praag.co.za

SABC trap gedrukte media se tjank af

Written by

in

,

Die SABC het ‘n verbod geplaas op die lees van koerantopskrifte asook die bespreking van koerantvoorblaaie op die lug.

In ‘n duidelike gebaar van wantroue teenoor die dooieboommedia se agenda, het die Suid-Afrikaanse openbare uitsaaier die besluit geregverdig en gesê hulle staak alle gratis publisiteit aan gedrukte nuus.

Die SAUK sê daar is “niks sinisters” in die besluit nie. Die SABC sal voortgaan om in te teken en koerante te koop, maar sal net nie nuus en stories van enige gedrukte media oor die lug bespreek nie.

Die stap kom na die hoogs omstrede besluit van die SABC om ‘n onmiddellike sensuurkombers oor beeldmateriaal van openbare protes te trek.

Die redakteursprogram op SAfm die afgelope Sondag is ná twee dekades sonder enige vooraf kennisgewing ook gestaak.

Die program het koerantredakteurs weekliks genooi om oor koerantstories te gesels en politieke gebeure krities te ontleed.

Verlede maand het die SABC aangekondig dat hulle onmiddellik werksgeleenthede en tenders sal ophou adverteer in dioe gedrukte media.

Sulke advertensies sal deur SABC-kanale alleen versprei word en volgems die uitsaaier sien hulle “nie meer ‘n behoefte om die gedrukte media te gebruik nie”.

Die SABC-woordvoerder, Kaizer Kganyago het aan News24 gesê hulle beskou dit as onredelik om gratis “bemarking” vir koerante te doen.

Comments

16 responses to “SABC trap gedrukte media se tjank af”

  1. Ou Transvaal Avatar
    Ou Transvaal

    As selfs SABC die gedrukte media as irrelivant beskou gaan dit die verkoopsyfers van koerante tot zero laat daal met meegaande afleggings van paai-joernaliste ; KRY vir julle!!!!! Julle verdraai die waarheid dekades lank dat self die ANC propoganda televisie julle nie meer kan gebruik nie .

  2. Thys Du Plessis Avatar
    Thys Du Plessis

    Hierdie is n duidelike teken dat die ANC sy halsband afgekou het en nou nie meer na sy hanteerders se pype wil dans nie. Wanneer hulle die sluier oor openbare geweld trek, word die sluier ook oor die gevolge vir die wat openbare geweld pleeg getrek en kan mens net jou verbeelding gebruik oor wat met die sulkes gebeur wat teen die regering opstaan.

    1. Riempies Avatar
      Riempies

      Thys interessant presies hoe dit vir my voorkom ek het êrens
      gister of eergister iets soortgelyk probeer sê – omstandighede wat die NWO nie
      voorsien het nie en nou vir hulle aan die hakskeen begin byt.

      1. Andy van Vuuren Avatar

        Middag Riempies,
        ek het nou die dag iets gelees omtrent “Swart Orania” gemeenskappe. Die SABC was ook betrokke by die bekendmaking van hierdie gemeenskappe, en dat dit baie duidelik n bewys is waar rassisme dan nou eintlik hoogty vier.

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Totale sensor van enige iets wat teen die regering/regerende party gesê kan word. Verder sien ek dit as ‘n poging om die oefeninge (geweldpleging) oral uit die nuus te hou sodat mense nie besef wat aan die gang is nie. Hierdie sien ek as die begin van die stilswye rondom geweld voordat die groot bom bars.

  4. Bob Avatar
    Bob

    George Bernard Shaw put it quite concisely – “Censorship ends in logical completeness when nobody is allowed to read any books except the books that nobody reads” – or in your case SABC, nobody listens to!

    1. Andy van Vuuren Avatar

      Hi Bob, dit is in die kol.

      1. jan Avatar
        jan

        Tipies die Media vingertaaltolke soos die malle op Mandela se begrafnis.

    2. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Presies – die absolutisme word so erg dat alles wat nie verpligtend is nie verbode is.

  5. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Of ons nou van die “dooieboommedia” hou of nie (en ons hou nie van hulle nie!), hierdie is sensuur, so reg op die patroon van ‘n demokratiese republiek, d.w.s. ‘n amper rommelrepubliek.

    1. Ou Transvaal Avatar
      Ou Transvaal

      “Rommelrepubliek”……KOLSKOOT!

  6. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Ek is bly daar is darem ‘n paar landgenote soos Rooikop wat ook sien wat hier aan die gang is! Die land is op die rant van anargie en selfs die sotte binne die ANC is bewus daarvan en doen alles in hul vermoë om die tekens daarvan ten alle koste te verswyg. Die waarskuwings deur ambassades aan hulle burgers hier het dus ook weinig met potensiële ISIL-verwante bedreiging te doen.

  7. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Hoop hierdie gebeure gaan nou Naspes se liberalisme effens demp. Al manier hoe hulle verkope gaan styg as hulle die regering ‘n bietjie ernstig wil aanspreek.
    Kopdoek se kontrakte het ook in die stof gebyt.

  8. G Avatar
    G

    Toemaar, dis ‘n “verbetering” wat neig na zero, nie sensuur nie.

  9. jan Avatar
    jan

    Ek het onlangs gelees dat die ANC en Naspers nou gaan saamwerk saamsmelt en dat Naspers na VSA gaan uitwyk. ‘belê’
    Amper soos Sasol oa smaak dit my.
    Die spul Tsafendrommels begin uitgebak raak …..

    1. Kalium_Chloraat Avatar
      Kalium_Chloraat

      Sal nie verbaas wees nie Jan, die Nasionale party het met die ANC saamgesmelt en ons kan sien dat Naspers nog steeds die NP, soos hy nou is, se beleid uitdra. Ek sal ook glo dat hulle wil uitwyk. Enigiemand kan sien dat dinge hier totaal uitmekaar val, maar mag hulle pad VSA toe met miljoene der miljoene landmyne besaai wees.

Leave a Reply