’n Onderwyser van Noordwes sal na verwagting vandeesweek in die Lehurutshe-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ’n 13-jarige leerling verkrag het. Die leerkrag van Dinokana naby Zeerust sal Dinsdag in die hof verskyn vir ’n formele borgtogaansoek, het kapt. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, Maandag gesê. Op 6 November het hy glo die meisie gevra om na
Nog koue vir Kaap, skade aan oeste beloop miljoene
Agri Wes-Kaap meen die vloedskade in die provinsie kan miljoene rande beloop. Carl Opperman, bestuurshoof, sê hulle is besig om met boere te praat oor die skade wat op die onderskeie plase aangerig is, berig RSG. Hy sê sommige boere in die Boland- en Overbergstreke het tot 90% van hul oeste verloor. Vrugte- en graanoeste
Lees verder: Nog koue vir Kaap, skade aan oeste beloop miljoene
Motlanthe se Chinese ere-graad moet wag
Die departement van internasionale betrekkinge het versoek dat ’n eerbetoon aan adjunkpres. Petrus Kgalema Motlanthe tydelik teruggetrek word. Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, het gesê dié besluit is geneem omdat interne en diplomatieke konsultasies nie betyds afgehandel is nie. “Dit is verkeerd om te beweer dat die eerbetoon teruggetrek is. Dit is slegs uitgestel
Sonja Laxton ernstig beseer in tref-en-trap
Die oud-Springbok- Sonja Laxton is ernstig beseer in ’n tref-en-trap-ongeluk in Johannesburg. Sy is in Melrose by ’n verkeerslig deur ’n voertuig getref wat ’n rooi verkeerslig verontagsaam het. Laxton (nooiensvan Van Zyl) was in haar kinderjare ’n inwoner van Oudtshoorn en was van sub A tot standerd 4 ’n leerling van die Laerskool Van
Noodlynsentrum weier hulp na moord
Die polisie se 10111-noodlynsentrum het versuim om ‘n gestremde man te help nadat sy vrou in hul huis in Durban vermoor is. Edda Botha is vroeg Saterdagoggend in haar huis in Athlone Park doodgeslaan, berig die Sunday Tribune. Die egpaar se bure het toe reageer op oproepe van Botha se man. Richard Allkins van die Amanzimtoti-misdaadvoorkomingsorganisasie
Regseise van R3,7 miljard teen Gauteng gesondheid
Regseise van tot R3,7 miljard is teen die Gautengse departement van gesondheid ingedien, het die die DA Sondag gesê. Dít is die bedrag wat die provinsie se komitee oor openbare rekening verlede week gegee het, het Jack Bloom, DA-koukusleier in Gauteng, in ‘n verklaring gesê. “Die bedrag het gestyg van R2,7 miljard se regseise teen
Lees verder: Regseise van R3,7 miljard teen Gauteng gesondheid
Span van 22 versorg Mandela
Die kamer waar hy behandel word in oudpres. Nelson Mandela se huis in Houghton, lyk soos ‘n hoësorgeenheid, het Winnie Madikizela-Mandela, sy gewese vrou, gesê. Madikizela-Mandela het gesê die voormalige staatshoof is steeds siek, berig die Sunday Independent. Sy het gesê Mandela kan ook weens die pype in sy mond nie meer praat nie. Dié pype
Voormalige polisieman ontvoer kind, eis R1,5 miljoen losprys
‘n Voormalige polisiebeampte is in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n negejarige seun van Lyttelton Manor in Pretoria. Die man wat voorheen ‘n konstabel was by Lenasia se Speurtak vir handelsmisdaad, is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat die seun Dinsdag by sy laerskool vermis geraak het. Hy het ‘n losprys van
Lees verder: Voormalige polisieman ontvoer kind, eis R1,5 miljoen losprys
Steenbrasdam het g’n kraak
Die stad Kaapstad het gerugte dat die wal van die Steenbrasdam naby Gordonsbaai ‘n kraak in het, as onverantwoordelik beskryf. Volgens Farouk Robertson van die stad se Water en Sanitasie-afdeling word die gerugte op sosiale netwerke versprei. Hy sê die swaar reënval van die afgelope naweek het veroorsaak dat die laer-Steenbrasdam oorvol is, wat volgens
Juju skryf eksamen as hofsaak begin
Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), kan dalk agter tralies eindig voor die verkiesing. Juju se hofsaak sal vandag in die Rondgaande Hof in Polokwane begin. Streng veiligheidsmaatreëls sal geld. Malema en sy vier mede-beskuldigdes word van bedrog, geldwassery en afpersing aangekla. Die voormalige leier van die ANC Jeugliga het na bewering miljoene rande uit
