‘Geweld in Fochville bedreig die demokrasie’: ANC-LUR

Die geweld wat met diensleweringsbetogings gepaardgaan in Kokosi, die lokasie van Fochville, bedreig die demokrasie. Só het die LUR vir menslike nedersettings in Gauteng, Ntombi Mekgwe, gister verklaar. “Geweld op hierdie stadium van ons demokrasie kan slegs die winste van ons demokrasie omkeer,” het sy in ‘n mediavrystelling gesê. “Die eindresultaat van dié ongewenste en

Lees verder: ‘Geweld in Fochville bedreig die demokrasie’: ANC-LUR

ANC maak feitlik skoonskip in Noordwes-tussenverkiesings

Terwyl die hoofstroommedia so te sê die ondergang van die ANC vier, het die party gister ‘n stewige vertoning in Noordwes-tussenverkiesings gelewer deur almal behalwe een te wen. In die Potchefstroomse verkiesing waar vooraf hoë verwagtinge geskep is dat die DA die ANC in die Tlokwe-tussenverkiesing sou troef, het die ANC in kiesafdeling 9 met

Lees verder: ANC maak feitlik skoonskip in Noordwes-tussenverkiesings

Wildstropers bedreig aasvoëls

Wildstropers wat die karkasse van trofeediere met gif laai is ‘n groot bedreiging vir aasvoëls in Namibië. Mnr. Peter Bridgeford van Vultures Namibia is as Walvisbaaier een van die grootste navorsers en bewaarders van Namibië se aasvoëls. Met Walvisbaai as die basis van Vultures Namibia konsentreer hy op die skaars swartaasvoëls van die Namib, maar

Lees verder: Wildstropers bedreig aasvoëls

OVK, polisie gereed vir Tlokwe-stemmery

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hy is gereed vir vandag se hoogs-betwiste tussenverkiesing in wyk nege van die Tlokwe munisipaliteit in Potchefstroom in Noordwes. Die pos is vakant nadat ‘n raadslid bedank het om te fokus op sy werk as ‘n onderwyser. Die polisie in Noordwes sê daar is genoeg beamptes ontplooi om orde in die

Lees verder: OVK, polisie gereed vir Tlokwe-stemmery

Koue kom, krag beur

Rampbestuur in die Suid-Kaap en Klein Karoo is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na waarskuwings van swaar reën en sneeu in die streek. Die nasionale weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik van ongunstige weerstoestande in die Wes-Kaap oor die volgende paar dae. Eskom sê die vraag na elektrisiteit was Dinsdagaand baie hoog weens die koue weerstoestande. Kragverbruik

Lees verder: Koue kom, krag beur

Kenia-lughawe in ligte laaie

Brandbestyders werk onverpoosd om ‘n groot brand by die Jomo Kenyatta lughawe in Kenia onder beheer te bring. Die brand wat ongeveer vyfuur vanoggend in die vertreksaal uitgebreek en na die aankomsaal versprei het, het tot die sluiting van dié lughawe gelei wat een van die besigste vervoersentrums in Oos-Afrika is. Die aksynsvrye-deel van die

Lees verder: Kenia-lughawe in ligte laaie

ANC herontplooi dislojale, korrupte kaders

Die ANC het regeringslui wat hul poste weens vrae oor korrupsie en lojaliteit jeens pres. Zuma verloor het, is herontplooi. Die voormalige ministers in die kabinet, Dina Pule en Tokyo Sexwale asook die voormalige premier van Limpopo, Cassel Mathale, dien nou op verskeie parlementêre komitees. Mathale is voorheen betrek by ‘n korrupsieskandaal waarin Julius Malema

Lees verder: ANC herontplooi dislojale, korrupte kaders

Swart verdagte wat 3-jarige verkrag vas

‘n Swart man is Dinsdag in hegtenis geneem omdat hy na bewering ‘n drie-jaar-oue dogtertjie in Ipeleng, naby Schweizer Reneke, in Noordwes, verkrag het, het die polisie gesê. Die 37-jarige man, wat die kind se buurman is, het haar na ‘n nabygeleë plakkershut ontvoer waar hy haar verkrag het Maandag, het kaptein Pelonomi Makau gesê.

Lees verder: Swart verdagte wat 3-jarige verkrag vas

Vermeende Ceres-babaverkragter gevang

‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n baba van vier maande en ‘n 7-jarige seun in Ceres, het die polisie in die Wes-Kaap gesê. Lt.kol. André Traut het gesê ‘n 32-jarige man is in aanhouding en is Maandagaand in Ceres ondervra. ‘n Taakspan wat bestaan uit verskeie polisie-eenhede is

Lees verder: Vermeende Ceres-babaverkragter gevang

Student buite UJ geskiet

ʼn Student is geskiet en gewond buite die Universiteit van Johannesburg (UJ)  se Doornfontein-kampus. “Die universiteit kan bevestig dat ʼn 30-jarige student geskiet is tydens ʼn rooftog buite die gronde van die Doornfontein-kampus,” het Herman Esterhuizen, woordvoerder van die universiteit, gesê. “Die student is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.” Esterhuizen het gesê die

Lees verder: Student buite UJ geskiet