ANC in Noordwes deur geweld geteister

Geweld in die Noordwesprovinsie nee toe in ANC-geledere. Na die messtekery en aanrandings waaroor berig is, is die party se streekskantoor vandeesweek aan die brand gesteek.

Nadat die provinsiale sekretaris Supra Mahumapelo skorsingsbriewe op 18 partylede bedien het, was die gort gaar.

Die mees onlangse geweld het gister begin toe ANC-jeugligalede daarvan beskuldig is dat hulle die ANC-streekskantore aan die brand gesteek het.

Alfred Motsi, die voorsitter van die Mkhonto we Sizwe-veteranevereniging, glo dat die klagtes deur Mahumapelo versin is om van sy opponente ontslae te raak.

cazino gamesОлександр Фільчаков прокурор