Polisie ondersoek brandstigting by Rolfe-laboratorium

rolfeAl die mense wat vermoedelik vermis was na ‘n ontploffing by ‘n gebou by Middelburg in die Oos-Kaap, is opgespoor.

Die polisie ondersoek die moontlikheid van brandstigting. ‘n Honde-eenheid sal vandag aanhou om die gebou te deursoek en het die hele area afgesper.

Die polisie sê hulle is deur die bestuur van Rolfe-laboratoriums ingelig dat die 20 mense wat vermis was, almal veilig is.

Die eienaar, Brad Rolfe, sê hy sal al die beseerdes besoek.

‘n Oënskynlike ontploffing by die parfuumfabriek in Middelburg het ‘n brand laat ontstaan waarvan die krag deur die dorp gevoel is. Die brand het na verwagting onstaan weens ‘n ondergrondse gastenk wat ontplof he

rolfe2Woordvoerder van die polisie John Fobian het gesê die meeste van die beseerdes is na die Wilhelm Stahl-hospitaal geneem, met tien wat oorgeplaas is na die Dora Nginza hospitaal in Port Elizabeth as gevolg van die erns van hul beserings.

Rolfe Laboratories, vervaardig parfuum en skoonheidsmiddels.

Sowat 40 mense het brandwonde opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling. Die ontploffing het ook ‘n deel van die gebou beskadig.

ANC: Polisie moet geweld in PE keer

peDie polisie moet die geweld tussen Suid-Afrikaners en Somaliërs in Port Elizabeth stop, het die ANC in die Oos-Kaap, gesê.

“Enige soort geweld, insluitend plundering van winkels in besit van Somaliërs is onwettig, verkeerd en het geen plek in Suid-Afrika nie,” het die African National Congress se provinsiale sekretaris, Oscar Mabuyane in ‘n verklaring gesê.

“Die SA Polisiediens is die eerste en die laaste linie van verdediging vir ons gemeenskappe, en ons doen ‘n beroep op hulle om die wet en openbare-orde polisiëringstegnieke toe te pas om hierdie golf van geweld te stop.“

Oos-Kaapse polisie het gesê sewe mans is in hegtenis geneem die naweek vir plundering en brandstigting van Somaliërs se winkels in Port Elizabeth.

Ten minste 10 winkels in KwaZakhele en New Brighton is aangeval en ‘n voertuig gebrand.

Mabuyane het gesê die ANC in die provinsie doen ‘n beroep op inwoners in die Nelson Mandela Bay Metro om hulle te weerhou daarvan om die wet in eie hande te neem.

“Geweld sal nie help in enige situasie nie, maar sal sake net vererger vir ons mense,” het hy gesê.

Die polisie se woordvoerder in die Oos-Kaap, Miranda Mills sê die geweld het na Missionville uitgebrei waar nog agt winkels geplunder is. Nog drie mense is aangekeer.

Winkels in buitelanders se besit word geteiken. Die polisie is in New Brighton, Zwide, Missionvale, Soweto-On-Sea en Kwa Zakhele ontplooi. – Sapa

Moord: Ethiopiër in spazawinkel doodgebrand

arson2‘n Dertigjarige Ethiopiër van Pietermaritzburg het in sy spazawinkel doodgebrand.

Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n saak van moord en opsetlike brandstigting geopen ná die dood van die buitelander.

Die man het glo wag gehou by sy winkel om sy voorraad te beskerm, toe die winkel aan die brand gesteek is. Hy is tussen die vlamme en sy diefwering vasgekeer en het doodgebrand.

Die polisiewoordvoerder in die provinsie, Thulani Zwane sê ‘n leë plastiekhouer, met brandstof daarin, is buite die voordeur van die winkel gevind.

Niemand is nog ivm die voorval in hegtenis geneem nie.

Die Kwazulu-Natalse provinsiale regering het ‘n Raad teen Misdaad aangestel in ‘n poging om die stryd teen misdaad in die provinsie te versterk, en verskeie projekte in die provinsie te koördineer, het RSG berig.

Regeringsamptenare, tradisionele leiers, sakelui, georganiseerde arbeid en gemeenskapsorganisasies het in Durban byeengekom vir die bekendstelling van die Raad.

Die Raad sal strategiese advies en leiding verskaf om die doeltreffendheid van die stryd teen misdaad te verhoog.

Die Raad sal ook die vordering monitor en die proses hersien.

Die LUR vir Veiligheid en Sekerheid Willie Mchunu en die provinsiale polisiekommissaris Mammunye Ngobeni het die bekendstelling bygewoon. – Sapa

Meer as 60 vas vir openbare geweld in Limpopo

protest2Die polisie in Limpopo het meer lede ontplooi en sowat 65 betogers is in hegtenis geneem vir openbare geweld in Malamulele, Limpopo, Maandag, het die polisie gesê.

Betogers het Openbare Werke se streekkantore en vyf voertuie in ligte laaie gelaat, sê brigadier Hangwani Mulaudzi.

“Die plaaslike Masingita-winkelkompleks is heeltemal geplunder,” het hy gesê.

Skade word tans beraam op R3 miljoen.

Mulaudzi het gesê die situasie bly gespanne, en hy het motoriste aangeraai om paaie na Giyani en Thohoyandou te vermy.

Inwoners is eis hul eie munisipaliteit. – Sapa

 

Brandstigting ondersoek na 4 sterf

Cape York-gebou
Cape York-gebou

‘n Saak van brandstigting word deur die polisie ondersoek nadat ‘n brand in die Johannesburgse middestad die lewens van drie volwassenes en ‘n baba geëis het.

Die brand het in die Cape York-gebou uitgebreek, toe ‘n petrolbom in ‘n woonstel geslinger is, nadat ‘n stryery tussen ‘n man en vrou ontstaan het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die liggame van twee volwassenes en ‘n baba is in die puin van ‘n woonstelgebou gevind. Hulle is deur die rook oorval.

‘n Vierde persoon het by die gebou uitgespring om die vlammehel te ontsnap. Hy is op pad na die hospitaal toe dood.

Polisie noem brandstigting ‘vreedsaam’

‘n Munisipale beampte se huis is tydens ‘n protesoptog oor dienslewering deur ontstoke inwoners met ‘n petrolbom afgebrand.

Kaptein Leonard Hlathi, ‘n polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die speaker se huis in die Sakhile-lokasie in Standerton is Sondagmiddag erg beskadig.

“Die protesoptog het omstreeks 12:00 begin en inwoners het die paaie met klippe, brandende bande en vullis versper. Niemand is in hegtenis geneem nie. Die inwoners is met die polisie se aankoms op die toneel vreedsaam uiteen.”

Saterdag is die munisipale kantore in die lokasie tydens ‘n protesoptog aan die brand gesteek.

Die skade aan dié kantoor beloop sowat R60 000. ‘n Saak van brandstigting word ondersoek.

Hlathi het gesê die inwoners van die Sakhile-lokasie het Vrydag met ‘n betoging begin, en het water en elektrisiteit geëis.

“Beamptes van die provinsiale regering het die inwoners toegespreek en hulle is vreedsaam uiteen.”

 

гидро пескоструйФильчаков прокурор харькова

Babas aan die brand gesteek in Blairgowrie

Image

Brandstigting bly ‘n gunstelingtydverdryf…

Die polisie het nog niemand aangekeer ná die geval in Blairgowrie, Randburg, waartydens 'n swart gesin van vier aan die brand gesteek is nie. Aanvanklik is 'n rooftog vermoed, maar tans word die voorval aan 'n "liefdesrusie" toegeskryf.

Volgens kaptein Julia Claassen van die SA Polisie, "het geen inhegtenisnames nog geskied nie en gaan die polisie voort met hul ondersoek".

