SABC trap gedrukte media se tjank af

Die SABC het ‘n verbod geplaas op die lees van koerantopskrifte asook die bespreking van koerantvoorblaaie op die lug. In ‘n duidelike gebaar van wantroue teenoor die dooieboommedia se agenda, het die Suid-Afrikaanse openbare uitsaaier die besluit geregverdig en gesê hulle staak alle gratis publisiteit aan gedrukte nuus. Die SAUK sê daar is “niks sinisters”

Lees verder: SABC trap gedrukte media se tjank af

Sasol steier onder Kanadees se hopelose bestuur

Die uitvoerende hoof van Sasol, David Constable het gehoop dat sy vyfjaarkontrak wat vandeesmaand verstryk het, sou verleng word. Maar aandeelhouers moet dankbaar as hy die pad vat. Saam met ‘n ander Kanadees, Anglo se Cynthia Carroll, is Constable uit die geledere van die mees hopelose uitvoerende hoofde wat ooit by ‘n groot Suid-Afrikaanse maatskappy

Lees verder: Sasol steier onder Kanadees se hopelose bestuur

Irakse magte dring Fallujah binne

Irakse elite teenterreur-magte het Woensdag dieper in die stad Fallujah, wat onder beheer van die Islamitiese Staat (ISIS) is, inbeweeg, net meer as twee weke nadat die offensief begin het om die stad te herower. Die stad het simboliese betekenis vir die militante groep en was vir ‘n geruime tyd ‘n vesting van militante wat,

Lees verder: Irakse magte dring Fallujah binne

Fitch behou Suid-Afrika se kredietgradering

Die Rand het tot sy beste vlak in vyf weke verstrek nadat die graderingsagentskap, Fitch Suid-Afrika se kredietgradering behou het. Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het teen R14,70 teen die dollar verhandel wat die beste sedert 4 Mei is. Adjunk-president Cyril Ramaphosa het die sakesektor, arbeidsorganisasies én die regering gevra om saam te werk om ‘n rommelstatusgradering

Lees verder: Fitch behou Suid-Afrika se kredietgradering

SA kleremakers vrees ‘instroming’ van buitelandse tekstiel en ontwerp soos Zara en H & M

Die Suid-Afrikaanse klerebedryf vrees die “instroming van internasionale kleinhandelaars” soos Zara en H & M wat nie plaaslik aankoop nie, maar hul eie klere vervaardig. Dit het Dinsdag bekendgeraak by die jaarlikse bosberaad genaamd “Dra Suid-Afrikaans” vir die klere- tekstiel- en leerbedrywe. Die geleentheid is ook deur die minister van handel en nywerheid, dr. Rob

Lees verder: SA kleremakers vrees ‘instroming’ van buitelandse tekstiel en ontwerp soos Zara en H & M

Polisielid vas vir toerusting wat dwelms vervaardig tuis

Vyf mense – onder wie ‘n polisiebeampte – is in hegtenis geneem nadat die polisie op ‘n kleinhoewe toegeslaan het in gauteng. Tydens die klopjag by De Deur, buite Johannesburg is beslag gelê op Mandrax-tablette ter waarde van R100 miljoen. Die Valke het tydens ‘n klopjag op die perseel ook ‘n laboratorium vir die vervaardiging

Lees verder: Polisielid vas vir toerusting wat dwelms vervaardig tuis

AU hoop om medisyne deur AMA te reguleer

Die Afrika Medisyne Agentskap (AMA), sal uiteindelik geloods word aan die einde van 2018. AMA is bedoel as ‘n orgaan van die Afrika-unie, met ‘n wetlike mandaat van die lidstate om ‘n platform vir koördinering en bevordering van inisiatiewe te skep wat medisyne reguleer. Die agentskap sal sal hulpbronne saamsnoer en ook plaaslike regulatoriese sentrums

Lees verder: AU hoop om medisyne deur AMA te reguleer

Clinton raap nominasie weg voor Bernie

Hillary Clinton het die Demokratiese presidensiële nominasie voor Bernie Sanders weggeraap. Bernie het ‘n emosionele skare in Kalifornië toegespreek na stembusse gesluit het, en gesê die stryd sal voortgaan om ‘n regering te skep wat werk vir almal, nie net 1 persent nie. Die voormalige eerste dame en minister van buitelandse sake het haar oorwinning

Lees verder: Clinton raap nominasie weg voor Bernie

Hoof van mediese skool by UV bedank

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het bevestig dat prof. Alan St. Clair Gibson, vroeër vandeesweek as hoof van die UV se skool vir geneeskunde bedank het. Gibson se bedanking kom kort na die UV se visekanselier en rektor, Jonathan Jansen, en die UV se viserektor, eksterne betrekkinge, Choice Makheta, wat hulle bedankings ook onlangs

Lees verder: Hoof van mediese skool by UV bedank

EgyptAir voer noodlanding uit na bomdreigement

‘n Egiptiese passasiersvliegtuig van EgyptAir, onderweg van Kaïro na Beijing, het gisteroggend ‘n noodlanding in Urgench in Oesbekistan uitgevoer nadat ‘n bomdreigement ontvang is. Die vliegtuig het 118 passasiers en 17 bemanningslede aan boord gehad en almal is na veiligheid gebring, het ‘n Oesbeekse woordvoerder gesê. ‘n Woordvoerder van EgyptAir het later aangekondig dat geen

Lees verder: EgyptAir voer noodlanding uit na bomdreigement