Sahnoun Daifallah is gevonnis tot 9 jaar tronkstraf na hy skuldig bevind is daaraan dat hy voedsel en ander goedere besmet het.
Die 42-jarige Algeryn het ‘n mengsel van sy liggaamlike uitwerpsel gedra in ‘n onkruiddoderhouer wat in ‘n skootrekenaarsak versteek was, het ‘n hof bevind. Met ‘n spuitkop wat uit die sak gesteek het, was Daifallah in staat om groot gebiede te bespuit, wat ‘n sterk reuk agtergelaat het en tienduisende ponde se skade veroorsaak het.
Na hy kos by ‘n restaurant besmet het, het Daifallah ‘n boekwinkel besoek en honderde boeke, meestal in die kinderafdeling bespuit.
Twee dae later het hy twee supermarkte getref en ‘n oorweldigende stank agtergelaat. Beide supermarkte is vir twee dae lank gesluit om skoon te maak. Kopers het na bewering van uitslag en naarheid gekla.
Polisielede het Daifallah geïdentifiseer van videomateriaal wat deur die sekuriteitskameras opgeneem is.
Toe hulle ‘n klopjag op sy huis uitgevoer het, het hulle ‘n voorraad van die mengsel gevind tesame met planne om dit te versprei. Plastieksakke wat ekskrement bevat het, was gemerk met die name van verskillende stede.
Britse owerhede het begin om reëlings te tref vir sy deportasie.

Suid-Afrika se minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Woensdag in die hoofstad van Libië, Tripoli aangekom waar sy ‘n groep senior regeringslui sal lei by ‘n vergadering van die AU se buitengewone uitvoerende raad van ministers van buitelandse sake.
Die hoeveelheid geld wat spandeer word op Irak sal die koste van Viëtnam verbysteek teen die einde van die jaar, en dit die tweede duurste militêre konflik maak in Amerikaanse geskiedenis, ná die Tweede Wêreld oorlog. Dit is volgens syfers van die Pentagon wat Vrydag vrygestel is.