SA beweeg na rommelstatus

Die wêreld se twee grootste graderingsagentskappe sal na verwagting vandag hul jongste graderings van Suid-Afrika se soewereine skuldlas aankondig, het RSG berig. ‘n Afgradering deur Standard & Poor’s sal die land se kredietgradering tot onder beleggingsgraad – bekend as rommelstatus – te staan bring. ‘n Afgradering deur Fitch sal Suid-Afrika se gradering op een plek

Lees verder: SA beweeg na rommelstatus

Brittanje gaan ISIS glo vir die volgende drie jaar bom

Die Britse sekretaris van verdediging Michael Fallon sê Britse lugaanvalle in Sirië kan drie jaar duur as hulle fokus op ISIS se olie-velde. Die owerheid gaan glo bykomende vegvliegtuige ontplooi in aanvalle teen die Islamitiese Staat in Sirië. Bomwerpers het reeds die Omar-olievelde in die ooste van Sirië geteiken wat onder beheer van die terreurgroep

Lees verder: Brittanje gaan ISIS glo vir die volgende drie jaar bom

Terreur op agenda by China-Afrika-beraad in Johannesburg

Die Chinese ambassade in Luanda se eerste sekretaris, Zhao Haihan, het in ‘n onderhoud met Bloomberg gesê die Angolese regering is gewaarsku oor die hoë frekwensie van ontvoerings van Chinese burgers. Tot enkele weke gelede, het niemand verwag dat veiligheid ‘n onderwerp van bespreking sal word by die China-Afrika-beraad wat 4-5 Desember in Johannesburg gehou

Lees verder: Terreur op agenda by China-Afrika-beraad in Johannesburg

Springbokafrigter Heyneke Meyer bedank

Heyneke Meyer het bedank as Springbokafrigter. Die aankondiging is Donderdagoggend op Twitter bevestig deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru). “Meyer het besluit om as afrigter te bedank. Hy is van mening sy besluit is in die beste belang van SA rugby, in lig die van onlangse ontwikkelings.” Meyer het aan Saru gesê dat hy sy integriteit

Lees verder: Springbokafrigter Heyneke Meyer bedank

Nigerië verlaag MTN-boete

Die Nigeriese Kommunikasie-kommissie het ingestem om MTN se boete van R72 miljard rand na sowat R14 miljard rand te verminder. Die boete is opgelê omdat MTN Nigerië ongeregistreerde intekenare nie dadelik afgesny het in Augustus en September nie. Twee Nigeriese amptenare van MTN, waaronder die hoof, is intussen afgedank en vervang. Wetgewing oor die registrasie

Lees verder: Nigerië verlaag MTN-boete

VSA draai Europese sokkerkraan stywer toe

Die sokkergeldkraan in Europa is nog ‘n knou toegedien nadat ‘n aantal voormalige en huidige FIFA-amptenare in hegtenis geneem is. Die inhegtenisnemings hou glo verband met ‘n ondersoek wat deur die Amerikaanse departement van Justisie gelei word. Hooggeplaaste FIFA-amptenare is in Switserland byeen vir ‘n vergadering. Hulle is volgens berigte vanoggend in Zurich in hegtenis

Lees verder: VSA draai Europese sokkerkraan stywer toe

FBI sê jongste massaslagting in Kalifornië dalk terreur

Wetstoepassingsamptenare in die VSA, waaronder die FBI, het gesê hulle kan nie terrorisme as ‘n moontlike motief vir die jongste massaslagting in Kalifornië uitsluit nie. ‘n Moslemwerknemer en sy vrou het 14 mense doodgeskiet en 17 ander gewond by ‘n San Bernardino-kantoorgebou Woensdagoggend voordat hulle deur die polisie dieselfde middag doodgeskiet is. San Bernardino se

Lees verder: FBI sê jongste massaslagting in Kalifornië dalk terreur

Tulbach geskud

‘n Aardbewing het Tulbagh en Saron Woensdag weer eens geskud. Tulbach is in 1969 deur ‘n verwoestende skudding in puin gelê, ‘n ramp wat bejaarde inwoners nog onthou. Die aardbewing het 3,7 op die Richterskaal gemeet en sowat 10 sekondes lank geduur. Dorpe so ver as Paarl en Melkbosstrand het ook die trillings waargeneem. Klaarblyklik

Lees verder: Tulbach geskud

Britte besluit om ISIS te bom

Tornado-vegbomwerpers het Brittanje se eerste lugaanvalle in Sirië geloods, enkele ure nadat die parlement die premier, David Cameron, se plan om die Islamitiese staat (ISIS) daar aan te val, goedgekeur het. ‘n Regeringsbron het Donderdagoggend gesê die eerste aanval is geloods. Die bomwerpers het glo reeds na hul basis teruggekeer. Die Ministerie van Verdediging in

Lees verder: Britte besluit om ISIS te bom