Orange Farm, die grootste en jongste plakkerskamp buite Johannesburg, is in oproer nadat inwoners die strate ingevaar het om te betoog teen swak dienslewering.
Die polisie het van rubberkoeëls gebruikgemaak om onlusmakers uitmekaar te jaag.
‘n Polisieman is in die geweld beseer.
Brandende bande het paaie versper en die polisie het onluste-eenhede op hoogste bsystand geplaas om die geweld te probeer bekamp.
Inwoners kla dat die munisipaliteit nie die nodige dienste verskaf nie.
In 2004 was die plakkerskamp in oproer omdat voorafbetalende watermeters in die lokasie geïnstalleer is.
