Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig dat ‘n dossier van die Valke ontvang is oor Pravin Gordhan, minister van finansies, se moontlike vervolging. Die saak teen Gordhan is dus in die hande van adv. Shaun Abrahams, die nasionale vervolgingshoof, nadat die dossier Vrydag aan hom oorhandig is. Die NVG het gesê dat staatsaanklaers nog besig is
Steve Hofmeyr sing ‘Die Stem’ by stampvol Kaboem-fees op Nylstroom
Steve Hofmeyr het ‘n verdere uitdaging aan die linkse hoofstroommedia gerig deur Saterdagaand net ná nege-uur “Die Stem” aan die einde van sy vertoning by die Kaboem-fees net buite Nylstroom te sing. Die skare van sowat 7 000 mense (sommige het dit op 10 000 geskat) het spontaan op aandag gestaan en saamgesing in ‘n
Lees verder: Steve Hofmeyr sing ‘Die Stem’ by stampvol Kaboem-fees op Nylstroom
Rugby: Die god van ‘transformasie’ sneuwel in Argentinië
Vir slegs die tweede keer in die geskiedenis het die eens trotse Springbokrugbyspan oor die naweek teen die Argentynse Poemas in die stad Salta verloor met 24-26 verloor. Die plaasvervangerlosskakel Santiago González Iglesias het in die 78ste minuut van die wedstryd die laaste spyker in die Springbokdoodskis geslaan toe hy met ‘n strafskop geslaag het.
Lees verder: Rugby: Die god van ‘transformasie’ sneuwel in Argentinië
Hoe linkse politiek geweld in die hand werk
Die afgelope paar jaar het ons vanuit allerlei hoofstroommediabronne verneem oor dade van agressie wat gepleeg was deur uiteenlopende figure, van geloofsfanatici tot mense wat geestessiek is. Soos dit die gewetenloosheid van die politiek betaam, probeer almal hier munt uit te slaan, hetsy deur strenger wapenwette, hetsy deur die bevolking se gemoedere te bedaar met
Leon Lemmer: Selfmisleiding weens valse bewustheid en slegte geloof
Ek het onlangs in ‘n Bolandse dorp oornag. Dit het die hele nag deurdringend gereën. Kort na dagbreek het die wolke gewyk en het die son helder geskyn. Die voëls het die hele nag deurnatheid en yskoue verduur maar het teen sonsopkoms pragtig gesing. Dit het my laat dink aan die Bybelvers: “Nogtans sal ek
Lees verder: Leon Lemmer: Selfmisleiding weens valse bewustheid en slegte geloof
Het Valke Indiese tendernes van Gordhan oopgekrap?
In November 2003, toe Pravin Gordhan hoof van die Inkomstediens was, het Harry Chakala verskeie tenderooreenkomste met die Inkomstediens gehad om dokumente te skandeer as deel van ‘n moderniseringsproses. Hy het reeds ‘n gedeelte van die werk afgehandel toe hy oor ‘n radionuusbulletin hoor dat een van die tenders hertoegeken is aan ‘n maatskappy in
Lees verder: Het Valke Indiese tendernes van Gordhan oopgekrap?
Steve Hofmeyr: Antwoord aan Max du Preez oor ‘Die Stem’
Die nuwe Suid-Afrika sal vir altyd aan die oue gemeet word, met of sonder “Die Stem”, Max du Preez. Jy weet, ná so 270 konserte vandat ek by Innibos verban is vir die sing van “Die Stem”, het ek die lewende bewys geword, nie van die dualiteit in Suid Afrikaanse patriotisme nie, maar die enormiteit
Lees verder: Steve Hofmeyr: Antwoord aan Max du Preez oor ‘Die Stem’
SA: 56 miljoen siele
Daar woon na raming 56 miljoen siele in Suid-Afrika waarvan 51% vroulik is, volgens die halfjaarlikse berekeninge van Statistiek Suid-Afrika, en hulle sit nie stil nie. Vir die tydperk 2011-2016, het ongeveer 247 437 mense gemigreer vanaf die Oos-Kaap uitwaarts, maar die uitvloei van Limpopo van byna 305 030 mense, was nog groter. Gedurende dieselfde
Groot mediabelangstelling in eiendomsmagnaat se moordsaak
Die uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty, Jason Rohde, sou nog ‘n nag agter tralies deurbring nadat hy in die Stellenbosch-landdroshof verskyn het op ‘n aanklag van moord op sy vrou Susan asook regsverydeling. Rohde is drie dae gelede by sy huis in Bryanston, Johannesburg in hegtenis geneem. Daar is tans groot mediabelangstelling in die
Lees verder: Groot mediabelangstelling in eiendomsmagnaat se moordsaak
ANC-kandidaat staan tereg op 2 aanklagte van moord
‘n ANC-kandidaat sal Maandag op twee aanklagte van moord in die hof verskyn. Zoniselo Magawu (foto bo) is vir die moord op ‘n DA-raadslid van die Kgatelopele-munisipaliteit in Daniëlskuil gearresteer. Dit is volgens die Valke se Hangwani Malaudzi en volg nadat Johannes Baaitjies se sakevennoot, Shuping Nosi, Dinsdagaand in ‘n Kimberley-hospitaal aan sy skietwonde beswyk
Lees verder: ANC-kandidaat staan tereg op 2 aanklagte van moord
