Freud se kleinseun oorlede

ImageDie Britse skrywer en aanbieder sir Clement Freud, ’n kleinseun van die psigoanalis Sigmund Freud, is op die ouderdom van 84 dood, het sy familie gister verklaar.

Freud, wat ook ’n politikus was, is eergister by sy lessenaar in Londen oorlede.

Hy is bekend vir sy advertensies vir hondekos wat hy kon maak danksy sy hang-hond-gesig.

Dié broer van die skilder Lucian Freud sal vir sy skerpsinnigheid onthou word en hy was steeds ’n gereelde deelnemer aan die BBC-radiopaneelprogram Just a minute.

Hy was die pa van vyf kinders. In 1987 is hy tot ridder geslaan.

wedding veil with tiaraлобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae