praag.co.za

Totale gebrek aan leierskap dompel Kovsies in chaos

Written by

in

,

Studente op die Kovsie-kampus in Bloemfontein het Dinsdag hul koshuise ontruim het uit vrees vir verdere geweld.

Swart oproeriges het wit studente aangeval, en die hoofgebou en koshuise beskadig in die chaos wat op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat losgebars het weens die gapende gebrek aan leierskap van die rektor Jonathan Jansen.

Praag het Maandag berig hoe Jansen gevlug het voor die swart aanslag.

Hy het later by monde van ‘n verklaring die wit studente verantwoordelik gehou vir die geweld.

Die standbeeld van Suid-Afrika se eerste staatspresident, CR Swart is afgebreek en in ‘n fontein gegooi.

Die swart SR-president van die UV, Lindokuhle Ntuli sê hulle sal voortgaan met hulle protesoptrede totdat daar aan hulle eise voldoen is.

Hy sê rassisme het geen plek by die instelling nie en dat iets daaromtrent gedoen moet word.

Ntuli sê die studente eis dat die CR Swart-standbeeld verwyder word, dat rassisme beëindig word en dat skoonmakers ingekontrakteer word.

Die manskoshuis Huis Abraham Fischer, ook bekend as Vishuis, het ook onder die vandale deurgeloop wat glo teen die uitkontraktering van kampuswerk betoog.

Die universiteit het aangekondig dat die Bloemfonteinse kampus gesluit sal bly tot verdere kennisgewing omdat die veiligheid van studente, personeel en eiendom nie gewaarborg kan word nie.

‘n Verdere 60 veiligheidswagte is op die kampus ontplooi om uitgebreide vandalisme te probeer keer.

Nadat wit toeskouers die oproeriges Maandag van die rugbystadion verwilder het, het die swart horde wit koshuisstudente aangeval, veral in Vishuis. Dinsdagoggend is dieselfde koshuis weer bestorm en nog skade aangerig.

Jansen het Dinsdag op ‘n mediakonferensie gesê die geweld was ‘n terugslag vir transformasie. Hy het dit betreur dat die swart betogers “se regte letterlik en figuurlik vertrap en talle ou wonde oopgekrap is”.

Dit is nie duidelik waarom die swart oproeriges oor “regte” beskik wat hulle in staat stel om wittes aan te val en eiendom te beskadig in ‘n bestel wat self deur Jansen voorgehou word as ‘n matelose verbetering op die die vorige een nie.

Kennelik is die huidige regime se probleem met “witheid” iets waarmee Jansen saamstem nadat swart oproeriges die koshuis binnegestorm het en niksvermoedende wittes met stokke en klippe aangeval het.

Die polisie moes vrouestudente uit die Madelief-koshuis na veiligheid begelei toe swartes die plek bestorm het met die waarskuwing dat hulle “enige kind van ‘n wit man sal doodmaak”.

Die polisie is daarna met klippe en bottels bestook en daarvan beskuldig dat hulle net wit studente beskerm.

In Pretoria het die universiteitsbestuur studenteleiers Dinsdagaand in ‘n verklaring gewaarsku dat tugstappe en strafregtelike klagte geneem sal word teen diegene wat Maandag by kampusgeweld betrokke was.

Die UP bly steeds tot verdere kennisgewing gesluit.

Comments

6 responses to “Totale gebrek aan leierskap dompel Kovsies in chaos”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    Elke aangerande wit jongmens n potensieele rassis–die betogers is hulle eie grootste vyande.

  2. Rifrug Avatar
    Rifrug

    “gesluit sal bly to verdere kennisgewing” …

  3. Koos Botha Avatar
    Koos Botha

    Prof Jansen wil graag swart wees maar hy’s ‘n volbloed bruinman. Eintlik ‘n verdwaalde bruinman wie se swartgeit tydens anargie soos tans hom niks baat. Verstommend dat hy op die vlug slaan. Waar’s sy kragdadigheid wat hy so graag ten toon stel op TV en in die media? Tragies dat die gepeupel ‘n ware jintelman soos wyle oom Blackie Swart se standbeeld toetakel. Sy politieke rol was bloot seremonieel.

    1. JESSEJAMES Avatar
      JESSEJAMES

      Eerder oes as rof in prof indien dit volg voor Jansen asb.

  4. boerseun Avatar
    boerseun

    Blackie Swart was ‘n ware heer. Het ‘n keer of wat aan huis by my ouers gewees. Het ook ons skooljaar geopen kort voor sy dood. Hierdie barbare is onbenullig klein in sy aangesig! Sy plaasnaam was De Aap …en vandag klouter die beskawingbrekers soos ape op sy standbeeld rond.

  5. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Die enigste kleur ter sprake is dié van lafaard: geel. Vlug van sy verantwoordelikheid en plig, en om sy hanteerders te behaag plaas hy boonop die blaam op die slagoffers wat bloot hulself verdedig het.

Leave a Reply