Nadat die provinsiale sekretaris Supra Mahumapelo skorsingsbriewe op 18 partylede bedien het, was die gort gaar.
Die mees onlangse geweld het gister begin toe ANC-jeugligalede daarvan beskuldig is dat hulle die ANC-streekskantore aan die brand gesteek het.
Alfred Motsi, die voorsitter van die Mkhonto we Sizwe-veteranevereniging, glo dat die klagtes deur Mahumapelo versin is om van sy opponente ontslae te raak.
