Gevaarligte flikker na ANC aan e-Tolwet torring

etollDie Suid-Afrikaanse publiek kan nou met reg bekommerd wees oor SANRAL en die ANC-regering se toekomstige planne met tolpaaie nadat die Vryheidsfront Plus vasgestel het dat twee belangrike artikels se werking onbepaald uitgestel is met die proklamasie van die E-Tolwet.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer, sê die uitsluiting van die betrokke artikels, 3(b) en (c), beteken effektief dat geen sosio-ekonomiese- en verkeersimpakstudies gedoen hoef te word rakende tolpaaie nie, en dat die publiek ontneem word van die reg om hieroor ingelig te word.

Artikel 3(b) bepaal dat SANRAL sosio-ekonomiese en verkeersimpakstudies in samewerking met die geaffekteerde plaaslike owerheid en provinsie moet doen. Dit moet dan aan die publiek bekend gemaak word deur ‘n kennisgewing in die Staatskoerant.

Hierdie artikel is deur die VF Plus onderhandel en in die Wet geplaas.

Artikel 3(c) bepaal dat SANRAL aan die minister moet aandui wat die uitkoms van die sosio-ekonomiese en verkeersimpakstudies was, hoe kommentaar van die publiek geakkommodeer is, en watter stappe geneem is om die impak, soos nagevors, te verminder.

Adv. Alberts sê die verwikkeling is ‘uiters kommerwekkend’ aangesien paaie ingevolge die nuwe wet nou getol kan word sonder enige openbare deelname.

“Dit wil voorkom of die ANC-regering en SANRAL probeer om die implementering van sosio-ekonomiese en verkeersimpakstudies te vermy om dit sodoende makliker te maak om e-tol in te stel volgens hul eie diskresie en sonder om verantwoording te doen aan die publiek.

“Veral Kapenaars sal nou nie te gemaklik kan slaap met die beplande N1- en N2-Wynlandtolprojek nie.

“Die oprigting van luukse nuwe kantore van byna R90 miljoen vir SANRAL langs die N1 in Bellville spel die agentskap se planne oor e-tol vir die Kaap duidelik uit.

“Luidens koerantberigte het die agentskap in die Kaap 35 werknemers.  Dit beteken byna R3 miljoen per werknemer vir kantoorruimte indien daar nie nou al vir meer personeel voorsiening gemaak word nie.

“Die VF Plus is van mening dat SANRAL vasbeslote is om e-tol in die Kaap in te stel nadat dit nou in Gauteng deurgestoomroller is nieteenstaande hewige teenkanting uit alle oorde,” sê adv. Alberts.

38 thoughts on “Gevaarligte flikker na ANC aan e-Tolwet torring”

  1. In die Kaap en elders sal dit nie ingestel word indien die mense in Transvaal die stelsel daar laat misluk deur nie die skyfie uit te neem nie en ook nie te betaal nie. Hulle kan eenvoudig nie ‘n miljoen sake per dag hanteer nie. Hoeveel presentasie verkeersboetes word betaal wat per pos afgelewer word?

      1. DichterS Ek glo maatskappye sal dit moontlik betaal, of die meeste van hulle. Dink die grootste gelde sal van Jan publiek afkom. Net soos verkeersboete betaal die meeste maatskappye. Dit is tog hulle brood en botter en kan nie kanse vat nie. Met die publiek is dit anders.

          1. Johan ek weet nie of ek dit reg verstaan nie, maar indien mens nie die skyfie koop nie werk dit nie maar presies soos verkeer boetes nie?

          2. Normale verkeersboetes moet jy eers skuldig bevind word. Met die ou tolpaaie het jy kontant betaal omdat die regering op daardie tyd geweet het mense gaan nie ‘n skyfe op hulle karre toelaat nie. Sanral het hierdie probleem besef en alles gedoen om dit te omseil deur hardhandige tegnieke terwyl mense goedgelowig aangekarring het. Jy moet E-toll nou binne 7 dae betaal. Jy is dus reeds skuldig bevind. Daar gaan +-250 metro-polisiekarre op die +-100km paaie wees wat die karre gaan aftrek wat nie binne 7 dae betaal het nie, met die verstandhouding dat hulle jou tronk toe kan vat. Ek weet dat dit nie alles so eenvoudig is nie, maar net die gedagte dat my vrou haar onskuldig agter in ‘n f@k@fpolisiekar bevind is onaanvaarbaar. Ek sal OUTA dus ondersteun as hulle die saak nog verder wil vat.

