Namibiër sal regsaksie teen US voortsit

Dr. Joggie Briedenhann het Dinsdag by navraag aan die Republikein bevestig dat hy die siviele regsaksie teen die Universiteit van ­Stellenbosch (US), Open ­Stellenbosch en die studenteraad gaan voortsit ondanks die rektor van dié unversiteit, dr. Wim de Villiers, se skriftelike verskoning aan hulle. Die regstappe sal gedoen word hangende die verslag wat deur ’n

Lees verder: Namibiër sal regsaksie teen US voortsit

Trump behaal klinkende oorwinning in Nevada

Die Republikeinse aanspraakmaker op die Amerikaanse presidentskap, Donald Trump het loshande die Nevada-koukusse gewen. Ted Cruz en Marco Rubio is neffens mekaar in die tweede plek, maar kon nie ‘n wenindruk maak op kiesers wat keelvol is vir die establishment nie. Trump het vroeër ook in New Hampshire en Suid-Carolina klinkende oorwinnings behaal en is

Lees verder: Trump behaal klinkende oorwinning in Nevada

Totale gebrek aan leierskap dompel Kovsies in chaos

Studente op die Kovsie-kampus in Bloemfontein het Dinsdag hul koshuise ontruim het uit vrees vir verdere geweld. Swart oproeriges het wit studente aangeval, en die hoofgebou en koshuise beskadig in die chaos wat op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat losgebars het weens die gapende gebrek aan leierskap van die rektor Jonathan Jansen.

Lees verder: Totale gebrek aan leierskap dompel Kovsies in chaos

‘Reform PUK’ dreig om universiteitsrugby op Potch ook Maandag te ontwrig

Terwyl die geweld en onrus ná die ontwrigting van ‘n universiteitsrugbywedstryd op die Bloemfonteinkampus steeds wyer uitkring, het die Afro-marxistiese organisasie ‘Reform PUK’ dreigbriewe aan rugby-afrigters op Potchefstroom gestuur. Onder die opskrif “Black Lives Matter” sê die groep dat hy “geen rugby Maandag” op die PUK-kampus gaan toelaat nie. Hier volg die volledige boodskap soos

Lees verder: ‘Reform PUK’ dreig om universiteitsrugby op Potch ook Maandag te ontwrig

Ligte sportmotors: Stuttgart v. Ingolstadt

Wat kry jy as jy twee van die wêreld se gesogte motorvervaardigers vra of jy dalk van hul sportmotors kan toetsbestuur? Van Stuttgart af het ons die Mercedes-Benz SLK 300 ontvang. Die manne in Ingolstadt het weer vir ons die Audi TT gestuur. Die twee motors is beide klein, ligte sportmotors met baie persoonlikheid en nog

Lees verder: Ligte sportmotors: Stuttgart v. Ingolstadt

‘Tuks klaar Engels’: Djêkkerênda-FM versprei vals inligting oor Univ. van Pretoria

Die eens Afrikaanse radiostasie Jacaranda FM het reeds openlik standpunt teen Afrikaans ingeneem, en het vanoggend ‘n vals berig die wêreld ingestuur waarin vermeld word dat die senaat van die Universiteit van Pretoria reeds Engels as enigste voer- en doseertaal aanvaar het. Die nuusafdeling van Djêkkerênda-FM – só word die naam uitgespreek selfs wanneer omroepers

Lees verder: ‘Tuks klaar Engels’: Djêkkerênda-FM versprei vals inligting oor Univ. van Pretoria

Uganda se opposisieleier in vangwa gesmyt

Die hoofleier van die opposisie in Uganda, dr. Kizza Besigye, is Maandag deur die polisie in hegtenis geneem en agter in ‘n vangwa gesmyt toe hy probeer het om sy huis aan die buitewyke van Kampala te verlaat. Hy wou die verkiesingskommissie­ se hoofkantoor besoek om gedetailleerde afskrifte van die uitslae van die presidentsverkiesing te

Lees verder: Uganda se opposisieleier in vangwa gesmyt

Twee ontploffings ruk Sirië na skietstakingsooreenkoms

Minstens 150 mense is dood in bomontploffings in twee Siriese stede. Minstens 96 is na berig word dood in drie bom­aanvalle Sondag naby ’n Sjiitiese heiligdom, Sayyida Zeinab, in Damaskus. Die profeet Mohammed se kleindogter is daar begrawe. Enkele ure tevore is minstens 57 mense dood in ’n ­dubbele motorbomontploffing in Homs. Die ­Islamitiese Staat

Lees verder: Twee ontploffings ruk Sirië na skietstakingsooreenkoms

Jonathan Jansen hol weg nadat geweld by UV losbars

Studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê die rektor Jonathan Jansen het Maandagaand weggehardloop toe geweld op die kampus uitgebreek het. Hy het versuim om die situasie aan te spreek nadat gewelddadige betogings uitgebreek op die Bloemfontein-kampus. Klasse is vandag en môre opgeskort nadat swartes ‘n Varsitybeker rugbywedstryd Maandagaand ontwrig het. Wit en

Lees verder: Jonathan Jansen hol weg nadat geweld by UV losbars

Sterkste sikloon tref Suidelike halfrond

Toeriste het Maandag begin om van die sikloon-geteisterde Fidji te vlug nadat die dodetal tot 20 gestyg het. Amptenare waarsku dat die syfer verder kan toeneem soos verslae van verafgeleë gebiede ontvang word. Lugfoto’s toon dat verskeie afgeleë nedersettings heeltemal in puin gelê is deur die tropiese sikloon, Winston, wat Saterdagnag met windstorms van tot

Lees verder: Sterkste sikloon tref Suidelike halfrond