Agtste nag van geweld in Ferguson

Die Polisie in St Louis moes opnuut van traangas gebruik maak om swart oproeriges in Ferguson, in die Amerikaanse deelstaat Missouri, uiteen te jaag.

Michael Brown, die ongewapende tiener wat deur ‘n polisiebeampte verskeie kere geskiet is, se lyksondersoek het aan die lig gebring dat hy aan ‘n dodelike wond in die voorkop beswyk het.

Volgens ‘n voorlopige nadoodse ondersoek en ‘n verslag van die voorval deur die beampte, Darren Wilson, het al die skote die swart tiener van voor getref.

Die onthullings kom op ‘n nag gekenmerk deur skietery en botsings tussen oproeriges en die polisie, die ergste in agt dae van rasse-onluste tussen swart inwoners en wit polisiebeamptes.

Vreesbevange inwoners sê Ferguson lyk soos ‘n oorlogsone.

Die betogers, wat meesal jonk was, het drie uur voor die aanklokreël om middernag begin amok maak. Vensters is stukkend geslaan en van die betogers het ook traangashouers na die polisie teruggegooi.

Baie het plakkate wat beswaar maak teen polisie-brutaliteit, opgehou. Kritici sê die militarisering van die polisiemag in die VSA, lei tot gevalle soos dié van Brown en daar gaan jaarliks 29 keer meer slagoffers van polisiegeweld dood as van terreur.

Sondag se vrystelling van ‘n nadoodse ondersoek-verslag van die moord op 9 Augustus, wat menings in die VSA erg gepolariseer het, het gedreig om die spanning te verder te laat verhoog.

Brown, 18, is minstens ses keer geskiet, insluitend twee keer in die kop, volgens ‘n voorlopige private lykskouing uitgevoer namens sy gesin, die New York Times berig.

Volgens Michael Baden, ‘n voormalige hoof mediese ondersoeker vir die Stad van New York was een van die koeëls wat sy skedel binnegedring het genoeg om die tiener te dood. Hy het na Missouri gevlieg op die gesin se versoek om die lykskouing te doen, nadat ‘n vroeëre ondersoek uitgevoer is deur St Louis County.

Die afwesigheid van kruit op die liggaam wys dat die koeëls nie van naby gevuur is nie. Dit kan verander indien daar reste op Brown se klere gevind word. Baden het nie toegang tot die klere nie, het hy aan die New York Times gesê.

Brown is geskiet nadat hy en ander op heterdaad in ‘n rooftog by ‘n tabakwinkel betrap is.

Die Amerikaanse prokureur-generaal, Eric Holder het die Departement van Justisie opdrag gegee om. in ‘n ongewone stap, ‘n derde nadoodse ondersoek op die swart tiener te doen wat in Ferguson in Missouri deur die polisie doodgeskiet is.

Die departement sê die opdrag is weens die “buitengewone omstandighede” van die saak.

6 thoughts on “Agtste nag van geweld in Ferguson”

  1. Elke ou het sy versoekingsdrempel, d.w.s die punt waarop hy bereid is om vir een of ander voordeel sy beginsels oorboord te gee, gemeenskapsnorme te verbreek en die wet te oortree.

    In Brown se geval is die minimum drempel $40.00 of minder. Dit is wat sy moraliteit werd is.

    Brown is ook nie net skuldig aan winkeldiefstal nie. Hy het die winkelier doodluiters en arrogant geintimideer en die item oop en bloot, en met minagting geroof. Hy het niks probeer wegsteek nie.

    Klassieke psigopatiese gedrag.

    Die sigare is waarskynlik gesteel om daggazolle te vervaardig, soos wat dit algemeen in die rampokkerkultuur gedoen word.

  2. Net snaaks hoe Classic FM se libnazis beklemtoon dat dit ‘n blanke polisieman is wat die rakker geskiet het. In ander gevalle waar ‘n volkie iets aan ‘n blanke doen (geregverdig of nie) en jy durf die ras van die een wat die daad gepleeg het noem dan word jy gekruisig.

    Ook op ClassicFm lees hulle pro engelse gedigte wat nou oor die 1’e wêreld oorlog handel en hoe die arme engelse swaargekry het – tog vergeet hulle wat daardie verraderlike nasie net 14 jaar voor die 1’e wêreldoorlog aan ons vroue en kinders gedoen het.

    1. Classic FM is nou K4 FM. Die klomp Sassenachs is so behep met hul self, daar is deesdae bittermin musiek en hopeloos te veel gebabbel oor twak. Jammerlik dat daar nie ‘n Afrikaanse weergawe is nie, so iets soos Radio Klassiek.
      Blykbaar het BBEEE vir Classic FM oorgeneem. Die sogenaamde “we can also do it” sindroom by die K4.

Maak 'n opvolg-bydrae