Honderde Zim-vlugtelinge in Johannesburg

Honderde Zimbabwe vlugtelinge het aangekom in sentraal-Johannesburg en lewe op die straat na die sluiting van die vlugtelingprosesseringsentrum by die skougronde van Musina, Limpopo.

“Meeste van die mense bly buite. Snags kan mens hulle sien, daar is baie,” het Wellington Masaiti Saterdag aan Sapa gesê.

Masaiti is ‘n vrywilliger sekuriteitswag by die sentrale Metodistekerk in Johannesburg wat ‘n veilige hawe geword het vir vlugtelinge.

Paul Verryn, die biskop van die kerk het gesê dat ongeveer 200 vlugtelinge aangekom het vanaf Musina n die laaste 2 weke, en 71 net op Vrydag alleen.

“Daar was ‘n definitiewe toename in getalle,” het Verryn gesê.

Die week het binnelandse sake sy ad-hoc vlugtelingprosesseringsentrum in Musina gesluit.

Die Musina vlugtelinge het aan Sapa gesê hulle is vervoer gegee tot in Johannesburg, maar was onduidelik oor wie dit verskaf het. Baie het gesê binnelandse sake of die Musinaregsentrum het minibus-taxis voorsien.

Hulle probeer skuiling vind by die Sentrale Metodiste kerk, maar baie word weggewys by die deur.

Verryn het gesê die plek is reeds vol tot maksimumkapasiteit.

Dit beteken dat die Musina vlugtelinge gaan aansluit by die 2000 wat Verryn skat wat reeds op straat slaap.

“Hulle slaap ingeryg soos sardientjies,” het Verryn gesê. 

влагостойкий светодиодный светильникФильчаков прокуратура харьков