Drie leë 9mm doppies is op die toneel gevind.
Die man en vrou is na verskillende hospitale geneem.
UDM-leier Bantu Holomisa het gesê hy vermoed die aanval was polities gemotiveer.
‘n UDM-raadslid en sy vrou is geskiet en gewond by Mount Ayliff in die Oos-Kaap, het SAUK-nuus Vrydag berig. Mandlahla Nekela, wat op die UDM se provinsiale kandidaatslys is, is ernstig gewond gedurende die aanval by sy huis.
Drie leë 9mm doppies is op die toneel gevind.
Die man en vrou is na verskillende hospitale geneem.
UDM-leier Bantu Holomisa het gesê hy vermoed die aanval was polities gemotiveer.
Freud, wat ook ’n politikus was, is eergister by sy lessenaar in Londen oorlede.
Hy is bekend vir sy advertensies vir hondekos wat hy kon maak danksy sy hang-hond-gesig.
Dié broer van die skilder Lucian Freud sal vir sy skerpsinnigheid onthou word en hy was steeds ’n gereelde deelnemer aan die BBC-radiopaneelprogram Just a minute.
Hy was die pa van vyf kinders. In 1987 is hy tot ridder geslaan.
Vier mense is gewond toe polisielede begin vuur het op betogers van die Tudor Road-plakkerskamp op die Wesrand.
Woordvoerder vir die polisie Appel Ernst sê 'n skare het betoog oor dienslewering en hetdie pad versper en geëis dat die burgemeester en plaaslike verteenwoordigers hulle te woord staan.
Ná 'n belofte dat die ampsdraers hulle Donderdag sal besoek, het hulle vreedsaam verdaag. Maar Donderdag is die pad weer versper en het hulle buitebande aan die brand gesteek, begin toi-toi en die raadslede en polisie onder die klippe gesteek, volgens Ernst.
Die SAPD het daarna van rubberkoeëls gebruik gemaak om die oproeriges uiteen te jaag. Vier mense is in die voorval gewond.
Die gespanne situasie in Kagiso is volgens Ernst tans onder beheer en die versperrings en brandende bande is verwyder.
New York aanklaers het saamgespan met die Obama-administrasie om ‘n Sjinese netwerk toe te maak wat na bewering Iran se kern- en missielprogramme van fondse voorsien het met die hulp van sommige van Wallstraat se grootste banke.
Die aksie sal waarskynlik ‘n toets wees vir die administrasie se verhouding met Beijing, wat tot op hede maar onentoesiasties omtrent sanksies teen Tehran was. Die skuif het gekom na Amerika se vise-president, Joe Biden, Israel gewaarsku het om Iran nie aan te val nie, terwyl Washington poog om tyd te wen vir moontlike onderhandelings met die Islamitiese republiek deur Tehran se moontlike sug na kernwapens te vertraag.
Robert Morgenthau, ‘n Manhattanse distriksaanklaer, het ‘n hofdokument van 118 klagtes oopgemaak, wat Li Fang Wei, ‘n Sjinese burger beskuldig daarvan dat hy frontmaatskappye oopgemaak het om die onwettige verkope te dek.
Die klagte beweer dat mnr. Li, ook bekend as Karl Lee, verskillende name en frontmaatskappye gebruik het om die Amerikaanse banksisteem te nader. Hy het ten minste 6 groot banke gebruik, insluitend Citigroup, JP Morgan en Bank of America. Die Amerikaanse tesourie het individue en maatskappye verbied om besigheid te doen met mnr. Li, 8 frontmaatskappye en 6 groepe wat na bewering Iranse bande het.
In kommentaar wat toon dat Washington hoop dat sanksies en diplomatieke gesprek, eerder as militêre aksie, Iran sal oortuig om sy kernprogram in te perk, het mnr. Biden gesê dat Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister nie Iran se kernfasiliteite moet aanval nie. “Ek glo nie dat eerste minister Netanyahu dit sal doen nie,” het hy aan CNN gesê. “Dit word nie aanbeveel nie.”
Volgens die beskuldiging, is New Yorkse banke gebruik om dollarfinansiering te voorsien vir die verkoop van‘n komplekse ketting wat insluit betalings deur Iranse banke in Euro’s en dollartransaksies deur Sjinese instellings.
In die middel is mnr. Li se maatskappy, LIMMT Economic and Trade Company. Die administrasie het Amerikaanse groepe verbied om besigheid te doen met LIMMT sedert Junie 2006 op die gronde dat hulle ondersteuning gee aan Iran se missielprogram, wat deur analiste gesien word as een van drie komponente van kernwapens, tesame met die bou van plofkoppe en uraanverryking.
