Immigrante na Duitsland neem toe

Die aantal nuwe aankomelinge in Duitsland het volgens federale statistiek verlede jaar tot 10,9 miljoen mense toegeneem. Verlede jaar het 6,4 miljoen mense van buitelandse afkoms in Duitsland gewoon. Dit is een uit elke vyf inwoners van die land. Die meeste, 56 persent, het Duitse burgerskap. Duitsland het lank weerstand gebied teen die benaming “land

Lees verder: Immigrante na Duitsland neem toe

Rand breek deur laagtepunt teen Britse pond

Die Rand het deur die R20-vlak teen die Britse pond gebreek. Alle oë is nou op die Reserwebank om op te tree nadat die Rand ‘n nuwe laagtepunt gewys het. Ekonome sê ‘n depresiasie van die geldeenheid sal inflasie-druk verhoog wat die Reserwebank sal noop om strenger op te tree. Die Rand het ook tot

Lees verder: Rand breek deur laagtepunt teen Britse pond

Soweto-onlusmakers steek brandweerwa aan die brand, beseer brandweerman

Die Johannesburgse Nooddienste het bevestig dat ‘n brandweerman vanoggend in die hospitaal opgeneem is nadat onlusmakers in Soweto ‘n brandweerwa aangeval, dit met klippe bestook en agterna aan die brand gesteek het. Die brandweerwa behoor aan die Diepkloof-brandweerstasie en is ‘n “eerste-oproepvoertuig”, wat beteken dat dit normaalweg eerste by ‘n noodtoneel of reddingsgeval opdaag. Die

Lees verder: Soweto-onlusmakers steek brandweerwa aan die brand, beseer brandweerman

Minister vergader met mynbase na Glencore lisensie verloor

Die bestuur van Glencore is in die ANC se visier. Die Departement van Minerale Hulpbronne het die seldsame stap Dinsdag geneem om die mynbou-lisensie van Glencore se Optimum-steenkoolmyn op te skort omdat hulle personeel glo sleg behandel. Dit val saam met die nuus dat Glencore ‘n sakereddingstrategie aangekondig het omdat die kontrak met Eskom onekonomies

Lees verder: Minister vergader met mynbase na Glencore lisensie verloor

Taxi-baas doodgeskiet

Die Noordwes-polisie het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die skietdood van Jeffrey Mbambane (55), die voorsitter van die Groter Stilfontein Taxi-vereniging in Klerksdorp nie. Mbabane is gisteraand deur ‘n onbekende persoon in sy huis doodgeskiet. Polisiewoordvoerder Paul Ramaloko sê Mbabane is een keer in die kop geskiet terwyl hy op sy rusbank

Lees verder: Taxi-baas doodgeskiet

Jericho springlewendig maar Cecil morsdood

Die beheerliggaam van Zimbabwe se nasionale parke, Zimparks, en navorsers wat die leeus in die Hwange nasionale park bestudeer, het gerugte ontken dat die leeu, Jericho, broer van Cecil, ook doodgeskiet is. Die Zimbabwiese bewaringtaakspan, ‘n omgewingsgroep, het konsternasie onder diereliefhebbers wêreldwyd veroorsaak toe dit Saterdag op Facebook aangekondig het dat Jericho ook ‘n onwettige

Lees verder: Jericho springlewendig maar Cecil morsdood

Malema opgeruimd na hofuitspraak

Die verhoor van Julius Malema, EFF-leier, is uitgestel omdat een van sy medebeskuldigdes siek is. Malema se saak vir bedrog en korrupsie is van die hofrol geskrap in die Hooggeregshof in Polokwane, omdat een van sy mede-beskuldigdes nie in die hof was nie. Malema was merkbaar opgeruimd toe hy die hof ingestap het en vir

Lees verder: Malema opgeruimd na hofuitspraak

Vegvliegtuig stort neer op Siriese mark

Ten minste 27 mense is Maandag dood en talle beseer toe ’n vegvliegtuig van die Siriese weermag in ’n besige mark in die rebellevesting in die noordwestelike dorp, Arihe, neergestort het. Die meeste oorledenes was burgerlikes. Die dorp in die Idlib-provinsie is in Mei deur ’n koalisie van Islamitiese insurgente ingeneem. Die militêre vliegtuig het

Lees verder: Vegvliegtuig stort neer op Siriese mark

Grondgryp-chaos in Namibië vir eers afgeweer sê president

Namibië se pres. Hage Geingob het in ‘n onderhoud met die Republikein gesê die beplande grondgrypaksie sou die land in chaos gdompel het. “Baie mense is onbewus van wat kon gebeur het, as ek nie die vergadering met die Beweging vir Regstellende Herposisionering (AR) op 24 Junie gereël het nie. Die land kon onregeerbaar gewees

Lees verder: Grondgryp-chaos in Namibië vir eers afgeweer sê president

Swart kinders in NW gaan nie skool

Byna 600 swart leerlinge van Matloding naby die Botswanagrens in Noordwes woon glo nie skool by nie. Dit volg nadat inwoners weke gelede begin het om hul kinders uit die skool te hou, en die plaaslike laerskool nou toegemaak het. Die ouers sê daar is geen hoërskool in die omgewing nie en dit dien dus

Lees verder: Swart kinders in NW gaan nie skool