Byna onmiddellik na Vrydag die 13de se terroriste-aanvalle in Parys waarin 129 mense die lewe gelaat het en 352 beseer is, het die argitekte van die massiewe immigrante-invloei vanuit die Midde-Ooste en Noord-Afrika, verklaar dat blaam vir die aanvalle verregaaande is omdat mense nodig het om te rou. Die sosiale media en propaganda-agente wat deur
Verhoging in repokoers ondeurdag sê ekonoom
Die Monetêre Beleidskomitee se besluit om die repokoers met ’n verdere 25 basispunte te verhoog was ondeurdag. Dit is volgens ekonomiese ontleder en akademikus, André Mellet. Mellet meen die aanpassing is vreemd in die lig daarvan dat die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, vroeër vanjaar aangedui het dat groei vooruitskattings afwaarts aangepas sal word.
Afrika maak reg vir Pous
Afrondingswerk is aan die gang vir die Pous se besoek aan Afrika. Honderde geraamde portrette van pous Franciskus is in Nairobi gereed vir wanneer die geestelike sy verskyning daar maak. Die pous besoek Kenia, Uganda en die Sentraal Afrikaanse Republiek vanaf 25 tot 30 November. Kenia gaan tot 10 000 polisiebeamptes ontplooi. Die land verwag
Knewel van ‘n diamant gevind
’n Klein Kanadese mynmaatskappy sê dit het die Cullinan-diamant se boetie in sy Botswana-myn gevind. Volgens Lucara Diamond Corp is die steen van 1 111 karaat in sy Karowe-myn gevind en is dit die wêreld se naasgrootste edelgehalte-diamant. Die diamant is 65 mm x 56 mm x 40 mm in omtrek, berig Nampa/Reuters. Die grootste
Die Scheisstika, simbool van universiteitsoproer?
Iets stink by die Universiteit van Missouri. Na wat berig word het ‘n voorval van vandalisme by Mizzou, soos die Amerikaanse universiteit bekendstaan, gelei tot universiteitswye protes, ‘n boikot deur die instelling se swart voetbalspan, en uiteindelik die summiere bedanking van die president en kanselier van die universiteit. Die rassespanning het intussen selfs na ander
Lees verder: Die Scheisstika, simbool van universiteitsoproer?
Verengelsing is verdomming
Met die terreuraanslae in Europa, die brandende motorbande in Suid-Afrika, die histeriese proteste op kampusse in die Verenigde State, en die verhoogde aantal aanslae op Sirië (met nog hordes vlugtelinge as resultaat) is alles eintlik al gesê: Die Westerse beskawing se donker nag van die siel het aangebreek. Oor die afgelope paar jaar is allerlei
Eksamens by TUT-kampus afgestel weens geweld
Eksamens is vir die res van die week by die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguave-kampus afgestel na gewelddadige studente oproer. Polisie het 16 oproeriges weens die geweld Dinsdag in hegtenis geneem. Universiteitsbestuur sê die skade aan eiendom is aansienlik na ‘n paar geboue aan die brand gesteek is en ander gevandaliseer is Dinsdagnag. ‘n
Swart UK-betoger verkrag glo mede-betoger
‘n Vier-en-twintigjarige swarte verskyn vandag in die Wynbergse landdroshof in verband met die verkragting van ‘n student van die Universiteit van Kaapstad. Die voorval het verlede week by een van die universiteit se geboue plaasgevind. Die swart verdagte is na bewering ‘n lid van die #FeesMustFall-veldtog en is Dinsdag in hegtenis geneem. Intussen is swart
SAA verwerp bewerings van ongerymdhede
Die adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas het enige sprake van ongrymdhede verwerp met SAA se beplande Airbus-ruiltransaksie van sowat ses miljard rand, het RSG berig. Hy het gepraat nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens bekend gemaak het dat hy nie uit die transaksie onttrek nie, maar slegs die oorsese verhuringsmaatskappy met ‘n plaaslike een gaan vervang. Dit
‘Bedrog keer dat Boko Haram verslaan word’
Wapens is nie aan Nigeriese soldate voorsien om teen Boko Haram te veg nie en duisende mense het gesterf weens wydverspreide bedrog in die proses van militêre aankope, sê president Muhammadu Buhari. Buhari het gelas dat almal betrokke by die korrupsie aan die pen moet ry. Dit volg nadat die staatshoof ’n verslag van ’n