Volgens mnr. Morgenthau, het mnr. Li se frontmaatskappye die finansiering bekom om groot hoeveelhede komponente na Iran se missiel- en kernprogram te laat verskeep tussen November 2006 en September 2008.
Dit sluit in 24,500kg staalstawe, wat gebruik kan word vir beide missiele en vir sentrifugale vir verryking; 15,000 kg gespesialiseerde aluminiumallooi, wat gebruik word vir langafstand missiele, en tonne ander goedere. Mnr. Morgenthau se kantoor het gesê daar was dosyne onwettige betalings om die transaksies te finansier.
Sahnoun Daifallah is gevonnis tot 9 jaar tronkstraf na hy skuldig bevind is daaraan dat hy voedsel en ander goedere besmet het.
Die 42-jarige Algeryn het ‘n mengsel van sy liggaamlike uitwerpsel gedra in ‘n onkruiddoderhouer wat in ‘n skootrekenaarsak versteek was, het ‘n hof bevind. Met ‘n spuitkop wat uit die sak gesteek het, was Daifallah in staat om groot gebiede te bespuit, wat ‘n sterk reuk agtergelaat het en tienduisende ponde se skade veroorsaak het.
Na hy kos by ‘n restaurant besmet het, het Daifallah ‘n boekwinkel besoek en honderde boeke, meestal in die kinderafdeling bespuit.
Twee dae later het hy twee supermarkte getref en ‘n oorweldigende stank agtergelaat. Beide supermarkte is vir twee dae lank gesluit om skoon te maak. Kopers het na bewering van uitslag en naarheid gekla.
Polisielede het Daifallah geïdentifiseer van videomateriaal wat deur die sekuriteitskameras opgeneem is.
Toe hulle ‘n klopjag op sy huis uitgevoer het, het hulle ‘n voorraad van die mengsel gevind tesame met planne om dit te versprei. Plastieksakke wat ekskrement bevat het, was gemerk met die name van verskillende stede.
Britse owerhede het begin om reëlings te tref vir sy deportasie.
In onlangse weke het Sjina ooreenkomste aangegaan om ontwikkelingsfondse in Venezuela te verdubbel tot $12 miljard, aan Ecuador ten minste $1 miljard te leen om ‘n hidroëlektriese-kragstasie te bou, aan Argentinië toegang gegee tot krediet van meer as $10 miljard in Sjinese geld en aan Brasilië se nasionale oliemaatskappy $10 miljard te leen. Die transaksies is grootliks gefokus op Sjina se vasmaak van die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne soos olie.
Sjina se handel met Latyns-Amerika het in die laaste dekade vinnig toegeneem, en dit die streek se grootste handelsvennoot gemaak na Amerika.
Maar die grootte en wye spektrum van die lenings toon ‘n dieper verbintenis met Latyns-Amerika op ‘n stadium wat die Obama-administrasie begin om die verval van Washington se invloed in die westelike halfrond aan te spreek.
“Dit is hoe die balans van magte stilweg beweeg gedurende krisisse,” het ‘n amptenaar van die Clinton-administrasie gesê.
“Die lenings is ‘n voorbeeld van die tjekboekmag in die wêreld wat na nuwe plekke toe beweeg, met die Sjinese wat meer aktief raak.”
Suid-Afrika se minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het Woensdag in die hoofstad van Libië, Tripoli aangekom waar sy ‘n groep senior regeringslui sal lei by ‘n vergadering van die AU se buitengewone uitvoerende raad van ministers van buitelandse sake. Minister Dlamini-Zuma, wat ondersteun word deur die direkteurgeneraal van buitelandse sake, dr. Ayanda Ntsaluba, woon die vergadering by binne die konteks van Suid-Afrika se verbintenis om strukture binne die AU op te rig as deel van die konsolidering van die Afrika-agenda.
Teen laat Woensdagaand was personeel by die Suid-Afrikaanse ambassade in Londen steeds besig om ‘n konstante stroom kiesers te hanteer wat ingekom het om te stem, het ambassadewoordvoerder Niall Wilkins gesê.
“Daar was ‘n konstante stroom kiesers heeldag lank,” het hy gesê.
“Dit het baie goed verloop, hulle almal weet hulle is deel van ‘n spesiale demokratiese proses.”
Wilkins het gesê Suid-Afrikaners in die stad het begin toustaan omtrent 4 uur die oggend. Die stad het die grootste kieserstasie in die verkiesing, met ‘n totaal van 7427 kiesers wat geregistreer is om daar te kan stem.
In New York was daar egter probleme.
Verskeie mense wat by die konsulaat was om hul paspoorte te kry was teleurgestel omdat hulle nie geweet het hulle kon stem nie.
