Anglo American, die reusemynmaatskappy wat deur die Oppenheimerfamilie beheer word, is deur die regering gekritiseer omdat hy te blank is.
Die departement van minerale en energiesake het gesê dat in weerwil van vooruitgang op sekere bemagtigingsgebiede, is daar nie genoeg swart beheer by Anglo se bedryfseenhede soos Anglo Coal en AngloGold Ashanti nie.
Anglo het verlede week sy transformasieverslag uitgereik. 'n Woordvoerder van die departement van minerale en energie, Bheki Khumalo, meen dat transformasie beteken dat swartes in bestuursposte tot op die hoogste vlak moet verkeer.
Volgens die mynhandves moet maatskappye 40% swart bestuurders binne vyf jaar hê. Goeie SEB-praktyk vereis ook dat 40% van maatskappye se senior bestuurders swart moet wees.
Khumalo het die kwessie van vaardigheidstekorte bestempel as net 'n verskoning wat deur maatskappye gebruik word om hul transformasiespoed stadiger te maak.
машина для дітейлобановский александр биография