Gewettigde onreg

Ek verwys na Nico Smith, Chris Moerdyk en Andries Cornelissen se onlangse belaglike standpunte in Beeld. Met inagname van die stelsel van gewettigde diskriminasie, kan mens nie anders as om hierna as propganda te verwys nie. Propaganda met redelik min oortuigingskrag, moet ek byvoeg. By die lees daarvan, besef jy weereens in watter bisarre situasie ons ons vandag in die Nuwe Suid-Afrika bevind. Daar kan onmoontlik nog so ʼn ras-obsessiewe samelewing op aarde wees. Enige persoon, blank of nie-blank wat vandag die woord "rassis" uiter met verwysing na ʼn blanke persoon, is seker die grootste huigelaar op aarde. Dit is werklik onmoontlik vir ʼn blanke om meer rassisties te wees as wat die regering, sy instansies en sy propagandiste is. Daarmee saam word honderde ander liggame soos skole en besighede gedwing om rassistiese maatreëls toe te pas, wat almal net met een doel ingestel is, naamlik diskriminasie op grond van ras.

Verblydend is egter dat die man op straat se sentiment nou na homself verskuif het, en dat dit wat hy aan sy eie bas voel, belangriker raak as die probleme waarmee die "ander" gekonfronteer word. In die laaste loopgraaf, lê lojaliteit egter by jouself, jou gesin en jou onmiddellike gemeenskap binne ʼn radius van 10 kilometer om jou. Daarna lê dit by ander gemeenskappe wat dieselfde waardes as jy aanhang. Dis te betwyfel of mense enige lojaliteit teen gemeenskappe voel wat ander waardes aanhang. Dit word weerspieël deur die wêreldkaart met duidelike grense, waar mense met gedeelte waardestelsels verkies om hulself te regeer.

ʼn Stelsel soos dié wat ons nou beleef, bestaan slegs omdat ons almal op een of ander manier daaraan erkenning verleen. Wanneer ʼn mense egter uitsprake in hul gedagtes, in hul huise, en in hul gemeenskappe teen die stelsel lewer, en diegene wat dit ondersteun word openlik uitgelag, stort so ʼn stelsel, wat geen simbiose vir ons inhou nie, net so vinnig in duie. Wat ons in die volgende paar jaar nodig gaan hê, is dat daar elke dag, op elke straathoek, in elke dorp en stad oor hierdie onregte gepraat word, geskryf word en betoog word. Die naarstiglike pogings wat leiers regoor die spektrum aanwend om argumente ten gunste van die status quo daar te stel, dui aan dat hulle benoud is en voel dat die openbare mening besig is om teen hulle draai.

Om die stelsel van buite af te kritiseer is egter nie genoeg nie. Dit is aanvanklik maklik om die vyand op ʼn afstand buite die stadsmure besig te hou. As ʼn paar van sy trawante hulsef vermom, die stad binnesypel en vyandelike idees verkondig, raak dit veel moeiliker . Ons moet dus toenemend probeer om op watter slinkse manier ookal onsself teen die stelsel te verset. Ons moet slu word, soms op die oog af ons samewerking gee, vriendelik glimlag, en dan agteraf konkel. Dit vereis baie, dalk 'n verandering in ons mentaliteit…

Al kan ons onsself nie noodwendig geheel en al geografies afsonder nie, moet ons ons geestelik, finansieel, taalkundig en opvoedkundig isoleer en herontdek . ʼn Periode van afsondering is suiwerend en vernuwend van aard en soos die Israeliete in die woestyn van dooie hout ontslae geraak het, gaan ons ook van ondermynende gedagterigtings en slegte invloede ontslae raak. Hopelik vind ons in ons afsondering uit wie en wat ons werklik is…en dalk kom ons agter dat ons kollektiewe idealisme en organisatoriese vaardighede ongeëwenaard op die kontinent is…dalk ook die rede hoekom ons op alle lewensterreine aangeval word?

free betпрокурор харьковской области

Watter prestasie?

Ek glo na al my jare se ondervinding is dit hoog tyd dat die publiek die waarheid ken aangaande steroïedes…

Ek kan nie glo dat die algemene publiek nog steeds geflous word deur te glo dat die hedendaagse atlete die rekords laat spat sonder die gebruik van dwelms soos onder andere steroïede nie. Die meeste mense glo dat die atlete nie kan dwelms gebruik nie, omdat hulle getoets word.

Jammer om julle die waarheid te vertel, maar al ooit gehoor van ontwerpersteroïedes, beta-blokkers, die infusie van eksterne bloedplasma groeihormoon, ens.?

Die eerste ding is groeihormoon wat byna dieselfde voordele het as steroïedes sonder die massa-faktor. Dit kan ook nie met toetse opgetel word nie. Wel baie duur, maar atlete betaal dit met 'n glimlag.

Dan is daar ontwerpersteroïedes, wat ook nie opgespoor kan word nie, want dit "bestaan nie" volgens toetse nie. Dit is eenvoudig bekende steroïedes wat gewysig word sodat dit nie deur toetse opgetel kan word nie.

