Hoof van mediese skool by UV bedank

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het bevestig dat prof. Alan St. Clair Gibson, vroeër vandeesweek as hoof van die UV se skool vir geneeskunde bedank het.

Gibson se bedanking kom kort na die UV se visekanselier en rektor, Jonathan Jansen, en die UV se viserektor, eksterne betrekkinge, Choice Makheta, wat hulle bedankings ook onlangs ingedien het.

Gibson se bedanking werp ‘n verdere skadu op die mediese skool, wat deur baie betrokkenes as ‘n sinkende skip beskou word, omdat meer as die helfte van die senior spesialis posisies nie gevul is nie.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, het aan OFM-nuus gesê Gibson sal die UV vroeg aanstaande maand verlaat om by die Universiteit van Waikato in Nieu-Seeland as dekaan van die fakulteit gesondheid en menslike prestasiewetenskappe aan te sluit.

Gibson, wat die afgelope twee jaar die UV se mediese skool bestuur het, het die nuus van sy aanstelling in Nieu-Seeland op Twitter gedeel.

Dit is al egter verlede week op die Universiteit van Waikato se amptelike webwerf aangedui dat Gibson sedert Mei dié pos beklee.

Volgens Loader het Gibson ‘n beter aanbieding ontvang en dit aanvaar. Sy het gesê hy gaan ‘n bydrae lewer om ‘n nuwe fakulteit vir al die gesondheidswetenskap-dissiplines daar te vestig.

16 thoughts on “Hoof van mediese skool by UV bedank”

  1. “Gibson se bedanking kom kort na die UV se visekanselier en rektor,
    Jonathan Jansen, en die UV se viserektor, eksterne betrekkinge, Choice
    Makheta, onlangs ingedien het.”

    Hierdie sin is nie vir my duidelik nie. Wat het Jansen en Makheta onlangs ingedien?

    1. No. They never have, and it’s unlikely that they ever will. The more important question though is whether the white people will ever ‘get it’.

      More to the point: I left SA primarily because of the submissive whites, rather than the destructive new regime. It became very evident to me in the 5 years after 1994 that there might never be any white resistance to the epidemic destruction following our ‘glorious transformation’.

      As these professionals depart, the quality of life inevitably diminishes for all, including white people. When will they ‘get it’ that this professional’s departure is part of a trend that if unstopped, must result in their own extinction.

  2. ag moenie wharrie nie, zuma sal sy top toordokter aanstel, vir manto die bantu as visie rektor (in beheer van nuwe gebruike van knoffel en beet) en n paar omgerapte politici wat nou net nie die stemlys gemaak het nie, as die “beheerliggaam” aanstel….nuwe vakke vir doktoraatskap is “how to toi toi like a booi booi” en “how to stamp those pink feet until the college burns”…Ek maak spesefiek gebruik van Engels in beswkrywing van die nuwe vakke, want Afrikaans sal kortliks by UV verban word.

  3. Ek wil nou sommer lekker Duiwels Advokaat speel.
    Hierdie hogere manne wat nou so maklik en skielik pad vat is seker ook die liberales onder ons.
    Hulle Nuwe Reenboog Suid Afrika het toe nou mooi sy gai gesien, en soos volstruise gaan steek hierdie manne eerder hulle koppe in ‘n ander land onder die grond in.
    Ons gaan nog baie hiervan te siene kry. Veral noudat die buitelandse ambasades die rooi ligte laat fliker oor terroristiese aanvalle.

  4. Toe ek laas gekyk het na die statistiek van geregistreerde dokters by die HPCSA was slegs ‘n derde nog in SA. Twee derdes is reeds hoeka weg. Laaaaankal – kort nadat hulle kwalifiseer.
    Hulle hou die registrasie as ‘n oop deur vir die toekoms. / oudag.
    Die grootste oorsaak is die wan betalings van ons Siekefonds Lotto….Dis verreweg die grootste pyn in ons mediese kuratiewe dienste .
    Hulle verdien uitstekend in Kanada Vancouver VSA EU ens Austr en NZ oa. Maar nogal glad nie so wonderlik in UK met hul NHI nie – het ek verneem. .

    1. My indruk was toe tot my ontnugtering korrek dat Gibson inderdaad die ‘mees destruktiewe tyd van UV se Mediese Skool saam met Jansen gepleeg het.” Volgens Prof Francis Smit se brief wat vandag in Netwerk24 verskyn..
      In die 2 jaar het minstens 48 spesialiste bedank.
      Patetiese Gatskraap Rommel republiek se Prattpark en Vingertaal – Moedertaal Media.

      1. Jan lyk dit mos vir my of die UV nou van al die
        minderwaardige bestuurspos bekleërs ontslae is – wat nou plek gemaak het vir al
        die mediese akademici om daar vir ons n fantastiese mediese opleiding sentrum
        kan bou van vooraf. Wonder of die medici weet hoe mals die wuiwende mielielande
        kan wees as die wind so saggies daardeur blaai en die lammetjies agter hulle
        mammies aanhardloop om warm lang haar te kan slaap wanneer die son so mooi rooi
        ondergaan.

        1. Mooi beskrywing dankie Riempies
          Feit is al die beste ouens het geloop. Almal van die dept Ginekologie het sopas bedank.
          Dis die dept wat Mej Strauss ons Mej Wêreld as proefbuis baba te danke is. Skitterende Afrikaanse akademesie Wie’t oorgebly? Die poste word nie gevul nie.

          Hoekom kan Rupert bv nie die hele mediese skool oorneem en privatiseer nie.? Soos wat hy met Mediclinic gemaak het? Dis is ‘n skitterende beleggings moontlikheid.

          1. Rupert kan dit doen as hy wil maar wat gaan dit help? Noem
            vir my een enkele teater in die NSA wat nie septies is nie – en as jy regtig
            wil doodgaan dan vra jy hulle (as hulle dit nie self doen nie) om jou op n
            resperator te sit.

            Wat van Orania? Daar is mos al die potensiaal om so iets
            daar te begin met opgeleide intensiewesorg verpleegster wat weet n mens kan nie
            met rooi geverde naels weet of jou nales en hande skoon is nie en dat jy nie
            met n halfduim lange pinkie nael aan jou “Afrostile” kop krap en dan n pasient
            se wonde versorg nie. Nou praat ek
            myself sommer weer in deppressie in. Ons sal niks weer op standaard kry voor
            ons nie Selfbeskikking gerealiseer het nie.

Maak 'n opvolg-bydrae