Hoewel swart kiesers baie entoesiasties oor senator Obama is, glo hulle nie dat sy grondverskuiwende kandidatuur rasseverhoudinge gaan verbeter nie.
Bykans 60 persent van swart respondente het gesê dat rasseverhoudinge sleg is, vergeleke met 34 persent van blankes.
Meer as 80 pesent van swart kiesers het 'n gunstige opinie oor Obama, maar slegs 30 persent van blankes is dieselfde mening toegedaan.
En omtrent 'n kwart van blanke Amerikaanse respondente het gesê hulle dink 'n te groot ophef word gemaak van die rassehindernisse wat swartmense moet oorkom.
Naastenby 70 persent van swartes meen dat hulle steeds rassediskriminasie teëkom.
