Die polisie in Limpopo het meer lede ontplooi en sowat 65 betogers is in hegtenis geneem vir openbare geweld in Malamulele, Limpopo, Maandag, het die polisie gesê.
Betogers het Openbare Werke se streekkantore en vyf voertuie in ligte laaie gelaat, sê brigadier Hangwani Mulaudzi.
“Die plaaslike Masingita-winkelkompleks is heeltemal geplunder,” het hy gesê.
Skade word tans beraam op R3 miljoen.
Mulaudzi het gesê die situasie bly gespanne, en hy het motoriste aangeraai om paaie na Giyani en Thohoyandou te vermy.
Inwoners is eis hul eie munisipaliteit. – Sapa
