Die woordvoerder van die Demokratiese Alliansie vir gemeenskapsveiligheid, Michele Clarke, het gesê dat hulle bekommerd is daaroor dat sy kontrak vir nog 'n jaar verleng mag word.
Volgens Clarke verstaan McBride dat die raad hom met betaalde verlof gestuur het totdat die klagtes van dronkbestuur en regsverydeling teen hom bewys kon word.
'n ANC-woordvoerder van die munisipaliteit het egter gesê dat die DA nie namens die munisipaliteit mag kommunikeer nie. Hy het voorgestel dat Clarke die kwessie met die burgemeester aanroer, pleks van die media.
