Meer swartmans in Louisiana word in die tronk gesit of word die slagoffers van manslag as wit mans, het amptenare van ‘n onderwysnavorsingsentrum Donderdag gesê.
Cedric Richmond, Demokratiese verteenwoordiger van New Orleans, het gesê “Afro-Amerikaanse mans is laaste in omtrent enige kategorie as dit kom daarby om sukses te behaal.”
Die Raad op die Sosiale status van Swart Mans en Seuns, wat Donderdag ontmoet het in die staat se hoofstad, beplan om ‘n voorlopige verslag vry te stel op 1 Junie oor hoe swart mans tans vaar.
Onder kinders, is die persentasie van swart manlike persone drie keer dié van blanke mans, het Bobbie DeCuir, ‘n projekdirekteur by die Cecil J. Picard Sentrum vir Kinderontwikkeling en Lewenslange Onderwys gesê.
Moord is die hoofoorsaak van dood onder swart mans met ouderdomme tussen 15 tot 34, het Gail Bonhomme, ook ‘n projekdirekteur by die Picardsentrum gesê.
En vir elke wit man tussen die ouderdom van 19 en 44 wat in die tronk is, is daar omtrent 4 swart mans in die tronk, het sy gesê.
Die Picardsentrum het dié en ander statistieke, wat geneem is van die Nasionale Sentrum vir Gesondheidstatistiek en Amerikaanse Sensus Buro en saamgestel is deur LSU-demograaf Troy Blanchard na die raad toe geneem.
Daardie statistieke was nie verrassend vir die raadslede nie, waarvan die groot meerderheid selfs swart is. Maar Donderdag het die syfers woorde soos “erg”, “ontnugterend” en “teleurstellend” laat opklink uit die paneel.
