Pous Franciskus sowel as die sekretaris-generaal van Hezbollah, Hassan Nasrallah, het hul kommer oor die lot Christengroepe in Irak uitgespreek. Die Pous het aangedui dat hy bereid is om na Irak te reis om ondersteuning te gee aan vlugtelinge en Christengroepe in Koerdistan indien nodig. Alhoewel hy meen dat ingryping deur die internasionale gemeenskap wenslik
ANC wil ‘uitreik’ na Afrikaners met naam vir Pretoriase Stadsaal
Die Tshwane-metroraad gaan glo die Pretoriase stadsaal na Marthinus Pretorius, stigter van Pretoria, vernoem, “want die Afrikaner en hul erfenis is ook vir ons belangrik”. ‘n Woordvoerder van Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane, het Maandag gesê die burgemeester wil glo nie ‘n “verdeelde stad lei nie”. Pretoria is op 16 November 1855 deur oudpres. Marthinus
Lees verder: ANC wil ‘uitreik’ na Afrikaners met naam vir Pretoriase Stadsaal
Verdagte ontsnap in polisie-uniform
‘n Verdagte wat uit die polisieselle by Thohoyandou in Limpopo ontsnap het, is weer aangekeer. Tshilidzi Nelson Masindi het twee weke gelede ontsnap en is tans onder polisiebewaking in die hospitaal, het RSG berig. Hy het ernstige beserings opgedoen toe hy deur lede van die gemeenskap aangerand is oor die beweerde poging tot verkragting van
Bouramp in Alberton eis 7
Die soektog na vermiste slagoffers onder die puin van ‘n betonblok by ‘n huis in Alberton, suid van Johannesburg, sal Dinsdag voortgaan. Volgens Sapa is die dodetal minder as wat voorheen vermoed is. Sewe mense is dood met talle mense wat beseer is. Daar is aanvanklik gedink dat nege mense dood is, omdat twee van
Superblitsbukskoning!
Met soveel motors om van te kies in Suid Afrika kan dit ‘n baie moeilike keuse raak. Sê nou maar net jy is in die mark vir ‘n motor wat superverrigting bied, praktiese elkedagpendel en nie te swaar op jou sak sal wees nie. Wat koop jy? Daar is ‘n paar opsies. Mens dink aan
Eskom ‘n tydbom weens swak instandhouding
Groot skade is aan die Duvha-kragsentrale aangerig ná ’n hewige ontploffing in die drukketel op 30 Maart vanjaar. Eskom swyg soos die graf oor die oorsake vir dié ontploffing wat ’n eerste in Eskom se geskiedenis is. Kenners sê dit is ongetwyfeld omdat die eenheid nie onderhou word nie. Eskom is so ver agter met
Swarte wat staatsgrond verkoop gevonnis
‘n Swartman wat op 94 aanklagtes van bedrog skuldig bevind is nadat hy staatsgrond verkoop het, is met vyf jaar tronkstraf gevonnis. “Richard Zikhali kon 10 jaar tronkstraf gekry het vir sy misdaad, maar die landdros het in ag geneem dat hy reeds vier jaar in die tronk gesit het, omdat hy sedert sy inhegtenisname
Prins se motorkade aangeval
Rowers met Kalashnikov-aanvalsgewere het ‘n Saoedi-Arabiese prins van €250 000 in kontant en ‘sensitiewe dokumente’ beroof toe hulle sy motorkade van die Saoudi-ambassade in Parys aangeval het. ‘n Gesteelde voertuig waarin die agt gereis het om die aanval uit te voer, is later uitgebrand gevind. Volgens die Franse polisie was die motorkade van die Saoediese
Vermy klipgooiers op Nasrec-, Hoofrifweg waarsku polisie
Inwoners van die voormalige bruin woonbuurt Riverlea in die suidweste van Johannesburg het Maandagoggend verbygaande voertuie op Nasrecweg, naby die N17, met klippe bestook. “Betogers gooi klippe na motors en steek buitebande aan die brand,” het hoofsupt. Wayne Minnaar van die Johannesburgse metropolisie gesê. Motoriste word aangeraai om die Nasrec- en Hoofrifweë in die gebied
Lees verder: Vermy klipgooiers op Nasrec-, Hoofrifweg waarsku polisie
Agtste nag van geweld in Ferguson
Die Polisie in St Louis moes opnuut van traangas gebruik maak om swart oproeriges in Ferguson, in die Amerikaanse deelstaat Missouri, uiteen te jaag. Michael Brown, die ongewapende tiener wat deur ‘n polisiebeampte verskeie kere geskiet is, se lyksondersoek het aan die lig gebring dat hy aan ‘n dodelike wond in die voorkop beswyk het.