Ek dink dis tyd dat kundiges die waarheid aan die publiek openbaar van hoe maklik die toetse omseil kan word.

My vraag is dus, Hoeveel rekords is nog geloofwaardig"

 

En my persoonlike opinie: Weinig indien enige….

play casinoтопкарго отзыв

‘n Gesprek oor ras en ‘n briljante film.

Craig Bodeker is 'n jong onafhanklike filmmaker, en dit het alles begin net ná die verkiesing van pres. Obama en die daaropvolgende oproep onder neo-liberale vir n gesprek oor ras in Amerika. Bodeker het onmiddellik 'n paar dollars geleen, aan 'n paar vrae gewerk, 'n film span bymekaar gesit en die strate van Denver, Colorado waar hy woon ingevaar om onderhoude te  voer.

Hy het ook 'n advertensie op 'n bekende Amerikaanse webblad gesit om vrywilligers te werf, met die tema “Beëindig rasisme nou!”, en die mense wat hy so gewerf het, het hy dan ook mee onderhoude gevoer.

Die resultaat is n interessante en eienaardig genoeg humoristiese film, geskiet in wit en swart wat alles bewys, behalwe wat Amerikaanse aanhangers van die “wit – rassisme geloof” sou wou hoor. Wat die film ( +-1uur lank) so goed maak is die eenvoud daarvan. Bodeker vra direkte vrae soos “Wat is rassisme?”; Sien jy dit in jou alledaagse lewe?”; “Kan jy my 'n voorbeeld daarvan gee?”

Die antwoorde verskil so hemelsbreed dat dit lagwekkend is.

Bodeker gaan verder, en hy vra: “ Hoekom is basketbal 90% swart? Byna almal sê omdat swartes beter daarin is. Waarop hy vra: “Is daar dan enigiets waarmee wit mense beter is as swartes?” Party byt amper hul tonge af met hierdie vraag, en die meeste sê  "nee". Een dame antwoord dat daar dalk iets kan wees maar sy kan nie dink wat nie.

Daar is heelwat meer vrae wat volg, en een van die interessante vrae is wat mense dink van Mexikaanse immigrasie. Blankes is baie huiwerig en versigtig om te antwoord terwyl swartes hul afkeer direk uitspreek. Een van die voordele van die film is dat Bodeker self nie veel van 'n standpunt inneem nie.

Die film is dus nie gelaai met ideologie nie, en mens kan 'n film soos dié selfs vir hoërskoolkinders wys. Van die weinige kritiek wat hy op die film gekry het is dat hy onderhoude met te min blankes gevoer het. Sy regmatige verweer is dat dit meestal swart Amerikaners is wat kla oor rassisme.

Blanke Suid-Afrikaners sal natuurlik aan heelwat meer vrae kon dink om by te voeg. Byvoorbeeld: Hoekom kan die “African-Americans” van 40+miljoen(helft van die grote van Duitse volk) minderheidsregte kry? Hoekom kan Afrikaners van +-2.6miljoen nie minderheidsregte kry nie? En vele..vele meer.

Maar dit was uiteindelik nie die doel of omvang van die film nie en sou dit moontlik te ingewikkeld gemaak het.

Die film is van so 'n hoë gehalte dat dit deur baie groot televisienetwerke opgekoop moes gewees het, maar helaas nie 'n enkele televisienetwerk wou daaraan raak nie. As blankes in Suid-Afrika is dit nie eens nodig om te spekuleer oor die redes nie.

Bodeker het egter nie op hom laat wag nie en 'n hele paar regse radiostasies het aan hom onderhoude toegestaan, en hy verkoop nou sy briljante film op die internet.

Die film is te koop op sy webblad en daar is ook vier uittreksels op Youtube te sien:

Deel 1

Deel 2



Deel 3

Deel 4

хамам что этоФильчаков прокурор

Verdrukking van blankes in Suid-Afrika en die Huntley-geval

'n Herrie het in Suid-Afrika losgebars oor die Kanadese Immigrasieraad se besluit om aan die Suid-Afrikaner, Brandon Huntley, vlugtelingstatus te gee. Vanaf die kant van die ANC-regering in Suid-Afrika word die beslissing as belaglik afgemaak.

Die aangeleentheid word oor die boeg gegooi dat misdaad in Suid-Afrika almal raak, wit en swart. Dit is 'n oorvereenvoudiging van die Suid-Afrikaanse situasie en een wat nie werklikheidsgetrou is nie.

Die Suid-Afrikaanse regering na 1994 het ras bepalend gemaak van die inhoud van Suid-Afrikaanse burgerskap. Dit is teen die agtergrond hiervan wat die Huntley-geval beoordeel moet word.

Die regstruktuur in Suid-Afrika as geheel bepaal of blankes op grond van ras onderdruk word en nie net een komponent daarvan, naamlik, die regering se onvermoë en/of onwilligheid om blankes teen geweld te beskerm nie.

