Polisielid doodgeskiet na oproer

Die polisie is steeds opsoek na vier swart verdagtes, nadat ‘n polisiebeampte in Diepsloot (foto hierbo), noord van Johannesburg doodgeskiet is. Die gebied het Maandag onder oproer deurgeloop wat tot openbare geweld gelei het. Die Gautengse polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini sê die beampte en sy kollega was besig om ‘n motorband langs die pad te vervang

Lees verder: Polisielid doodgeskiet na oproer

Man in Springs met R50 miljoen se goud betrap

‘n Onbekende man (31) is in hegtenis geneem in Springs Maandag vir die besit van onverwerkte goud ter waarde van R50 miljoen. ‘n Woordvoerder van die Valke in Noordwes, Tlangelani Rikhotso, sê die onverwerkte goud was versteek in die enjinkompartement. Die verdagte is Maandagaand in hegtenis geneem in Springs, nadat Valkelede inligting ontvang het van

Lees verder: Man in Springs met R50 miljoen se goud betrap

Dodelike ISIS-aanval op Istanbul-lughawe eis talle

‘n Geweer- en bomaanval op Istanbul se Ataturk Internasionale Lughawe Maandagaand het die lewens van 50 mense geëis. Meer as 239 mense is in die aanval beseer. ‘n Polisiewoordvoerder sê drie aanvallers het by die ingang van een van die terminale op mense begin skiet. Hulle het hulself opgeblaas toe polisie op hulle begin skiet.

Lees verder: Dodelike ISIS-aanval op Istanbul-lughawe eis talle

Oorbevolking in SA-tronke onder die loep

Suid-Afrikaanse tronke is nommer een in Afrika en elfde in die wêreld in terme van oorbevolking. Dit is een van die kwessies wat aan die lig gebring is deur die Gebiedskommissaris vir die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD), Nthako Nyapotse. Hy het gepraat by ‘n rondetafelgesprek oor die verbetering van toestande vir gearresteerdes en aangehoue

Lees verder: Oorbevolking in SA-tronke onder die loep

Tesourie: Zuma moet byna R8 miljoen opdok vir Nkandla

Die Tesourie se verslag rakende Nkandla is een stap nader aan die ontknoping van die sage. Die Tesourie-verslag bepaal dat Zuma R7,8 miljoen moet terugbetaal vir opgraderings wat aan sy privaatwoning by Nkandla gedoen is. Die verbeteringe wat geïdentifiseer is, sluit in die besoekersentrum, amfiteater, beeskraal, hoenderhokke en swembad, of die sogenaamde brandpoel. In Maart

Lees verder: Tesourie: Zuma moet byna R8 miljoen opdok vir Nkandla

‘Britte moet besluit wie gaan uitrede onderhandel’

Brittanje moet besluit wie die land in onderhandelinge oor uittrede uit die Europese Unie (EU) verteenwoordig, het Frankryk se minister van buitelandse sake, Jean-Marc Ayrault (foto hierbo), voor sy vertrek na post-Brexit solidariteitsamesprekings in Praag gesê. Ayrault sê dit is nie “outomaties” dat Brittanje soortgelyke toegang as Switserland na die EU-mark sonder die vrye beweging

Lees verder: ‘Britte moet besluit wie gaan uitrede onderhandel’

Negentien polisiebeamptes wat glo smokkel voor

Negentien polisiebeamptes en twee beamptes van binnelandse sake sal na verwagting vandag weer in Zeerust in die hof verskyn. Dit volg nadat hulle glo in November verlede jaar smokkelaars by die Kopfonteingrenspos tussen Suid-Afrika en Botswana gehelp het om onwettige sigarette die land in te bring. Alle verdagtes is vroeër op R1 500 borgtog elk

Lees verder: Negentien polisiebeamptes wat glo smokkel voor

Plakkers maak amok by Bloemfontein

Die ringpad suid van Bloemfontein, wat die Reddersburg- en Dewetsdorp-paaie verbind by die Dinaweng-plakkerskamp, is vir verkeer gesluit. Lede van die Mangaung se verkeersdepartement het die pad aan weerskante versper en herlei verkeer na alternatiewe roetes. Dit kom ná voortslepende oproer oor ANC-kandidate wat vir die verkiesing aangewys is. Plakkers het Maandag twee minibusse aan

Lees verder: Plakkers maak amok by Bloemfontein

Brief: Aanvalle op Afrikaanse onderwys is volksmoord

Die beskawingspeil in die sogenaamde “Nuwe Suid-Afrika” het nou tot dié punt gedaal dat volksmoord nie net blatant gepleeg word nie; dit word met akademiese paaiwoordjies en retoriek deur paap en professor goedgepraat. Onderstaande brief het ek op 28 Februarie 1996 aan Rapport gestuur. Dis nie geplaas nie, want die oorgaweproses deur die Nasionale Party-regering

Lees verder: Brief: Aanvalle op Afrikaanse onderwys is volksmoord

Siriese konflik spoel oor na Libanon

Altesaam vyf mense is dood toe selfmoordbomaanvallers Maandag die oorwegend Christen-nedersetting, Qaa in Libanon, ongeveer 100 meter van die grens met Sirië geteiken en hul plofstof ontsteek het. Vier selfmoordbomaanvallers was by die aanval betrokke. Geen groep het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Inwoners van die nedersetting het onraad vermoed toe die aanvallers

Lees verder: Siriese konflik spoel oor na Libanon