Sowat 16,240 kiesers het beoog om te stem by die 124 Suid-Afrikaanse sendings in die buiteland.
Die tweede grootste oorsese kieserstasie was in Canberra, Australië, met 1235 geregistreerde kiesers, dan Dubai in die Verenigde Aramiese Emirate met 900 kiesers en Wellington in Nieu-Seeland met 410.
Die kleinste kieserstasies was Asmara (Eritrea), Suva (Fiji), Ramallah (Palestina), Bujumbura (Boeroendi) en Trinidad en Tobago – wat elkeen net een geregistreerde kieser gehad het.
‘n 28-Jarige man is gevonnis tot drie weke tronkstraf nadat hy verlede maand geurineer het op ‘n vrou gedurende ‘n vlug van Continental Airlines van Los Angeles na Honolulu.
Jerome Kenneth Kingzio, ‘n burger van die Amerikaanse statebond van Noordelike Mariana-eilande is gevonnis na hy Dinsdag skuldig gepleit het op aanklagte van aanranding in die federale hof in Honolulu.
Die slagoffer was op pad na Hawaii op 21 Maart vir ‘n duikvakansie en het ‘n film gekyk gedurende die vlug toe Kingzio opgestaan het en begin urineer het op haar. Hy het gedurende die vlug gedrink.
Amerikaanse prokureur, Edward Kubo jr. Het gesê die vrou beweer haar hele vakansie is geruïneer, en sy sukkel steeds met emosionele probleme as gevolg van die insident.
Die FBI ondersoek die saak.
Hy eis ‘n verskoning en skadevergoeding van die gerespekteerde Britse dagblad, het sy regsverteenwoordigers in Londen, Shillings Prokureurs Maandag in ‘n verklaring gesê.
Dit het nie die bedrag gespesifiseer wat Zuma eis vir die artikel deur Simon Jenkins nie. Die artikel is gepubliseer onder die opskrif “Get used to a corrupt and chaotic South Africa. But don’t write it off.”
Die regsfirma het gesê “Mnr. Zuma glo die gepubliseerde stuk bevat erge vals beweringe wat nie verdedig kan word nie, waarvan die ergste is dat hy ‘n verkragter is.”
Zuma sê oor die berig dat “die media akkuraat en eerlik verslag behoort te gee. Dit is nie regverdig dat hulle leuens moet druk, of sake uit verband uit trek net vir sensasionalisme en verhoogde inkomste nie.”
“Hoe kan hulle toegelaat word om ‘n persoon se reputasie op dié manier te skaad? Die wêreld het ‘n media nodig waarop mense kan staatmaak, selfs in Brittanje. In die saak is ek verplig om op te tree waar daar verkeerd opgetree word teenoor my.”
Shillings Prokureurs het gesê die artikel is verwyder van die webwerf van die Guardian.
Daarin is mense wat met Suid-Afrika te doen het gewaarsku "dat hulle gewoond moet raak aan Zuma se styl van regering – moreel besmet, administratief chaoties en korrup,” en is ‘n naamlose vriend van die joernalis aangehaal wat Zuma beskryf as “ ‘n krimineel en ‘n verkragter”.
Zuma, wat na verwagting die president sal word na die verkiesing volgende week dagvaar ook die plaaslike spotprentkunstenaar, Jonathan Shapiro, die Sunday Times en sy aandeelhouermaatskappye vir 7 miljoen rand, oor ‘n strokiesprent wat hom uitbeeld waar hy die “reg” in die vorm van 'n vrou, Justitia, verkrag.
Die hoeveelheid geld wat spandeer word op Irak sal die koste van Viëtnam verbysteek teen die einde van die jaar, en dit die tweede duurste militêre konflik maak in Amerikaanse geskiedenis, ná die Tweede Wêreld oorlog. Dit is volgens syfers van die Pentagon wat Vrydag vrygestel is.
Indien die Kongres die addisionele befondsing toestaan wat dié week deur die Obama-administrasie versoek is, sal die koste van die oorlog toeneem met $87 miljard vir 2009, wat ‘n vorige versoek wat goedgekeur is deur die Bush-administrasie insluit.
Indien dit gevoeg word by die bedrag wat in 2008 spandeer is, beteken dit die oorlog in Irak sal die belastingbetalers ‘n totaal van omtrent $694 miljard uit die sak gejaag het. In vergelyking het die Viëtnamoorlog wat $686 miljard gekos in inflasieaangepasde dollars en die Tweede Wêreldoorlog $4,1 triljoen, volgens ‘n studie van die Kongres se navorsingsdiens wat verlede jaar voltooi is.
