Vier mense is gewond toe polisielede begin vuur het op betogers van die Tudor Road-plakkerskamp op die Wesrand.
Woordvoerder vir die polisie Appel Ernst sê 'n skare het betoog oor dienslewering en hetdie pad versper en geëis dat die burgemeester en plaaslike verteenwoordigers hulle te woord staan.
Ná 'n belofte dat die ampsdraers hulle Donderdag sal besoek, het hulle vreedsaam verdaag. Maar Donderdag is die pad weer versper en het hulle buitebande aan die brand gesteek, begin toi-toi en die raadslede en polisie onder die klippe gesteek, volgens Ernst.
Die SAPD het daarna van rubberkoeëls gebruik gemaak om die oproeriges uiteen te jaag. Vier mense is in die voorval gewond.
Die gespanne situasie in Kagiso is volgens Ernst tans onder beheer en die versperrings en brandende bande is verwyder.
