Skielik-verhoor na Mafikeng verskuif

Die saak van die beskuldigde Johan Nel wat teregstaan op die Skielik-moorde, is na die Mmabatho-hooggeregshof in Mafikeng oorgeplaas.



Landdros André Kleynhans het sy saak van die Swartruggens-landdroshof oorgeplaas.

Nel staan tereg op vier aanklagte van moord en 10 van poging tot moord vir 'n skietery waarin hy in die Skielik-plakkerskamp betrokke was.

Ongeveer 100 Swartruggens-inwoners het buite die gebou betoog met plakkate waarop die slagspreuk, Kill a Boer, kill a farmer, ten toongestel is.

Die straat wat na die hof lei, is deur meer as 20 polisiemanne afgekamp wat ook die gebied gepatrolleer het.

игрыдля для девочекФильчаков прокурор харькова