Vulstasies dalk saans toe

ImageDie brandstofkleinhandelaarsvereniging oorweeg dit om vulstasies snags te laat sluit. Dit is een van die moontlike maatreëls teen die diefstal van brandstof wat landwyd 'n probleem raak.

Volgens mnr. Peter Morgan, uitvoerende hoof van die brandstofhandelaarsvereniging vind die meeste voorvalle van brandstofdiefstal snags plaas.

Die vereniging wil ook motoriste vra om eers te betaal voordat hul tenks volgemaak word. Dit sal verhoed dat mense wegjaag sonder om te betaal.

Petroljoggies word ook gemaan om op die uitkyk vir voertuie sonder nommerplate te wees.

Aan die Wesrand is ses vragmotorbestuurders van Kagiso in hegtenis geneem wat na bewering van hul werkgewers diesel gesteel het. Die brandstof is uit in 'n gat in die tenk getap wat met 'n plastieksak toegestop is.

Die gesteelde diesel is teen R150 vir 25 liter verkoop en agterna weer teen R250 vir 25 liter herverkoop.

пневмоинструмент купить украинатопкарго кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae