praag.co.za

Bouramp in Alberton eis 7

Written by

in

,

Die soektog na vermiste slagoffers onder die puin van ‘n betonblok by ‘n huis in Alberton, suid van Johannesburg, sal Dinsdag voortgaan.

Volgens Sapa is die dodetal minder as wat voorheen vermoed is. Sewe mense is dood met talle mense wat beseer is.

Daar is aanvanklik gedink dat nege mense dood is, omdat twee van die oorledenes klaarblyklik in twee gesny is.

Die voorval het gebeur tydens opgraderingswerk aan ‘n meenthuis in ‘n landgoed.

Inspekteurs het reeds die toneel besoek om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

Die departement van arbeid het gesê streng optrede sal teen die skuldiges geneem word.

Comments

One response to “Bouramp in Alberton eis 7”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Feite daardie – al was die wet in die verlede nie so geskryf nie, was dit so toegepas.
    Ek weet van ‘n geval waar ‘n klonkie in ‘n kragdraad beland het weens swak instandhouding en dat ‘n boom op die lyn beland het. Hierdie lyn was in Venda. Die ingenieur het aan die pen gery omdat die lyn nie ontwerp is om sneeu te hanteer nie – in menseheugenis het dit nog nooit in daardie area gesneeu nie – daar is aangevoer dat as die lyn ontwerp was om sneeu te hanteer dan sou die boom wat daarop geval het nie die lyn laat intuimel het nie.

Leave a Reply