Hierdie struktuur vind alreeds beslag kort na 1994 toe die ANC-lid, Peter Mokaba, begin met sy politieke slagspreuk, "kill a famer, kill a boer" en nadat hy deel geword het van die Mandela-regering. Hy is geduld in die regering en sy slagspreuk is ook nie deur die regering van die dag veroordeel nie.

Selfs op sy begrafnis is dit weer uitgeskreeu, in die teenwoordigheid van hoë regeringslui. Hierdie gedrag en dulding kan op sy minste as aanstigting tot moord op blankes, of meer besonder op Afrikaners, beskou word. Dit sou in enige beskaafde land of kontinent as sodanig gesien gewees het.

Aanstigting is alreeds 'n misdaad. Geen amptenaar of regter of minister is van sy amp onthef omdat hulle teenwoordig was waar die slagspreuk geskreeu is nie en niemand het ooit vrywillig bedank omdat dit deur die staat en sy amptenare geduld is nie.

Die wetgewende struktuur van die land het tot gevolg dat daar openlik teen blankes in die staatsdiens gediskrimineer word, dat talle blankes hulle werk op grond van hulle ras in die staatsdiens verloor het, dat op grond van ras blanke besighede se aandele aan swartes verpligtend oorgedra moet word, dat bepaalde poste selfs in privaat maatskappye aan swartes gegee moet word, dat blankes se plase op grond van ras ten gunste van swartes onteien word en dat studieplekke aan universiteite, veral in die professies, vir blanke studente beperk word op grond van hulle ras.

Dit is slegs 'n paar voorbeelde oor wat die direkte doel met, en gevolge van, die regering se wetgewing na 1994 is. Die regering beskryf sy politiek as die Afrikanisering van Suid-Afrika. Hierdie beleid se ooreenkomste met die beleid wat in Nasionaal-Sosialistiese Duitsland na 1933 gevolg is, is verstommend.

Die beleid is toe net Arisierung genoem en was teen die Jode gerig. Op 'n internasionale vlak is die probleem dat Afrikanisering slegs wettig kan wees indien Arisierung ook wettig was. Aangesien niemand Arisierung as wettig beskou nie, bestaan daar weinig kans dat Afrikanisering objektief gesproke wettig kan wees. Die beleid van Arisierung het na 1939 'n gedaanteverwisseling ten slegte ondergaan wat selfs as vingerwysing vir die Afrikaniseringsprogram kan dien.

Die standpunt dat die grondwet Afrikanisering en 'n rasgebaseerde regstruktuur wettig, het te doen met die subjektiewe navolging van die heersende party se siening; die politieke korrekte houding soos bepaal deur die nuwe heersers en nagevolg deur die nuwe onderhoriges.

Regstellende aksie in sy wese kan slegs regverdig word op 'n individuele basis, dws, ten opsigte van 'n bepaalde individu waarvan 'n bepaalde reg voorheen geskend is. Dit kan nie dien as die wettiging van 'n totale rasgebaseerde staatstruktuur waarvan die bevoordeeldes selfs vreemdelinge kan wees nie, solank hulle natuurlik net swart is.

Die grondwet wou so 'n stelsel afskaf en nie verskans nie. Indien die regering van 'n land 'n struktuur skep wat toelaat dat daar openlik aangestig kan word dat jy op grond van jou ras vermoor kan word, dat jou werk op grond van ras ontneem kan word, dat jou grond op basis van ras onteien kan word, dat maatskappye en aandele op grond van ras oorgeneem mag word, is dit sekerlik 'n struktuur wat ook aan die gewone misdadiger 'n duidelike boodskap stuur oor wat hy aan daardie ras mag doen.

Die struktuur is in sy geheel gesien onderdrukkend teenoor blankes, die misdadige komponent slegs 'n bepaalde uitvloeisel daarvan.

Prof. Hercules Booysen
Voorheen professor aan die Universiteit van Suid-Afrika in internasionale reg, regskonsultant in internasionale
en internasionale ekonomiese reg 

мультимарочные автосканерылобановский класс харьков

SAUK sluit 5 buitelandse kantore

Die nuus dat die SAUK teen die einde van die jaar met net 5 buitelandse kantore gaan sit, laat mens besef dat hul benarde situasie veel erger is as wat daar aanvanklik vermoed is. En met drie van hierdie kantore in Harare, Lagos en Kenia kan mens net wonder…

Dis egter nie net buitelandse beriggewing wat aan die agteruitgaan is nie. In spitstyd op Vrydagaande word Afrikaanse programme vertoon, wat meer as 10 jaar oud is. om van die res nie te praat nie.

In geen vrye mark sal so ʼn besigheid enige bestaansreg hê nie, en ek kan dink dat mense nie juis oor hulle voete val om hul tv-lisensies te hernu nie.

Dis hoog tyd dat iemand besluit om ʼn daaglikse nuusbulletin op die internet aan te bied, die era van die beeldradio is byna verby.

