Britse olie-eksplorasie in die see by die Falklandeilande het Argentinië as aanspraakmaker op dié eilande opnuut die harnas in. Dié keer het Argentinië ook die steun van bykans alle Latyns-Amerikaanse lande, en die Argentynse pers bespiegel dat die saak ‘n draai in die wêreldhof in Den Haag kan maak. Volgens die Argentyne erken die VN
Kondome vir 2010
Voorrade van kondome gaan op groot skaal aangevul word vir die Wêreldbekersokker. Victor Ramathesele, mediese ampsdraer van die 2010 organiseringskomitee, sê daar gaan ‘n feestelike atmosfeer heers wat die aanvraag vir kondome gaan opstoot. Suid-Afrika het die eer behaal as een van die toplande ter wêreld waar Vigs maai onder die bevolking. Ten minste 5,7
Polisiewapens verdwyn
Meer as 60 wapens en 50 000 rondes ammunisie is vermoedelik gesteel van ‘n gespesialiseerde polisie-eenheid in Mpumalanga, berig Nuus24. Die wapens is deel van ‘n onluseenheid in Hazyview se arsenaal. Die eenheid is in 2007 ontbind nadat voormalige komm. Jackie Selebi beslis het dat alle spesialiseenhede ontbind moet word. ‘n Ondersoek is geloods nadat
Teepartytjies in die VSA groei
{jathumbnail off} автоматическая насоснаятопкарго
Gemeenskapspolitiek en Malema se stryd om die kalklig
Terwyl ‘n storm losbars oor die verskynsel van tenderpreneurs, met die hooffokus op die luidrugtige Julius Malema, word ‘n groot politieke wedstryd langsaan op die B-veld gespeel. Op hierdie veld sê gemeenskapspolitiek die vrot viskop van Suid-Afrikaanse politiek die stryd aan. Solidariteit voer die veldtog teen misdaad verder en maak nog meer briewe bymekaar nadat
Lees verder: Gemeenskapspolitiek en Malema se stryd om die kalklig
Nersa kondig Woensdag verhoging aan
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sal Woensdag sy besluit oor Eskom se tariefaansoek aankondig. Eskom het aansoek gedoen vir ’n tariefverhoging van 35% per jaar vir drie jaar met die doel om R385 miljard in te samel vir ’n kraguitbreidingsprogram. Eskom het voor dit aansoek gedoen vir ’n jaarlikse verhoging van 45% vir die
Malema moet ondersoek word sê VF+
Die VF Plus het Maandagmiddag die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) formeel versoek om dringend ondersoek in te stel na Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, se inkomste en sy werklike bydra tot belasting die afgelope paar jaar. “Malema het nog geen behoorlike antwoorde verskaf aangaande sy inkomste en lewenstyl nie. Die Sondagkoerante het Sondag verder berig
Orange Farm in oproer
Orange Farm, die grootste en jongste plakkerskamp buite Johannesburg, is in oproer nadat inwoners die strate ingevaar het om te betoog teen swak dienslewering. Die polisie het van rubberkoeëls gebruikgemaak om onlusmakers uitmekaar te jaag. ‘n Polisieman is in die geweld beseer. Brandende bande het paaie versper en die polisie het onluste-eenhede op hoogste bsystand
Brits en Hartebeespoort se water te gevaarlik om te drink
Gevaarlike bakterieë in die water verhoed inwoners van Brits en Hartbeespoort om kraanwater te drink. Die plaaslike Madibeng-munisipaliteit gewaarsku dat kraanwater gekook moet word voor gebruik.. Volgens Beeld toon die uitslag van toetse op vier watermonsters wat in Brits geneem is, dat sekere bronne glad nie geskik is vir mens óf dier nie. Die watermonsters
Lees verder: Brits en Hartebeespoort se water te gevaarlik om te drink
Geopolitiek skuif van Wes na Oos
‘n Geopolitieke skuif van die Weste na die Ooste is duidelik nadat Saoedie-Arabië se ru-olieuitvoere na China gestyg het en in dieselfde tydperk na die VSA gedaal het. Dié daling is te wyte aan verminderde energieaanvraag in Amerika, asook ‘n groter Amerikaanse afhanklikheid van ru-olie ingevoer uit Afrika en Kanada. Riyad het China se groeiende
