje vinnig moet optree om die skeiding van die EU te formaliseer. May het egter aangedui dat sy nie aangejaag sal word nie. Die 59-jarige
Wegbly-aksie in Zim misluk
Die meeste ondernemings en skole in Zimbabwe het Dinsdag normaalweg geopen, ondanks ‘n oproep tot ‘n landwye staking. Pastoor Evan Mawarire, leier van die sukkelende #ThisFlag-beweging, is vroeër op aanklagte van aanhitsing van geweld en rusverstoring in hegtenis geneem. Mawarire het die oproer gedoen aan sy landsgenote om Woensdag en Donderdag aan ‘n landwye wegblyaksie
Namibiese hof knip SA hoenderbedryf se vlerke
Die aansoek deur Suid-Afrikaanse pluimveeprodusente teen die invoerbeperkings wat in Namibië ingestel is om die plaaslike bedryf te beskerm, het in Windhoek se hoërhof misluk. ‘n Namibiese regter het Vrydag beslis die aansoek van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging en vyf ander maatskappye betrokke in die buurland se pluimveebedryf teen die beperkings op invoere wat gedurende April
Frankryk vier ‘n triestige 14 Julie
Frankryk vier vandag ‘n triestige 14 Julie in ‘n gees van waaksaamheid onder ‘n noodtoestand. Die tradisionele militêre parade sal plaasvind, maar onder streng toesig. Die 3239 soldate wat in die Champs Elysees sal afmarsjeer, sal deur meer as 3000 polisie en gendarmes beskerm word, het die Paryse polisiehoofkwartier Woensdag gesê. Die mees ongewilde President
