Rapport se wanvoorstellings en die waarheid

Image

Brandon Huntley

Nee, ek het die Rapport nie gekoop nie, maar by my pa op die plot gekuier en nes sigarette is Rapport vir party mense 'n slegte ou gewoonte wat mens sukkel om af te leer.

Een volle bladsy word toe Sondag afgestaan aan artikels aangaande Brandon Huntley. Die sub-opskrif van die eerste artikel deur Marthinus van Vuuren lui, “Afriforum wil toetree, wys op ras-obsessie”. Dit laat dit met die eerste oogopslag vir die leser voorkom asof Afriforum 'n ras-obsessie veroorsaak deur hul toetrede tot die saak. Eers aan die heel einde blyk dit dat Afriforum wil toetree aangesien die ANK-adjunksekretarisgeneraal se kommentaar daarop was dat “rasse-aanvalle eerder andersom (wit teen swart) geskied.”

Die onderstaande artikel, ook geskryf deur Marthinus van Vuuren vra: “Kan Huntley se lot met die vlugtelinge s’n vergelyk word?” Daar word dan verskriklik op die las van Zimbabwiese asielsoekers ingegaan. Dit word so emosioneel aangebied dat as jy nie huil nie, moet jy rou uie en sout in jou oë smeer, die leser moet onmiddellik Huntley se vermeetelheid insien, hoe waag 'n blanke man om op beskerming aanspraak te maak terwyl swartes onder misdaad en verdrukking onder hul eie mense lei. Dit is nie net transformasie en die uiteindelike herverdeling van rykdom wat blankes moet kry nie maar ook 'n meer regverdige herverdeling van roof, moord en verkragting, en verdoem is die een wat hom teensit, wel…volgens Rapport in elk geval.

Die derde artikel weereens deur Marthinus van Vuuren, kondig dan hardop aan: “Misdaad word selde deur velkleur gemotiveer”. Hierin word die eienaardige standpunt gestel dat die meeste rassistiese aanmerkings tydens aanvalle slegs die misdadiger se terugsnou is op 'n rassistiese aanmerking deur die slagoffer is, m.a.w. as 'n swartman jou verkrag en jy noem hom 'n hond of enige ander belediging, is jý die oorsaak van sy rassisme. Laat my toe om dit in Rapport se terme aan te bied, as jy verkrag word, bly net stil anders is jy n rassis. Dan word komm. Bheki Cele, nasionale polisiehoof as finale bewys aangehaal “…misdadigers is nie rasgedrewe nie". En daar is hy –  Die Klinkklare Finale Bewys, waarvoor hoef blankes dan nog verdomp te wonder, