Gauteng toe moet ry as sy masjinerie breek. Ek dink nie dat enigeen militante eensydige onafhanklikheidsverklaring in gedagte het nie selfs al groei ons in die hele groter streek in. En daar is geen rede hoekom die Orania gebied nie deelnemend kan wees tot die RSA ekonomie nie. Ek sien Orania in die toekoms meer as 'n Afrikaner heimat met 'n vloeibare grens.
Met die Kleurlinge in die gebied, dit is bykans 'n onbenullige probleem as dit vergelyk met die demografiese werklikhede van die res van die land, en die ANC het ons mooi geleer hoe om transformasie en bemagtiging te gebruik sodat dit nie in 'n morele krisis ontaard waar mense te-na gekom word nie. Met die oog op 'n baie groter Orania, daar sal baie infrastruktuur ontwikkeling moet plaasvind, en ja dit gaan duur wees en tyd vat, maar alle ander gebiede is demografies so teen ons dat slegs oorlog en bloedvergieting dit moontlik sou maak.
Ek wens ek het alles geweet, maar ek kan net antwoord uit my eie ervarings en perspektiewe. Daarom wil ek na jou laaste punt toe aanbeweeg "Wat ons myns insiens moet doen—vir die volgende twintig, dertig jaar of langer—is om gemeenskap-bewus te word, om te werk aan ons beveiliging en om ekonomies sterk te word. Die gemeenskappe (selfs so klein as `n woonbuurt) sal aanvanklik, of selfs altyd "geperforeer" wees, deurdat daar ook andersdenkendes tussen ons woon. Maar dit maak nie saak nie, want deur doelbewuste verhuising kan ons meerderhede word, waar dit nog nie is nie. En ons skakel tog met mekaar oor andere heen. Dus, waar ons nou bly, in die stad of elders, moet ons met mekaar kontak maak en begin saamwerk in eie belang. Wie weet dan of groot wêreldkragte, wat buite ons beheer is, en ander faktore, dit nie eendag tog moontlik sal maak dat ons `n eie regering het. Dit mag dan ook wees dat die gemeenskappe wat gevorm het `n sinvolle basis vir optrede sal wees."
Dit is hier waar die denkfout plaasvind, in my opinie natuurlik. Ek vertaan ten volle dat meeste Afrikaners nie kans sien vir die
rewolusionêre sprong na volkseiearbeid toe nie, een van die redes is natuurlik omdat ons ekonomies te sterk is. Dit is veral ouer Afrikaners uit die ou bedeling wat obsessies het met mag het (ekonomies, militêr, polities), maar om as verstrooide volk te lewe moet ons MAG hê! Ek dink ons het in 1994 mag afgestaan vir baie generasies om te kom. Om te vra dat ons meer gemeenskapsbewus word gaan nie gebeur nie, ek het dit keer op keer waargeneem, buurtes bly nie" geperforeer" nie – NOOIT.
Partykeer het die buurt vinnig vanaf geperforeerd na gemeng dan na swart beweeg en ander kere stadig. Woonbuurt vir woonbuurt, straat na straat, jy dink jou buurt sal nooit verander nie, maar hulle is almal besig om te verander sy dit teen verskillende tempo's. Die samewerking in eie belang het reeds begin en daar is twee groepe, die wat mekaar help emigreer en die wat vriende en familie se kinders help emigreer. Hoekom weereens noem dat ons moet werk om ekonomies sterk te word as ons proporsioneel tot die res van die bevolking nog altyd buitensporig ekonomies welvarend was en nog steeds is. Ek probeer nie sê dat ons moet verarm nie, maar dalk ons ons definisie van rykdom herdefinieer – ons was nog altyd snobs.
Ek verstaan dat jou betoog nie gemik is op Orania as gemeenskap nie maar op die bevordering van die Noord-Kaap streek as Volkstaat streek vir Afrikaners. Ek glo tog dat dit moontlik is met nog 'n paar Orania projekte maar dit sal geslagte neem om te voltooi. Tog sien ek nie dat daar nog veel Orania projekte gaan wees nie,. Jy het self eerste genoem dat die Afrikaner nie maklik bereid gaan wees tot arbeid nie. Die peilings wat vra, gaan jy emigreer? was JA-stemme van 68% en 62% onderskeidelik.
Al hierdie mense sal seker nie gaan nie maar dit gaan nogtans baie wees wat hulle eiendomme gaan verkoop. Hoe geperforeerd is jou woonbuurt oor 20 jaar? Gaan jy dan sê,ons het nie genoeg ekonomiese magnie? Of dat ons te min is? As jou antwoord op die demografiese vraagstuk "niks-doen" is moet dan eerder nie afbreek aan die wat 'n poging aanwend nie, Spanje maak meer geld uit toerisme as SA uit goud, Orania is nie Spanje nie maar as ons hoofbron van inkomste oor 70 jaar toerisme is – Wat daarvan? Ek wil weer noem om selfs die hele streek as Afrikaner etniese gebied te bevorder beteken nie staatkundige onafhanklikheid nie, as daardie stap ooit geneem word sal dit gedoen word omdat ons daartoe in staat is, maar as die demografiese probleem nie aangespreek word nie is daar oor 70 jaar nie meer veel van 'n Afrikanervolk om van te praat nie – hulle sal wel ekonomiese mag hê, maar ons gaan hulle Australiërs noem. Dus komons ondersteun die wat 'n poging aanwend en hou op kritiseer.
Attie Schutte