теннис на чемпионатетопкарго кидалы

Kanada se asielbeleid

Ek is baie bly dat die Kanadese regering besluit het om teen die Huntley-asielbesluit te appelleer, want nou sal die soeklig van die internasionale nuusmedia baie aandag bestee aan die anti-blanke pogrom wat deur die ANC-regering gevoer word.

Nou is dus die beste tyd vir al die Afrikanerbelangegroepe om kontak op te neem met sy advokaat in Kanada, mnr. Kaplan, om ook hul steun te verskaf in sy taak: Die advokate van Huntley sal nou al die beskikbare bewyse moet aanvoer om hul standpunt teen die Kanadese appel te ondersteun, nl. dat daardie blanke Suid-Afrikaner, soos al die ander wat nog in die land woon, baie doelbewus geteiken word. En daardie dokumentasie is in oorweldigende mate beskikbaar op verskeie werwe, asook by Agri-SA, Afri-Forum, PRAAG, en die Transvaalse Landbou-unie, Solidariteit se Helpende Hand organisasie e.d.m.
 
Dit word ook hoog tyd dat al die Afrikanerkultuurorganisasies almal hul klagtes begin lê oor hierdie feite , o.a. by die internasionale menseregtehof in Den Haag en die Europese Menseregtehof in Straatsburg. Daar is geen groot bedrae geld benodig om hierdie klagte te gaan lê nie dus sien ek nie die noodsaak van groot geldinsamelingsveldtogte hiervoor nie: al wat 'n mens eintlik nodig het is 'paar pakke papier' om die uitdraaie te maak, dit in leërs op volgorde te kry en dit dan saam met die amptelike aanklagte – hopelik geskryf deur regsgeleerdes vanuit die Afrikanergemeenskap — te pos na Straatsburg en Den Haag. Sou nie meer as 'n honderd Rand in posgeld hoef te kos nie. As die Afrikaners nie opstaan om amptelik teen hierdie pogrom te begin protesteer op hierdie wyse in die buiteland nie, sal dit nooit ophou nie.
 
Ek plaas dan wel hierdie insidente op rekord sover as ek kan met my beperkte fasiliteite — maar ek kan immers nie namens die Afrikanervolk praat of optree nie, anders sou ek die klagte self ook al lankal gaan plaas het. Ek is geen regsgeleerde nie.
 
En Afrikanerorganisasies en die slagoffers van sulke geweld self, behoort ook al hierdie feite aan te meld met al hul dokumentasie by 'n ander baie belangrike organisasie, nl. Genocide Watch, wat 'n ogie hou oor sulke sake en reëlmatig waarskuwings die wêreld instuur, o.a. by die VN. Hulle weet trouens al daarvan, en sou ongetwyfeld nuwe inligting ook waardeer: Sien hul vorige verslag oor die Afrikaner-pogrom, uit 2002. Hulle verwys daarin na alle blankes in SA as 'Boere', soos die swartes trouens ook doen.
 
Vriendelike groete
 
Adriana Stuijt

потолочные люстры дляФільчаков Олександр Васильович прокурор

Huntley is ‘n skelm Engelsman

Ek sien Afriforum wil ook nou op die Huntley-wa klim om te probeer munt slaan uit die beslissing van 'n Kanadese instansie wat glo "asiel" aan die man verleen het. Daar is ook mense hier op Praag wat sterk steun vir Huntley bepleit.

Dis 'n fout! Dit kan sleg boemerang.

Die vent is 'n tipiese Engelsman wat hier padgegee het toe die dinge begin skeefloop, maar nie verblyfreg in Kanada kon verkry nie. Hy het toe met 'n groot storie gekom van hoe bang hy vir sy lewe is.  Ons weet amal hoe moontlik en waar dit wel kan wees, maar hy erken nou in koerantberigte dat hy nooit enige van die sewe gevalle waarin hy glo aangerand of beroof is by die polisie aanhangig gemaak het nie.

Om 'n skelm Engelsman nou te gebruik om steun vir Afrikaners te werf is nie alleen onaanvaarbaar nie, maar dit kan ons saak net kwaad doen.

Kry 'n beter voorbeeld.

набор полицейскоголобановский александр биография

Rapport se wanvoorstellings en die waarheid

Image

Brandon Huntley

Nee, ek het die Rapport nie gekoop nie, maar by my pa op die plot gekuier en nes sigarette is Rapport vir party mense 'n slegte ou gewoonte wat mens sukkel om af te leer.

Een volle bladsy word toe Sondag afgestaan aan artikels aangaande Brandon Huntley. Die sub-opskrif van die eerste artikel deur Marthinus van Vuuren lui, “Afriforum wil toetree, wys op ras-obsessie”. Dit laat dit met die eerste oogopslag vir die leser voorkom asof Afriforum 'n ras-obsessie veroorsaak deur hul toetrede tot die saak. Eers aan die heel einde blyk dit dat Afriforum wil toetree aangesien die ANK-adjunksekretarisgeneraal se kommentaar daarop was dat “rasse-aanvalle eerder andersom (wit teen swart) geskied.”

Die onderstaande artikel, ook geskryf deur Marthinus van Vuuren vra: “Kan Huntley se lot met die vlugtelinge s’n vergelyk word?” Daar word dan verskriklik op die las van Zimbabwiese asielsoekers ingegaan. Dit word so emosioneel aangebied dat as jy nie huil nie, moet jy rou uie en sout in jou oë smeer, die leser moet onmiddellik Huntley se vermeetelheid insien, hoe waag 'n blanke man om op beskerming aanspraak te maak terwyl swartes onder misdaad en verdrukking onder hul eie mense lei. Dit is nie net transformasie en die uiteindelike herverdeling van rykdom wat blankes moet kry nie maar ook 'n meer regverdige herverdeling van roof, moord en verkragting, en verdoem is die een wat hom teensit, wel…volgens Rapport in elk geval.

Die derde artikel weereens deur Marthinus van Vuuren, kondig dan hardop aan: “Misdaad word selde deur velkleur gemotiveer”. Hierin word die eienaardige standpunt gestel dat die meeste rassistiese aanmerkings tydens aanvalle slegs die misdadiger se terugsnou is op 'n rassistiese aanmerking deur die slagoffer is, m.a.w. as 'n swartman jou verkrag en jy noem hom 'n hond of enige ander belediging, is jý die oorsaak van sy rassisme. Laat my toe om dit in Rapport se terme aan te bied, as jy verkrag word, bly net stil anders is jy n rassis. Dan word komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof as finale bewys aangehaal “…misdadigers is nie rasgedrewe nie". En daar is hy –  Die Klinkklare Finale Bewys, waarvoor hoef blankes dan nog verdomp te wonder, Bheki Cele het dan so gesê, man.

Laastens word sogenaamde statistieke gegee nog steeds deur Marthinus van Vuuren. Dis nie landswye statistieke nie, dis ook nie statistieke wat al die rasgroepe akkuraat uitbeeld nie, nee! Hy vergelyk Sandton en Alexandra: dit is sy statistiese steekproef om by sy werklikheid uit te kom. Interessant genoeg is daar by die grafiek 'n stille byskrif: “Soorte misdaad wat meer voorkom in Alexandra.” Goeie genade, wat het met die res van die data gebeur, miskien moet universiteite ernstig oorweging daaraan gee om statistiek as 'n verpligte vak vir joernaliste aan te bied in stede van etiek; duidelik mors hulle hul tyd met daarmee.

As Marthinus van Vuuren met 'n ou HNP “Bly Blank by Volk”-T-hempie en 'n ou republieksvlag in Alexandra afgelaai word en hy kom iets oor, is dit dan nie ook n statistiese bewys dat blankes geteiken word nie? Die mense van Alexandra kan immers nie teen sy herkoms en kultuur diskrimineer nie. Ek bedoel geensins dat ek kwade bedoelings teenoor die man het nie, maar probeer slegs die perversiteit van sy statistieke illustreer. 'n Mens wonder ook waarom dit vir Marthinus van Vuuren nodig was om drie verskillende artikels oor dieselfde onderwerp op dieselfde bladsy te hê, hy kon sy drek in een sin opsom: Jy is blank, dis jou skuld, kry vir jou.

Die waarheid staan soos volg: Die nodige statistieke bestaan eenvoudig nie; baie misdade word eenvoudig nie aangemeld nie, want dis n mors van tyd en emosies. Ek ken nie 'n enkele blanke persoon wat bereid is om 'n sensusvorm in te vul nie, a.g.v. vertrouensbreuk – want wie kry die data en waarvoor gebruik hulle dit?

Afriforum het dus twee keuses: hulle kan van regeringstatistiek probeer gebruik maak, of n webblad opstel en die volk vra om historiese misdade wat hulle ervaar het vanaf swartes daarop aan te meld, en dit dalk in kombinasie met regeringstatistiek te gebruik. Die statistiek moet ook per capita verwerk word as slegs een twintigste van alle moorde op blankes is en ons is 9% van die land se populasie, dan word ons teen dubbel die koers as swartes afgemaai. En al sou dit nie so blyk nie, kan daar nog steeds geredeneer word dat ons 'n ontmagtige minderheid is wat op beskerming geregtig is ongeag die historiese konteks, die beskerming van minderhede moet plaasvind voordat etniese suiwering plaasvind, nie ná die tyd nie. Die waarheid is dat alle misdaad en geweld oor die rasgrens as rassisme verklaar moet word, hoe kan dit wees, dat om iemand te beledig erger is as om vermoor te word?

Blankes word landuit gedryf en alhoewel ons nie in treintrokke na gaskamers vervoer word nie, is dit steeds etniese suiwering. Ek sal wil sien dat Brandon Huntley se saak suksesvol is; ek sal nie wil sien dat blankes nog vinniger landuit stroom nie, maar dit kan die nodige internasionale druk bring wat nodig is en in n mate het dit reeds daarin geslaag.

справку дляФильчаков

Casper de Vries weet niks van taal of godsdiens

Ek verwys na Rapport van 5-9-2009 en Casper de Vries wat sê Afrikaners is NIE God se witbroodjies. Onder andere raak hy die volgende kwyt:

“Got news for you suckers . . . Afrikaans het ontwikkel uit tale soos Nederlands, Duits en Arabies, dis nie die uitverkore taal nie, hoor! Afrikaners is nie die witbroodjies van God nie, al is dit wat vir ons vertel is deur die korrupte spul Nasionaliste Nazi’s.”

Ek verskil van die heer De Vries. Volgens my navorsing het die taal wat ons vandag Afrikaans noem, in 1652 nog Nederduijtsch geheet en was die spreektaal van die eerste blankes aan die Kaap; dit is ook die naam wat deur die VOC (Vereenigde Oost-Indische Compagnie) aan die taalvorm gegee is. Die eerste gemeente wat aan die Kaap gestig is, het dan ook die Nederduijtsche Gemeente van die Gereformeerde Kerk geheet. (In Nederland het daar nooit 'n amptelike Nederduitse Gereformeerde Kerk bestaan nie, maar wel die Gereformeerde Kerk, die Hervormde Kerk en enkele Nederduitse gemeentes.)

Die stamboom vir die Wes-Germaanse tale

Image

Besef de Vries nie dat die naam God, afkomstig is van die Germaanse woorde vir goed – Oudengels gōd en Sweeds god?

Ek het as aanhanger van die oerknal- en evolusieteorieë jare lank navorsing gedoen oor die ontstaan van alle gelowe. En tot die slotsom geraak dat die wieg van alle gelowe Noordwes-Europa is. 

насосного оборудованияФильчаков Александр Васильевич

Wees versigtig met steun vir Brandon Huntley

Julle het `n wye verskeidenheid onderwerpe en (seer) punte wat julle aanraak. Tog wil ek net vra vir versigtige optrede. Iemand noem dat Brandon Huntley nie werklik aangeval was nie, geen van sy gevalle is by die polisie aangemeld nie. Ons weet almal in watter haglike toestand ons land is.

Maak dus seker dat die regte saak ondersteun word. Die magte betrokke by Suid-Afrika se huidige situasie is nie net dié van "swart korrupsie en rasse suiwering" nie. Dit word net as aanmoediging gebruik om `n baie groter doel te bereik as die uitwissing van blanke Afrikaners.

Daar is groepe wat beslis slimmer is as die huidige regering, wat weet dat die Taal, Godsdiens en die Grond teer punte vir die blankes van Suid-Afrika is. En dit word doeltreffend teen ons gebruik. Ons land is ryk aan minerale wat reeds die oorsaak van `n oorlog teen die Britse regering was. Wat het verander? Amerika se inval in Irak, vir olie of uit menslikheid? Hoekom nie hier ook nie? Wat van Rusland en China, nie een van hulle sal omgee om in beheer van Suid-Afrika te wees nie.

Dit is eerder tyd dat ons (ongeag kleur) saamstaan en die verwronge element uit ons samelewing verwyder. Dit is immers nie net blankes wat wreed vermoor en verkrag word nie.

яхтингалександр лобановский харьков класс

Kom ons ondersteun Kanadese besluit

Die ANC-regering het beswaar aangeteken teen die verlening van vlugtelingstatus aan 'n witman van S.A. en 'n Kanadese Federale hof hersien nou glo die beslissing.

Kom ons neem die geleentheid te baat en maak beswaar by die Kanadese regering se geswig voor die ANC se politieke druk. Ons is almal in besit van gegewens oor die moorde, verkragting en misdaad (dws die algehele disrispek vir lewe); die ontbinding van die kommando's wat die boere op die plase beskerm het; die vernietiging van Afrikaanse onderwysinrigtings; die ontsegging van beroepsgeleenthede en geleenthede om kontrakte te bekom tensy jou besigheid effektief aan swartes oorgemaak is; die aandele-afpersing deur swartes (sg. BEE); die voortdurende vernietigng van ons kultuurerfenis deur naamsveranderinge (altyd net Afrikaanse name wat verander word); die miskenning en onderdrukking van ons taal in howe en staatsdepartemente (die SAPD het glo nou weer opdrag gegee dat alle polisiewer, insluitend afneem van verklarings, slegs in Engels mag geskied); die dreigemente en opstokery teen blankes deur swartes se slagspreuke en openbare uitsprake, insluitende Zuma se "bring my my masjiengeweer"-liedjie; statistiek oor blankes wat al geëmigreer het omdat ons ballinge in ons eie land geword het; ens.

