Dit geskied in weerwil van die elf amptelike tale waarvoor die grondwet voorsiening maak en die twee werkstaal wat van elke staatsdepartement verwag word.
'n Woordvoerder van die polisie, superintendent Leon Engelbrecht, het gesê dat omsendbriewe reeds verlede jaar aan polisielede gestuur is waarin hulle in kennis gestel word van die departement se slegs-Engels-beleid.
Oor die jare het verskeie Afrikaanse organisasies klagtes by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, 'n grondwetlike liggaam gelê, maar regeringsdepartemente hou aan om straffeloos die grondwet te ignoreer.
