EgyptAir-vliegramp was ‘n terreuraanval

‘n Terreuraanval is die mees waarskynlike verklaring vir die verdwyning van ‘n EgyptAir-vlug tussen Parys en Kaïro sê kenners. Donald Trump, presidentskandidaat in die VSA, het hulle gelyk gegee. Die Franse grenspolisie ondersoek reeds die moontlikheid dat Islamitiese werkers op die lughawe Charles de Gaulles kon gehelp het om die aanval te fasiliteer. Die hoof

Lees verder: EgyptAir-vliegramp was ‘n terreuraanval

Opposisiegeweld breek uit in Kenia

Die polisie in Kenia het Maandag met traangas en knuppels onder oproeriges van die opposisiepartye ingevaar toe hulle die kantoor van die verkie­singskommissie in Nairobi bestorm en aangedring het dat die kommissie ontbind. Honderde optoggangers is deur die polisie verbied om die kantoor van die Onafhanklike Verkiesings- en Grensekommissie (IECB) binne te gaan. Sommige van

Lees verder: Opposisiegeweld breek uit in Kenia

EgyptAir-vlug verdwyn

Die Egiptiese lugdiens EgyptAir sê sy vlug MS804 wat Woensdagaand vanuit Parys na Kaïro vertrek het, het van die radar verdwyn. Volgens berigte was daar 69 passasiers en bemanningslede aan boord van die vliegtuig. Griekse lugbeheer het blykbaar die Egiptenare laat weet dat die vlug van die radar verdwyn het. ‘n Soektog is intussen begin

Lees verder: EgyptAir-vlug verdwyn

Skole, universiteite sien honderde miljoene in rook opgaan

Swart leerlinge wat sedert verlede Donderdag Orlando High School in Soweto in puin gelê het weens ‘n hekel teen die skoolhoof, het glo veroorsaak dat die skool sal moet sluit. Sedert verlede Maandag, toe leerlinge begin het om boeke te brand en ‘n klaskamer ook uitgebrand is, het die swart leerlinge ook skooleiendom geplunder, insluitend

Lees verder: Skole, universiteite sien honderde miljoene in rook opgaan

Rusland, VSA in Wene oor Siriese kopseer

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, en sy Russiese ampsgenoot, Sergei Lavrof, het ‘n hoëvlakvergadering in Wene, Oostentyk, gehou om te probeer om die vredesproses in Sirië weer op koers te kry. Amerikaanse en Britse oproepe dat die regime van pres. Basjar al-Assad en die rebelle moet instem tot hulle raamwerk vir ‘n

Lees verder: Rusland, VSA in Wene oor Siriese kopseer

Grootste dwelmvonds ooit in Colombië

Agt ton kokaïen is in Colombië deur die polisie gekonfiskeer, die grootste binnelandse dwelmvonds in dié land se geskiedenis, het AP berig. Dit behoort aan ’n misdaad­sindikaat bekend as die Usuga-­clan en is gevind in ’n ­piesangboord in Turbo, Antioquia, naby die grens met Panama. Dit was glo bestem om via die Karibiese Eilande na

Lees verder: Grootste dwelmvonds ooit in Colombië

TAC kry skielik toegang tot Vrystaat

Die Vrystaatse provinsiale regering gaan die stand van gesondheidsdienste in die provinsie ondersoek nadat ‘n afvaardiging van die Treatment Action Campaign (TAC) met die provinsiale kabinet vergader het. Anele Yawa van die TAC sê die tekort aan medikasie, skorsing van gesondheidswerkers en onbevoegdheid van die LUR vir gesondheid, Benny Malakoane, was op die agenda vir

Lees verder: TAC kry skielik toegang tot Vrystaat

Vuwani, Malamulele steeds uiters onbestendig

Swart onderwysers het nie Dinsdag by skole in Mashau, naby Vuwani in Limpopo vir klas opgedaag nie. Geen van die beloofde mobiele klaskamers is nog afgelaai nie. Vuwani en Malamulele in Limpopo word steeds as uiters onbestendig bestempel ten spyte daarvan dat die minister van Staatsveiligheid die situasie dmv sekere hoofmanne probeer kalmeer. By die

Lees verder: Vuwani, Malamulele steeds uiters onbestendig

Winnie Rust is doodgewurg deur haar moordenaar

Winnie Rust (77), vermoorde skryfster van Wellington, is doodgewurg deur haar moordenaar. Luidens die klagstaat in die saak teen die twee bruin mans, Nigel Plaatjies (18) en Johannes Plaatjies (34), is dit die oorsaak van haar dood. Die polisie het verskeie items wat aan Rust behoort het in die jonger man se besit gevind toe

Lees verder: Winnie Rust is doodgewurg deur haar moordenaar

EFF weer uitgeboender uit parlement

Die leier van die EFF, Julius Malema het die chaos in die Parlement Dinsdag regverdig. EFF-LP’s en amokmakers het na bewering personeel met brandblussers gespuit, ‘n glasdeur gebreek en onder meer besemstokke gegooi. Malema sê egter hulle onderbrekings en ontwrigtings is “vreedsame pogings” om president Jacob Zuma teen te staan. Hy het na afloop van

Lees verder: EFF weer uitgeboender uit parlement