Vier swartes, waaronder twee babas, verkeer in 'n ernstige toestand nadat hulle Vrydag tydens 'n aanval in Olympicstraat, Blairgowrie, aan die brand gesteek is.

Al vier het erge brandwonde opgedoen en word tans daarvoor in die hospitaal behandel.

Vrydag het senior superintendent Eugene Opperman gesê dat 'n voorlopige ondersoek gedui het op 'n "liefdesdruk en nie 'n rooftog soos aanvanklik gedink is nie".

'n Veiligheidsmaatskappy het Vrydag 'n noodroep vanuit 'n woning in Blairgowrie om 2.20 n.m. ontvang.

"Hulle het op die toneel aangekom en het die bediendekamer in ligte laaie gevind. Hulle het twee babas, asook twee volwassenes, 'n man en 'n vrou, op die perseel aangetref."

'n Woordvoerder vir Netcare 911 se paramediese span, Nick Dollman, sê die babas is "baie klein… omtrent 'n jaar oud".

Die brandslagoffers is blykbaar die bediende, haar vriend en haar twee kinders.

'n Saak van brandstigting en poging tot moord word ondersoek.

In 'n soortgelyke voorval vroeër vandeesweek, is 'n 25-jarige smous wat in 'n liefdesdriehoek vasgevang is ook langs die pad in Pietermaritzburg aan die brand gesteek.

Die woordvoerder van die polisie in Kwazulu-Natal, Henry Budhram, het gesê die smous, Sli Benghu, was Dinsdag besig om sake in Manchesterweg, Northdale, te doen toe sy deur 'n vrou wat aan haar bekend is, genader is.

'n Rusie het tussen die twee ontstaan, waarna die vrou 'n vlambare stof oor haar gegooi het en haar aan die brand gesteek het.

"Die slagoffer het na 'n nabygeleë spruit gehardloop waar sy daarin geslaag het om die vlamme te blus, maar het agterna inmekaar gesak," het Buhram gesê.

"Die motief vir die aanval is blykbaar 'n minnaar se ontrouheid," het Budhram gesê.

'n 22-jarige verdagte is later in Haniville in hegtenis geneem en sal binnekort in die Pietermaritzburgse landdroshof op 'n klag van poging tot moord verskyn.

Die slagoffer verkeer blykbaar in 'n ernstige maar stabiele toestand in 'n hospitaal.

строительство бани фотоАлександр Фильчаков

Pad by Diepsloot weer oopgestel na oproer

Paaie en deurpaaie naby Diepsloot, Johannesburg, is Maandagoggend veilig vir motoriste verklaar deur 'n polisiewoordvoerder. Dit volg nadat geweld oor die naweek weer uitgebreek het in die lokasie.

Polisiewoordvoerder kaptein Bonginkosi Msimango het gesê: "Alles was kalm gedurende die nag, maar 'n sterk polisieteenwoordigheid is in plek in die gebied." Honderde inwoners het Sondag paaie versper en motors asook die polisie met klippe bestook. Die motor van ’n SAUK-joernalis is uitgebrand, volgens wat Beeld berig.

Msimango het gesê die inwoners het na 'n vergadering wat 10 uur die oggend begin het, verdaag en begin amok maak. 'n Polisievoertuig is uitgebrand nadat twee polisievoertuie onder klippe gesteek is. 'n Dik rookkolom het gister oor die gebied gehang.

Ten minste 14 mense is weens openbare geweld in in hegtenis geneem en die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om die oproeriges uiteen te jaag.

Die Johannesburgse metropolisie het die R511 teen omstreeks 16:30 Sondagmiddag moes sluit omdat dit nie meer veilig was vir motoriste nie. Teen skemer het die metropolisie motoriste steeds afgeraai om die pad te gebruik.

Die betoging volg op ’n soortgelyke een verlede Sondag toe sowat 1 000 inwoners nie hulle krotte wou skuif na ’n ander deel van Diepsloot nie.

светотехника воронежФильчаков прокурор