Boer gediagnoseer met Kongokoors

'n Boer en beroepsjagter van Adelaide in die Ooskaap is met Kongokoors gediagnoseer. Hy verkeer tans in 'n kritieke toestand.

Die provinsiale gesondheidsdepartement sê dat hy na die staatsbeheerde Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth oorgeplaas sal word waar daar 'n spesiale isolasie-eenheid is.

Dié virussiekte word aan mense oorgedra deur bosluise of kontak met die bloed of weefsel van besmette diere en is potensieel dodelik.

Die departement sal 'n reaksiespan na die Adelaide-gebied stuur om seker te maak dat daar geen ander gevalle is nie.

тамбов подъемникичетырехстоечныеФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae