Was dit ‘n ongeluk?

Eerste minister Morgan Tsvangirai se party, die MDC, het gesê hulle sal hul eie ondersoek hou na die ongeluk waarin hy Vrydag middag beseer is en sy vrou dood is. Maar die getuienis wat versamel is wys sover dat die gebeure op ‘n hoofweg ‘n ongeluk was, volgens Amerikaanse amptenare.

Die sport-nutsvoertuig waarin die Tsvangirais gereis het is van die kant getref deur ‘n vragmotor wat Amerikaansvoorsiende antiretrovirale medisyne vervoer het om mense met vigs te behandel, het ‘n senior Amerikaanse amptenaar Saterdag gesê. ‘n Vroulike passasier in die vragmotor het gesê die bestuurder het beheer verloor nadat die bestuurder ‘n growwe stuk op die pad getref het, het die amptenaar gesê, wat die ongeluk bespreek het op voorwaarde van anonimiteit omdat hy nie toestemming gehad het om op die rekord te praat nie.

“Vanuit ons aanvanklike begrip, blyk dit dat die vragmotor ‘n slaggat getref het, beheer verloor het en oor die middellyn van die pad gekruis het. Dit het Morgan se voertuig getref wat daarna verskeie kere gerol het,” het die Amerikaanse amptenaar gesê. “Dit lyk werklik asof dit ‘n ongeluk was.”

Susan, Tsvangirai se vrou van meer as 30 jaar is gedurende die ongeluk uit die voertuig, ‘n Toyota Land Cruiser, geslinger en is kort daarna oorlede. Sy sal waarskynlik Dinsdag of Woensdag begrawe word in Tsvangirai se landelike tuiste Buhera, het ‘n partyamptenaar gesê.

Die vragmotor wat Tsvangirai se Toyota getref het is betaal deur ‘n kontrakteur met fondse van Amerika  se agentskap vir Internasionale ontwikkeling, het ‘n Amerikaanse amptenaar gesê.

Die departement van buitelandse sake  het gesê dat Amerika “baie jammer” is oor die ongeluk wat omtrent 4uur Vrydagmiddag plaasgevind het.

dsp ac 224Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae