‘n Duitse sakeman is aan die brand gesteek en erg beseer Dinsdagoggend in ‘n petrolbomaanval op sy motor in Kaapstad. Die polisie het Wesleystraat in Tuine afgesper, terwyl paramedici hom op die toneel behandel het. Polisiewoordvoerder konst Noloyiso Rwexana het gesê ‘n onbekende man is aan die brand gesteek omstreeks 08:00. “Die omstandighede rondom die
Minister belowe hulp aan veeboere
Die minister van landbou, Senzeni Zokwana, het verligting van R220 miljoen vir veeboere belowe. Hy het in die Parlement aangekondig dat sy departement geld uit sy bestaande begroting gaan heraanwend vir veeboere wat gebuk gaan onder die ergste droogte in dekades. Die geld is onmiddellik beskikbaar vir boere wat geen voer meer het vir hul
OB se personeel sluk begroting in
Die Openbare Beskermer Thuli Madonsela moes ‘n hele paar van haar kantore sluit weens ernstige finansiële probleme. Die eerste kantoor wat permanent sal sluit is die Siyabuswa-streekkantoor in Mpumalanga, en ander sal volg. Madonsela het haarself ongewild gemaak deur president Jacob Zuma met allerlei grondwetlike verpligtinge te belas. Die OB se woordvoerder, Oupa Segalwe, het
Grensbeheer teen onwettige sigarette oorweeg
Suid-Afrika verloor jaarliks meer as vier miljard rand aan belastinginkomste weens smokkelsigarette. Meer as 60 persent van die sigarette in die land word nie vir belastingdoeleindes verklaar nie. Dit het aan die lig gekom tydens ‘n konferensie in Kaapstad, wat deur BAT geborg word. BAT poog om die onwettige handel in sigarette in Afrika te
Krygkor, lugmag verduidelik Zuma-straler
Die hoofbestuurder van Krygkor sê die gebruik van kommersiële vlugte dra risiko’s en die land se leiers moet beveilig word. Krygkor en die lugmag het die media Dinsdagoggend toegespreek oor die beplande aankoop van ‘n nuwe straler vir president Jacob Zuma. Volgens berigte kan dit glo tot R4 miljard kos. Krygkor se hoofbestuurder, Kevin Wakeford,
Skoonmakers dreig om UV te ontwrig
‘n Klein groepie skoonmakers by die Universiteit van die Vrystaat en betogers het Dinsdagoggend betoog teen uitkontraktering by die instelling. Hulle eis dat dit stopgesit word en dat hulle deur die UV aangestel word sodat hulle meer voordele kan geniet soos gratis onderrig vir gesinslede. Die groep het omstreeks 10:00 bymekaargekom het om met die
Gautenger wat vir DynCorp werk was slagoffer
Van die veiligheidspersoneel wat Maandag doodgeskiet is in Jordanië, het vir DynCorp International gewerk. Die Amerikaanse belastingbetaler is sy grootste kliënt. DynCorp, ‘n bekende militêre kontrakteur wat oral in die Midde Ooste werksaam is, verdien meer as 96% van hul jaarlikse inkomste van die Amerikaanse Federale Regering. Die Suid-Afrikaanse departement van buitelandse sake het intussen
Uganda begin voorberei vir 2016 se verkiesing
Uganda se presidentsveldtog het Maandag afgeskop met die oog op verkiesings wat in Februarie 2016 gehou word. In die verkiesing kom die land se veteraanpresident teen ’n ou teenstander en afgedankte premier te staan. Agt kandidate het hulle beskikbaar gestel vir die verkiesing wat op 18 Februarie 2016 gehou word. Die huidige president, Yoweri Museveni,
Britse premier voer nog ‘n eierdansie uit oor EU
Die Europese Unie (EU) moet meer buigsaam wees indien dit Brittanje se kiesers wil oortuig om in die 2017-referendum ten gunste daarvan te stem, het premier David Cameron verklaar. Die Britse premier moet sy kiesers onder die indruk hou dat Brittanje ‘n belangrike vennoot in die EU is wat kan eise stel, terwyl die teendeel
Lees verder: Britse premier voer nog ‘n eierdansie uit oor EU
Moslemkwessie in Mianmar-verkiesing onderspeel
Stemme word getel in Mianmar se algemene verkiesing maar geen amptelike uitslae is nog aangekondig nie. Voorlopige verslae van oral in die land dui op ’n oortuigende oorwinning vir die pro-Amerikaanse Aung San Suu Kyi se Nasionale Liga vir Demokrasie (NLD). “Ons moet vasstel waarom ons verloor het,” het Htay Oo, ’n bondgenoot van pres.