          3. Johan k hoor wat jy seg en dit is verseker di regte ding om jou vrou te beskerm en die veiligste ding om te doen. Gaan in OUTA se webwerf in en Google gerus. Die 7dae is vir afslag, daarna 30 dae met minder afslag dan 60 dae om ‘n rekening uit te reik en dit per geregistreerde pos te stuur of persoonlik af te lewer. In dien jy dan nie betaal nie selfde storie weer van vooraf net dan ‘n dagvaarding met ‘n hof datum. Daarna ‘n lasbrief.
            So indien daar een miljoen per dag die pad gebruik is die rekeninge een miljoen. Binne ses maande sal die “backlock” van rekeninge dagvaardings en lasbriewe ‘n hele paar miljoen wees en binne ‘n jaar of wat miljard.
            Poskantoor sal dit ook nie kan hanteer nie.

            Nee my vriend ek dink hierdie is ‘n doodgebore foefie, indien die mense nie betaal nie.

          4. Sover ek ook verstaan, sal jy nie jou motorlisensie kan hernu alvorens boetes (insluitend e-tol) betaal nie.

          5. Ongrondwetlik en dit kan en sal nie werk nie. Kom ek gee jou ‘n voorbeeld. Ek leen my voertuig uit? Vals nommers? Is ek skuldig indien nie in ‘n hof skuldig bevind is nie? Nee nie volgens wet nie.
            So indien hulle wel my voertuig se lisensie terug hou, wat hulle nie sal doen nie, ry ek sonder ‘n lisensie nadat ek ‘n beëdigde verklaring by ‘n vrederegter afgelê het dat ek my lisensie wou betaal, maar hulle nie my gelde wil aanvaar nie.

          6. Dis afpersing en hul dreig daar mee maar dit werk nie alleenlik boetes wat aan jou beteken is kan op Enatis aangebring word geen boetes deur die pos nie.
            Hul se jy moet jou rekening binne sewe dae betaal dit kan net gebeur as jy die rekeening ontvang het so ek wil die rekening per gerigestreerde pos ontvang en dan sal ek versoek dat die foto’s beskikbaar is vir verifikasie siende dat daar soveeel motors met vals nommers op die pad is so huil gaan lank besig wees

          7. Die skyfie sal nie werk onder die gantries as dit in ‘n metaalblikkie – soos ‘n penneblikkie gehou word nie. Wys dit vir die Zarpe en sit dit terug in die Farady Cage (blikkie).

    1. Hulle is korrup maar op ‘n ander manier. Hulle wet gee hulle meer mag as enige ander instansie in ZA. Hulle vat sommer die geld uit jou rekening as hulle dink jy skuld hulle of as jy nie gou genoeg na hulle smaak op skrywes reageer na verkeerde adressse toe gestuur nie.

    1. Dis mos soos dinge in die “Nuwe Verbeterde Suid-Afrika” werk.
      Seg, ek wil in elkgeval vra dat al ons taxi-bestuurders hulself mooi sal oppas deur vas te gordel, gesien in die lig dat hulle baie ‘spesiaal’ is.
      ***
      ARRIVE ALIVE

  2. Onthouding van omgewingsfaktore gedurende die aanskaffing van primere bates soos myne, paaie en damme, MOET teen die wet wees. As dit nie is nie, het FW ‘n groot / massiewe fout gemaak. Al het die ANC hierdie paragrawe uitgelaat in die enkele e-tol wet, is dit nog steeds teen ons algemeen aanvaarde wetsbeginsels. Nou toe, Afri-forum vir wie ek elke maand bydra – doen julle werk.

  3. Ek reken steeds die e-tol is nie werklik daar om geld in te samel nie – dit is wat as die hoofsaak voorgehou word. Die werklike rede is dat hulle die mense se bewegins wil monitor. Hulle kan nou ook boetes uitreik vir die oorskreiding van die gemiddelde spoedgrens.

    Dieselfde rede hoekom jou selfoon met die RICA wet aan jou as persoon gekoppel moet wees. Hulle wil weet waar jy is.

Maak 'n opvolg-bydrae