Presidente het al tekslesers gebruik vir meer as ‘n halfeeu, maar nie een het tot dusver so erg op die goed staatgemaak as Obama nie. Terwyl presidente dit tipies gebruik het vir hulle mees belangrike toesprake – ‘n inhuldiging, ‘n staatsrede of ‘n Ovaalkantoortoespraak – gebruik Obama dit vir daaglikse roetine toesprake, en selfs sy
Swart mans heel onder
Meer swartmans in Louisiana word in die tronk gesit of word die slagoffers van manslag as wit mans, het amptenare van ‘n onderwysnavorsingsentrum Donderdag gesê. Cedric Richmond, Demokratiese verteenwoordiger van New Orleans, het gesê “Afro-Amerikaanse mans is laaste in omtrent enige kategorie as dit kom daarby om sukses te behaal.” Die Raad op die Sosiale
Gumede se nuutste
William Gumede, die skrywer van die biografiese werk Thabo Mbeki het ‘n nuwe boek geskryf, The Democracy Gap: Africa’s wasted years, wat in Meimaand op die rakke sal wees. Die boek ondersoek die mislukkings van regerings in Afrika ná onafhanklikheid en bevrydingsorganisasies asook hoekom die klein republieke van Mauritius en Botswana beter gevaar het as
Protestante en Katolieke veroordeel IRL-aanval
Politici van noordelike Ierland se Protestante en Katolieke gemeenskappe het Sondag saamgespan in die veroordeling van die aanval waarin vermoedelike IRL dissidente ‘n groep Brits soldate en pizza-afleweringsmense buite Britse barakke in Antrim, noord van Belfast geskiet het. Die aanval het twee soldate gedood en vier ander mense, waarvan twee pizza-afleweringsmense was ernstig gewond. Die
Ekonomiese krisis gaan Afrika ook tref
Met die volle impak van die globale ekonomiese krisis wat Afrika gaan tref, het Afrikaleiers Maandag in Tanzanië vergader vir die Internasionale Monetêre Fonds se konferensie om die saak aan te spreek. Toe, wat baie beskou het as die grootste ekonomiese krisis sedert die 1930’s se Groot Depressie, verlede jaar in die Weste toegeslaan het,
Sasol se wesensverdienste styg
Sasol se wesensverdienste per aandeel het gestyg met 51% tot R21,92 vir die 6 maande wat geëindig het Desember 2008, het die petrochemiesegroep Maandag gesê toe hulle tussentydse verslae bekend gemaak is. Dit was as gevolg van beide die hoër olieprys en ‘n swakker rand. Werksprofyt van R31,5 miljard was 53% hoër as die vorige
‘Gemengde plutoniumoksied ‘n groot gevaar’
‘n Groot vrag gemengde plutoniumoksied (MOX) sou na verwagting Saterdag verby die Kaap van Goeie Hoop vervoer word, het Greenpeace Africa in ‘n verklaring gesê. "MOX-vragte is net nie die moeite werd nie, hulle is ‘n groot terreurteiken en ‘n groot risiko vir die omgewing van al die lande onderweg,” het Rianna Teule, kernveldtogleier van
Honderde Zim-vlugtelinge in Johannesburg
Honderde Zimbabwe vlugtelinge het aangekom in sentraal-Johannesburg en lewe op die straat na die sluiting van die vlugtelingprosesseringsentrum by die skougronde van Musina, Limpopo. “Meeste van die mense bly buite. Snags kan mens hulle sien, daar is baie,” het Wellington Masaiti Saterdag aan Sapa gesê. Masaiti is ‘n vrywilliger sekuriteitswag by die sentrale Metodistekerk in
Was dit ‘n ongeluk?
Eerste minister Morgan Tsvangirai se party, die MDC, het gesê hulle sal hul eie ondersoek hou na die ongeluk waarin hy Vrydag middag beseer is en sy vrou dood is. Maar die getuienis wat versamel is wys sover dat die gebeure op ‘n hoofweg ‘n ongeluk was, volgens Amerikaanse amptenare. Die sport-nutsvoertuig waarin die Tsvangirais
Clinton se Russiese verleentheid
Russiese media het die spot gedryf met Amerika se minister van buitelandse sake Hillary Clinton na sy haar Russiese kollega ‘n “herstel” skakelaar gegee het met ‘n ironiese spelfout. Clinton se geskenk aan die minister van buitelandse sake Sergei Lavrov by hulle vergadering in Geneva Vrydag was bedoel om die Obama-administrasie se gewilligheid “om die
