Die vergadering sal Vrydag in Pretoria plaasvind maar sal nie vir die media toeganklik wees nie.
Die Franse nuusagentskap AFP het vroeër berig dat Ping Maandag in Pretoria sou aankom om 'n noodvergadering met Mbeki te hou.
'n Bron by die AU het gesê die vergadering is daarop gemik om die implementering van 'n besluit wat by die AU-beraad in Egipte oor magsdeling in Zimbabwe geneem is, te versnel.
