Twee mense is ernstig beseer en nog drie het ligte beserings opgedoen toe ‘n hyskraan in die ooste van Pretoria teen drie voertuie gebots het.
Die ongeluk het op die hoek van Solomon Mahlangu- en Garsfontein-rylaan plaasgevind.
Volgens die nooddienste het die bestuurder beheer oor die hyskraan verloor toe die remme waarskynlik onklaar geraak het.
Dit het deur die omheinings van twee huise gebars en in ‘n sloot tot stilstand gekom.
Die hyskraanbestuurder en ‘n motoris is in ‘n kritieke toestand.
Die nooddienste het gevra dat mense die gebied vir die volgende uur moet vermy. – Sapa
