Minister Davies sien nie wit plakkerskampe raak

Wit Suid-Afrikaners word nie verarm deur die beleid van breë swart ekonomiese bemagtiging (BSEB) nie, sê dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid. In ’n geskrewe vraag op ’n parlementêre vraag het hy Donderdag gesê: “BSEB se doelwit is nie die verarming van wit mense nie – dis ’n sake-imperatief wat daarop bemik is

Lees verder: Minister Davies sien nie wit plakkerskampe raak

Moody’s sê kredietamnestie gaan banke knou

Indien die regering voortgaan met ’n “kredietamnestie” sal Suid-Afrikaanse banke se kredietwaardigheid ly, het Moody’s Investors Service gesê.  Die kabinet het verlede week ’n aanbeveling goedgekeur om inligting oor skuld wat eens agterstallig was, maar nou afbetaal is, van die kredietopgawes van 1,6 miljoen verbruikers te verwyder. Die stap sal dit vir banke moeiliker maak

Lees verder: Moody’s sê kredietamnestie gaan banke knou

Twee kritiek na hyskraan-ongeluk in Pretoria

Twee mense is ernstig beseer en nog drie het ligte beserings opgedoen toe ‘n hyskraan in die ooste van Pretoria teen drie voertuie gebots het. Die ongeluk het op die hoek van Solomon Mahlangu- en Garsfontein-rylaan plaasgevind. Volgens die nooddienste het die bestuurder beheer oor die hyskraan verloor toe die remme waarskynlik onklaar geraak het. 

Lees verder: Twee kritiek na hyskraan-ongeluk in Pretoria

Stenograaf in Kongres val Vrymesselaars aan

‘n Stenograaf Dianne Reidy in die Amerikaanse Kongres het lede laat Woensdagaand op die stertkant van die skuldplafonstem onkant betrap toe sy na die podium gestap het om die Vrymesselaars aan te val. “Alle lof aan God,” het me Reidy gesê. “Hy sal nie bespot word nie. Hy sal nie bespot word nie. Raak my

Lees verder: Stenograaf in Kongres val Vrymesselaars aan

Gevaarligte flikker na ANC aan e-Tolwet torring

Die Suid-Afrikaanse publiek kan nou met reg bekommerd wees oor SANRAL en die ANC-regering se toekomstige planne met tolpaaie nadat die Vryheidsfront Plus vasgestel het dat twee belangrike artikels se werking onbepaald uitgestel is met die proklamasie van die E-Tolwet. Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, sê die uitsluiting van

Lees verder: Gevaarligte flikker na ANC aan e-Tolwet torring

‘n Waarskuwing aan Julius Malema

Die VF Plus rig ‘n boodskap aan Julius Malema dat hy versigtig moet wees met sy rewolusionêre uitsprake want die geskiedenis het geleer ‘n rewolusie eet gewoonlik sy eie kinders, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie. “Robespierre, ‘n roekelose, bloeddorstige en magsugtige man het die vlamme van die Franse

Lees verder: ‘n Waarskuwing aan Julius Malema

Gauteng in 2050 so digbevolk soos Bangladesj

Internasionale navorsers het bevind dat Gauteng teen 2050 byna so dig bevolk as Bangladesj sal wees. Die suid-Asiatiese land is een van die digsbevolkte lande ter wêreld. Jonathan Moyer van die Joseph Korbel Skool vir Internasionale Studies het ‘n seminaar in Pretoria gelewer. Hy sê die regering se infrastruktuur-beplanning sal in ‘n groot mate bepaal

Lees verder: Gauteng in 2050 so digbevolk soos Bangladesj

Britse duikbote was geen opsie, hoor Wapenaankope-kommissie

Die hoof van die vlootstelsel-afdeling by Krygkor, Rob Vermeulen het Maandag bewerings weerlê dat Suid-Afrika ‘n geleentheid om goedkoper, Brits-vervaardigde Upholder/Victoriaklas-duikbote te koop oor die hoof gesien het. Vermeulen het voor die Wapenaankope-kommissie in Pretoria gesê dat Suid-Afrika voldoende produkte by die Duitse duikbootkonsortium gekry het, ondanks kritiek. Vermeulen het sy getuienis gister voltooi, en

Lees verder: Britse duikbote was geen opsie, hoor Wapenaankope-kommissie

Inlywing van Midvaal en Emfuleni in nuwe metro ’n ramp vir inwoners

“Die beoogde inlywing van die Midvaal-munisipaliteit in Meyerton en die Emfuleni-munisipaliteit wat Vereeniging en Vanderbijlpark insluit in ‘n nuwe metroraad sowel as die verskuiwing van Heidelberg-Lesedi na die Ekurhuleni-metro aan die Oos-Rand, stuur af op ‘n diensleweringsramp, sê mnr. Jaco Mulder, VF Plus-LPW vir Gauteng. Die blote herverdeling van hulpbronne sal opsigself geen welvaart en

Lees verder: Inlywing van Midvaal en Emfuleni in nuwe metro ’n ramp vir inwoners

Umgungundlovu kry nie metro-status nie

Die KwaZulu-Natalse LUR vir Samewerkende Regering, Nomusa Dube sê hulle is teleurgesteld in die Munisipale Afbakeningsraad se besluit om nie aan die sewe plaaslike munisipaliteite in die Umgungundlovu distrikmunisipaliteit Metro-status te gee nie. Die distrikmunisipaliteit sluit Pietermaritzburg in. Dube het met die media gepraat nadat die Afbakeningsraad se finale besluit oor die afbakening van munisipale

Lees verder: Umgungundlovu kry nie metro-status nie