Stuur vir hulle die gegewens en foto's van verminkte blankes, sodat hulle volumes getuienis sal hê om te oorweeg. Ons het ook almal familie en kennisse in die buiteland of databasisse met sulke name. Moedig hulle aan om ook hulle verhale van misdaad en veronregting aan die Kanadese regering te stuur sodat dit aan die Federale Hof voorgelê kan word. Dink net watter impak dit kan hê as daar duisende sulke getuienisse op die Kanadese hersieningshof begin reën!

Hierdie saak het nou internasionale aandag getrek, laat ons die geleentheid te baat neem om ons kant van die saak en die ANC se wanadminstrasie van die eens florerende Suid-Afrika onder die internasionale aandag te bring. Almal wat gereeld pleit dat ons moet "saamstaan": hier is nou 'n geleentheid om dit te doen.

Heronder verskyn die adresse waarheen dit gerig kan word:

High Commission of Canada to South Africa in Pretoria

Address, Telephone, Fax, Email

Street Address

1103 Arcadia Street

(Corner Arcadia and Hilda Streets)

Hatfield, Pretoria, South Africa

Postal Address

High Commission of Canada

Private Bag X13

Hatfield, 0028, Pretoria, South Africa

Telephone: +27-12 422 3000

Fax: +27-12 422 3052

Email: pret@international.gc.ca

gothicАлександр Фильчаков Васильевич

Hulp aan Brandon Huntley

Na my mening bied dit die ideale geleentheid vir blanke Suid-Afrikaners om die situasie van plaasmoorde, regstellende aksie, die feit dat die ANC liedere sing soos "Kill the farmer kill the Boer" en bring my masjiengeweer en dies meer onder die aandag van die wêreld gebring word.

Ek stel voor dat daar met Brandon Huntley se prokureur kontak gemaak word en dat hy van fondse en informasie voorsien word en gedagtes wat Huntley se saak kan bevoordeel maar ook internasionaal die ANC kan diskrediteer.

Ek hoop u vind die voorstel aanvaarbaar.

Groete uit Korea, (Afrikaner in ballingskap).

купить банюОлександр Васильович Фільчаков

Gedwonge integrasie bevorder spontane differensiasie

Ek doen ‘n beroep op Afrikaners om op grond van die volgende twee redes wye ondersteuning te gee aan prof. Jonathan Jansen om gedwonge integrasie in koshuise by die Universiteit van die Vrystaat (UV) af te forseer.

  * Vir eers is dit goed vir privatisering. Studente wat reeds ontdek het dat die verskille tussen wit en swart nie net ‘n kwessie is van kleur nie, maar ook van kultuur en beskawing, sal hulle eie gemeenskapsruimtes in private akkommodasie buite die UV se grense gaan soek. Die nuwe geprivatiseerde Reitz-koshuis is ‘n treffende voorbeeld.

  * Tweedens, sal liberale studente wat in UV-koshuise ingedwing word, in die geforseerde en geïntegreerde koshuise ontdek dat die verskille van ‘n kulturele en beskawingsaard is.

Ek verbaas my oor die oppervlakkige liberalistiese siening van Jansen wat buite die raamwerk van die Grondwet van SA lê. Jansen reduseer die verskille tussen wit en swart tot net ‘n kwessie van “mense wat anders … lyk”. Daarmee ontken Jansen dat SA ‘n kulturele mikrokosmos is. 

Die Grondwet van SA maak pertinent voorsiening vir vrye assosiasie (a. 18) binne gemeenskapsverband (a.185), vir vryheid van uitdrukking (a.16), vir vryheid van persoonlike en familie tradisies wat met vryheid op geloof, oortuiging en mening (a.15) verband hou, en vir die reg om aan ‘n eie kulturele lewe deel te neem (a.30). Die Grondwet verklaar ook uitdruklik dat persone wat aan ‘n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort nie die reg ontsê mag word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie en organe van die burgerlike samelewing te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie [a.31(1)].

Inmiddels wil ek studente-organisasies en huiskomitees aan die UV aanmoedig om gesamentlik formele klagtes teen Jansen se ideologie te lê by die Menseregtekommissie (a.184) en Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe (a.185).

Jansen wat kragtaal soos k*k gebruik en die reg op kulturele differensiasie tot apartheid reduseer, is buite orde. Soos ek die boere ken gaan hulle nog sy kn***s uitsny en vir die varke gooi. Jansen wat so behep met rassisme is, kan sy aanstelling as rektor juis wyd aan die feit dat hy ‘n swart gesig het en liberale politiek voorstaan.

Dr. Christo Landman
Voorsitter: Afrikaner Alliansie
 

варианты освещения прихожейОлександр Васильович Фільчаков

Mandela het elekrisiteitskrisis veroorsaak

BHP Billiton se Hillside- en Mozal-aluminumsmelters is van die grootste ter wereld, en wanneer op vol kapasiteit, verbruik 10% van Suid-Afrika se krag.

Meneer Mandela het die openingstoespraak van die Hillside-smelter gelewer, en ook die uitvoer van goedkoop krag na die daaropvolgende aluminiumsmelter in Mosambiek, sy vrou se tuisland, moontlik gemaak.

