Die Egiptiese lugdiens EgyptAir sê sy vlug MS804 wat Woensdagaand vanuit Parys na Kaïro vertrek het, het van die radar verdwyn.
Volgens berigte was daar 69 passasiers en bemanningslede aan boord van die vliegtuig.
Griekse lugbeheer het blykbaar die Egiptenare laat weet dat die vlug van die radar verdwyn het.
‘n Soektog is intussen begin na die vliegtuig van EgyptAir wat vermis word. Die vliegtuig het geen noodsein uitgestuur nie.
Die vliegtuig, ‘n Airbus 320, het volgens berigte in die vroeë oggendure onderweg na Kairo vermis geraak nadat dit gisteraand vanuit Parys in Frankryk vertrek het.
Vlug MS804 het 66 mense aan boord gehad, waarvan ‘n aantal bemanningslede is. Die vlieënier was glo ervare en daar was geen gevaarlike of brandbare vrag in die ruim nie.
EgyptAir het gesê die vliegtuig het “kommunikasie met radar opsporingstelsels verloor” omstreeks 02:45 (0045 GMT), maar later die tyd verander na 02:30.
‘n Boodskap op Twitter is aanvanklik deur die lugredery aangehaal waar ‘n “ingeligte bron” die vlug as vermis aangedui het.
Opgedateerde inligting van EgyptAir sê:
EgyptAir A320 vlugnommer MS804 verloor kontak met radar bo die Middellandse See 280km (175 myl) van die Egiptiese kus om 02:30 [plaaslike tyd] met die vlug wat na verwagting by Kaïro-lughawe sou aankom teen 3:15.
Dit is heel anders as vroeër verslae van die lugredery wat die laaste bekende kontak as 50km noord van die Egiptiese kus aangedui het.
Die vliegtuig was op ‘n hoogte van 37,000 voet. Daar was 15 Franse aan boord van die vlug. Geen Suid-Afrikaners was glo op die vlug nie.

Daar is heeltemal te veel vliegongelukke van hierdie aard in die laaste paar jaar.
Almal Airbus. Buite verhouding tot kans.
Kyk bietjie wie was die passasiers.