Bejaarde met kookwater verbrand

Swart aanvallers het ‘n bejaarde van Trompsburg met kookwater verbrand selfs nadat sy hulle gewys het waar sy haar geld bêre. Nydia de Jager (64), is intussen in die Mediclinic in Bloemfontein opgeneem waar sy behandeling vir haar verbrande hande en bene. “Ek het nie gehuil, of geskree toe hulle die kookwater oor my hande en

Lees verder: Bejaarde met kookwater verbrand

Beurtkrag laat verbruikers bibber

Die koue front het veroorsaak dat beurtkrag is Woensdagaand in dele van die land ingestel is weens die druk op Eskom se kragnetwerk. Talle verbruikers moes Woensdag ure lank bibberend sonder krag die winter aandurf. Eskom se beurtkrag-skedule kan by http: www.loadshedding.eskom.co.za besigtig word. Eskom het Woensdagmiddag in ’n verklaring gewaarsku dat die netwerk Woensdag

Lees verder: Beurtkrag laat verbruikers bibber

Treine in Pretoria ontwrig

Metrorail het gewaarsku dat treindienste in Pretoria Donderdagoggend ontwrig sal wees nadat oorhoofse kabels by ‘n treinstasie beskadig is. “Metrorail se dienste is erg ontwrig weens skade aan die oorhoofse kabels wat gelei het tot ‘n kragonderbreking tussen die Queenswood- en Koedoespoort-stasies [in Pretoria],” het ‘n woordvoerder vir Metrorail, Tony Games, gesê. Games het gesê

Lees verder: Treine in Pretoria ontwrig

Mandelamunt verloor sy glans

Mense wat R5-munte met Mandela se gesig daarop gekoop het as ‘n belegging sukkel om hulle te verkoop, het Moneyweb berig. Verskeie kliënte wat R5 Mandelamunte uit SA Coin gekoop het ondervind probleme met herverkoop. Verseëlde sakke van ongesirkuleerde R5 Mandelamunte van sy 90ste verjaarsdag – 400 muntstukke per sak – is beskikbaar op ‘n veilingwebwerf, al sedert

Lees verder: Mandelamunt verloor sy glans

Oproeriges versper Chris Hani-weg, Johannesburg

Oproeriges het Woensdagoggend Chris Hani-weg in Diepkloof Zone Six, Soweto, met brandende bande en klippe versper, het Gauteng se verkeerspolisie gesê. ‘n Woordvoerder, Obed Sibasa het motoriste aangeraai om Chris Hani tussen Nicolusstraat (Power Park) en die Soweto Bemagtiging Sone, waarna hy verwys het as die Indiensnemingsentrum, te vermy. Daar is tans ‘n sterk polisie-teenwoordigheid in

Lees verder: Oproeriges versper Chris Hani-weg, Johannesburg

Tienerparapleeg sal by Wêreldbekersokkeropening afskop

‘n Tienerparapleeg sal Donderdag afskop om die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Brasilië op ‘n spesiale wyse te open. ‘n Gedagte-aangedrewe eksoskelet sal die sokkerbal skop met behulp van “breinkrag”. Die pak is ontwerp deur die Brasiliaanse dokter Miguel Nicolelis, wat breinaktiwiteit as deel van die internasionale “Walk Again Project” ondersoek. Die parapleeg sal ook die sensasie van

Lees verder: Tienerparapleeg sal by Wêreldbekersokkeropening afskop

Afrikaanse regstudie aan die Universiteit van Johannesburg afgeskaf

‘n Mens kan nie meer regte in Afrikaans aan die Universiteit van Johannesburg, die voormalige Randse Afrikaanse Universiteit, studeer nie. Die laaste Afrikaanse klas, wat uit slegs 15 studente bestaan het, is einde verlede jaar afgeskaf. Volgens die dekaan van die regsfakulteit, prof. PH O’Brien, wat in weerwil van sy Ierse van uit huis uit

Lees verder: Afrikaanse regstudie aan die Universiteit van Johannesburg afgeskaf

Kasrils: Vrae oor wapenomkoopgeld bly talm

Die voormalige minister van Intelligensie, Ronnie Kasrils, het bewerings van korrupsie en onreëlmatighede tydens die multimiljard rand se wapentransaksie ontken. Kasrils het vroeër sy getuienis en kruisondervraging by die Kommissie van Ondersoek na die Wapentransaksie in Pretoria afgesluit. Bewerings dat Kasrils groot bedrae omkoopgeld van internasionale wapenverskaffers ontvang het, bly egter talm. Veral die Duitse

Lees verder: Kasrils: Vrae oor wapenomkoopgeld bly talm

Gill Marcus probeer walgooi teen negatiewe gradering

Die president van die Reserwebank, Gill Marcus, het gewaarsku dat die land self verantwoordelik is vir sy ekonomiese probleme. Die Financial Times het Marcus geprys dat sy “eerlik” oor die ekonomiese malaise is wat Afrika se mees ontwikkelde land teister. Fitch en Standard&Poor’s sal waarskynlik Suid-Afrika se kredietgradering Vrydag vrystel. S&P het reeds Suid-Afrika op

Lees verder: Gill Marcus probeer walgooi teen negatiewe gradering

Ons geslag beleef ‘n belangrike hoofstuk in Afrikanergeskiedenis

deur BJ Engelbrecht Ek dink al twee weke hoe om hierdie brief te skryf sonder om negatief te wees oor die Afrikaner se toekoms is Suid-Afrika. As mens om jou kyk sien jy net negatiewe tekens vir ons, ons sien korrupsie en ons teenstanders sien konneksie. Die skeuring tussen reg en geregtigheid en straf raak

Lees verder: Ons geslag beleef ‘n belangrike hoofstuk in Afrikanergeskiedenis