Aangesien die smelt van aluminiumerts groot hoeveelhede elektrisiteit verbruik, maak sulke smelters grotendeels gebruik van "gratis" hidro-elektiese krag, of alternatiewelik spotgoedkoop gaskrag in Midde-Oosterse lande.

Australië wek soos Suid-Afrika 90% van sy krag met steenkool op, maar nogtans is dit vir BHP Billiton beter om hulle Australiese aluminiumerts na die anderkant van die aardbol, na Hillside en Mozal te stuur, eerder as om dit in Australië waar die erts gemyn word, self te smelt. Vanaf Suid-Afrika en Mosambiek word die meeste van die Australiese aluminium dan weer terug versend na die anderkant van die aardbol, en in China en Suidoos-Asië verkoop.

Die rede vir bogenoemde is dat die gesofistikeerde elektrisiteitskontrakte vir aluminiumsmelters van ingevoerde Australiese erts, gebasseer is op kommoditeits-marksiklus-klousules, wat die gemiddelde langtermynkoste van die krag goedkoper maak as die produksiekoste daarvan. Vandag is daardie kontrakkrag selfs goekoper as die materiaalkoste van steenkool uit nuwe myne, wat benodig word om meer krag op te wek. Waarde word dus vernietig, soos weerspieël in die onlangse R9,5 miljard-verlies deur Eskom.

Meer krag en nuwe kragstasies is nodig om Suid-Afrikaners se lewenstandaard te verbeter, en veel meer van Suid-Afrika se eie inheemse chroom-, mangaan- en platinumertse op plaaslike bodem te smelt, sodat die waardetoevoeging van ons plaaslike primêre mynprodukte ter plaatse plaasvind. Tans word miloene tonne Suid-Afrikaanse chroom- en mangaanerts jaarliks uitgevoer, weens 'n tekort aan krag. Suid-Afrika beskik oor ongeveer 80% van die aarde se ekonomies ontginbare chroom en mangaan, genoeg om aan elke Suid-Afrikaner 'n permanente en formele werk te verskaf, sou meer waarde tot hierdie plaaslike primêre produkte voor uitvoer bygevoeg word. 

Dit was presies die versiende meneer Mandela se uitgesproke bedoeling met die opening van Hillside, Mozal in Mosambiek, en die omstrede komende Coega-aluminiumsmelter in die Oos-Kaap: "By using energy generated from our abundant supplies of coal to produce aluminium, the smelter will contribute to the drive to add more value to our primary products before export."

Die vraag moet dus nou gevra word: is meneer Mandela mislei? Meneer Mandela is nie 'n myner nie. Is hy eerlik ingelig dat Suid-Afrika glad geen aluminiumerts het nie, en dat die miljoene der miljoene tonne uitheemse aluminiumerts al die pad van ver, van die Engelse Australië ingevoer sou word? Om daarna weer weggeneem te word vir werkskepping in China en ander mededingerlande?

Dít terwyl Australië genoeg steenkool het om sy eie aluminiumerts te smelt, maar dit nie doen nie, omdat Suid-Afrika se steenkool vir die smelt van Australiese aluminium, benede Eskom-produksiepryse verbrand word, sodat arm Suid-Afrikaanse verbruikers en voorheen benadeelde belastingbetalers die verliese moet betaal. Vergelyk dit – Suid-Afrika se armoede – met die mens Marius Kloppers se BHP-Billiton-salaris en ryk Australië se Bruto Binnelandse Produk, wat danksy aluminiumsmeltery deels ry op die rug van 'n arm Suid-Afrika se ontginbare hulpbronne.

Bobby Godsell van Eskom gaan nou met BHP-Billiton, Mitsubishi en die Mosambiekse regering gesels oor hulle geldige dog sondige kragkostekontrakte. As vakbonde van steenkoolmyne en Eskom beloof om Bobby by te staan met 'n nasionale regstellende aksie indien nodig, sal die oorsese aandeelhouers van Hillside en Mozal dadelik redelik wees en hulle hoogs intelligente Londen-Metaal-Beurs-gekoppelde kontrakte wettig en vrywillig opskort.

Dis beter dat twee smelters verliese maak of ly, as 'n hele land. Tans is 10% van elektrisiteitsverbruik verantwoordelik vir 90% van Eskom en die Suid-Afrikaanse belastingbetaler-verbruiker se verliese. Dié mensgemaakte situasie is wettig en regsgeldig, maar in die geheel gesien nie volhoubaar en moreel nie. Meneer Mandela se goeie bedoelings met plaaslike primêre mynprodukte, sowel as sy Mosambiekse bande, is miskien in die verlede misbruik. Die gebore Suid-Afrikaner Marius Kloppers kry nou die geleentheid om die openbare persepsie reg te stel, maar sonder die ondersteuning van Suid-Afrikaanse vakbonde gaan hy selfs as genie sukkel om Suid-Afrika se landsbelang bo dié van BHP-Billiton te stel.

посуда для детейФильчаков прокурор