Man vas na tiener uit sesde verdieping val

’n Man is in hegtenis geneem in verband met die dood van ’n tienerseun in Hillbrow, Gauteng, het die polisie Woensdag gesê. “Die verdagte sal na verwagting binne 48 uur in die Johannesburgse landdroshof verskyn,” volgens konst. Carol Mulamu. Hy is in hegtenis geneem nadat die sestienjarige Nyasha Johwa uit die sesde verdieping van ’n

Lees verder: Man vas na tiener uit sesde verdieping val

Mielieblare en mynbouslyk vervang sement

Mielieblare en mynbouslyk is net twee bestanddele wat die konstruksie-groep Murray & Roberts ( M & R ) in plaas van sement gebruik in ‘n nuwe beton. Toetse wys dit is sterker as die ou resep, verlaag die koste met 30% en beperk kweekhuisgasse . ‘n Blad van die geopolimeerbeton is reeds gegooi vir Transnet

Lees verder: Mielieblare en mynbouslyk vervang sement

Tongaat: Gebou sonder goedkeuring stort ineen

Paramedici van KZN EMS en privaatambulansdienste, personeel van die SAPD en die brandweer was op die toneel nadat konstruksie van ‘n winkelsentrum ineengestort het. Pogings om mense wat moontlik steeds vermis word in die puin van die Tongaat-winkelsentrum, noord van Durban, is steeds vanoggend aan die gang. Een van die werkers het aan die Business

Lees verder: Tongaat: Gebou sonder goedkeuring stort ineen

Nasionaal-sosialisme en die Nelson Mandela Centre of Memory

deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Het iemand al oor die ooreenkomste tussen Adolf Hitler en Nelson Mandela geskryf? Beide het tronk toe gegaan. Albei het ‘n outobiografie oor hul “stryd” geskryf. In die geval van Hitler was dit letterlik Mein Kampf, oftewel, “My stryd”. Mandela kon

Lees verder: Nasionaal-sosialisme en die Nelson Mandela Centre of Memory

Demokrate, Republikeine kyk saam na Mandela-fliek

‘n Spesiale vertoning van die rolprent, “Mandela: Long Walk to Freedom” word Woensdagaand by die John F. Kennedy sentrum in Washington DC gehou. Die gala-geleentheid is georganiseer deur die voormalige ministers van buitelandse sake, die Demokraat Hillary Clinton en die Republikein, Colin Powell, en die Amerikaanse senator, John McCain. United International Pictures South Africa sê

Lees verder: Demokrate, Republikeine kyk saam na Mandela-fliek

As Jy Sing: Afrikaanse lokettreffer

Die Afrikaanse rolprent, As Jy Sing, het die suksesvolste Afrikaanse rolprent vanjaar geword en het die beste openingsnaweek van enige Afrikaanse titel gehad. Die nuwe musiekfilm met Bobby van Jaarsveld en Leah in die hoofrolle het vroeg beloof om een van die jaar se groot films te wees. Die Suid-Afrikaanse verspreider van As Jy Sing

Lees verder: As Jy Sing: Afrikaanse lokettreffer

DA kla oor rubberkoeëls op oproerige kragdiewe

Polisieversterkings is na Thokoza aan die Oos-Rand gestuur nadat inwoners paaie met klippe en brandende voorwerpe versper het. Die inwoners probeer om die Rooi Miere verhinder om die gebied in te gaan om onwettige kragverbindings te verwyder. Die polisie moes Maandag rubberkoeëls op woedende inwoners vuur om hulle uiteen te jaag. Die polisie sê Cerama

Lees verder: DA kla oor rubberkoeëls op oproerige kragdiewe

Oproep om gratis kankermedisyne

Pasiënte in die privaatsektor word toegang geweier tot gratis medisyne van die staat se skenkerprogramme wanneer hulle mediese fondse ophou betaal. Dit is volgens die voorsitter en Werksmans prokureur Neil Kirby. By die internasionale beraad oor Kanker in Kaapstad het Kirby gesê die wet behoort toe te laat dat pasiënte met mediese fondse ook aansoek

Lees verder: Oproep om gratis kankermedisyne

Stakers by Broodekraallandgoed kry hofbevel om te bly

Die Moorreesburgse landdroshof het beslis dat ‘n groep stakende plaaswerkers van Moorreesburg wat na bewering onwettig van ‘n plaas gesit is, heraangestel en toegelaat word om na hulle blyplekke terug te keer. Die tydelike bevel volg na ‘n aansoek van 145 werkers van die Broodekraallandgoed wat deur die JF le Roux-groep besit word. ‘n Woordvoerder

Lees verder: Stakers by Broodekraallandgoed kry hofbevel om te bly

Afrikaans al hoe meer verwaarloos by Stellenbosch

Ek het onlangs die volgende oor Willie Esterhuyse berig: “Hy verkwalik Leopold Scholtz omdat laasgenoemde twyfel uitgespreek het oor die mate waarin Russel Botman die heil van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch bevorder” (Praag 10 deser). ‘n Brief van Geen Grys Skoene van Stellenbosch, wat pas in Die Burger (18 deser, p 10) gepubliseer is,

Lees verder: Afrikaans al hoe meer verwaarloos by Stellenbosch