Die Pretoriase Hooggeregshof het in Vodacom se guns beslis en die aansoek wat deur Cosatu en Icasa gebring is om die maatskappy te keer om op die Johannesburgse aandelebeurs te noteer, van die hand gewys. Woordvoerder Patrick Craven van Cosatu sê regter John Murphey het in Vodacom, Vodafone, Telkom en die regering se guns beslis.
Lees verder: Cosatu se aansoek teen Vodacom van die hand gewys

Onder De Klerk se vele beloftes tydens sy kruiperige oorgawe aan die ANC, was daar mos eie skole en die behoud van Afrikaans. Vir baie mense is dit te abstrak, maar die gesig van rou riool wat in ons spruite en riviere instroom en ook ondergrondse water besoedel, is 'n newe-effek van die Nuwe Suid-Afrika wat hulle binnekort aan eie bas gaan voel.