Alhoewel die koste van die oorlog in 2009 sal krimp vergeleke met 2008, het die koste van die oorlog in Afghanistan begin toeneem.
Amerika het in 2008 $34 miljard spandeer in Afghanistan. Hierdie jaar beoog die Obama-administrasie, wat beplan om addisionele magte na die land te stuur, om $47 miljard te spandeer.
Militêre analiste glo die Irakoorlog se kostes sal aanhou krimp terwyl die oorlog in Afghanistan se kostes sal toeneem.
Terwyl hy met duisende mense gepraat het by ‘n ANC-saamtrek in Ngwelezane, buite Empangeni, het Zuma voorgestel dat ‘n nasionale tolvrye nommer ingestel word waar mense korrupsie kan aanmeld.
Die nommer sal ook gebruik kan word om lui regeringsamptenare aan te gee.
Zuma het gesê hy het opgemerk dat min mense korrupsie aanmeld.
‘n Struktuur wat optrede monitor sal seker maak dat dooie hout uit die regering verwyder word.
“Die struktuur sal verseker dat lui mense uit die regering verwyder word en vervang word met mense wat die werk kan doen.”
Zuma het gesê daar is regeringsamptenare wat dink dat hulle groter is as die mense.
“Die struktuur sal ook toesien dat korrupsiesake vinnig hanteer word, omdat daar op die oomblik baie mense is wat geskors word met volle betaling vir baie lang tye.”
“Mense het ‘n skuif gemaak van die IVP na die ANC,” het ANC woordvoeder Jessie Duarte gesê voor Zuma se verskyning by die saamtrek in KwaZulu-Natal se Ngwelezane woongebied.
“Hulle het n groot getalle oorgekom. Ons saamtrekke in sogenaamde vestings van die IVP word bygewoon deur duisende mense,” het sy gesê.
Sy was vinnig om uit te wys dat die ANC nie gegroei het as gevolg van Zuma se gewildheid nie.
“Ons hoor dat die mense sê die ANC het gegroei as gevolg van Zuma se gewildheid. Dit is nie waar nie. Zuma is nie ‘n populis nie. Die mense het na die ANC toe gekom omdat hulle gesien het wat die ANC regering gedoen het.”
Vinnige opnames wat gedoen is gedurende die ANC-saamtrekke het egter getoon dat sommige mense wel na die ANC toe gekom het omdat hulle van Zuma hou.
Hulle het gesê Zuma se luistervaardigheid en passie om onderwys beskikbaar te maak vir alle jong mense is een van die redes hoekom hulle van hom hou.
Die verklaring deur mnr. Kobus Marais van die DA dat swart ekonomiese bemagtiging "broodnodig" is, bevestig weereens PRAAG se standpunt dat dié party net 'n "ANC Lite" is. Daar is geen wesentlike verskille tussen die DA en die ANC se beleide oor ras, etnisiteit, taal en die noodsaak van anti-blanke maatreëls soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie.
Die verskille tussen die DA en ANC het met persoonlikhede en styl te make en nie met substansie nie. Ook verdedig die DA die gebreklike grondwet wat Roelf Meyer in 1994 sonder 'n werklike mandaat van die Afrikaner aanvaar het. Meyer was nie net 'n verraaier wat sedertdien by die ANC aangesluit het nie, maar ook onnosel, een van die geteelde NP-Broederbondtipes uit die verlede wat hul posisies op grond van 'n kruipende konformisme verwerf het.
Omtrent elke artikel in die grondwet is in terme van ras gekwalifiseer, sodat blankes en Afrikaners tweederangse burgers sal wees vir solank as wat die gebreklike grondwet in ons land gaan geld.
Suid-Afrika, asook ons hele subkontinent wat deur die Zimbabwekwessie oorheers word, behoef 'n nuwe visie. Amerikaanse ideologie rondom rassevoorkeure vir swartes oorheers vandag in Suider-Afrika net soos wat Sowjetdenke en rampspoedige sosialistiese eksperimente vroeër hoogty gevier het.
Die gemiddelde kieser is egter so gebreinspoel deur ons konformistiese media waarin kritiese denke en debat kwalik geduld word dat hy of sy nie in staat is om 'n rasionele keuse by die stembus uit te voer nie. Die gesig van duisende Afrikaners wat binnekort klakkeloos vir die DA met sy steun vir rassistiese anti-blanke beleid gaan stem, verteenwoordig 'n ewe groot bespotting van die demokrasie as die vorige verkiesing in Zimbabwe.
Ons leef in 'n zombiedemokrasie waarin feitlik niemand dit durf waag om die rampspoedige beleid van rassevoorkeure vir swartes te bevraagteken nie, veral nie die amptelike opposisie nie.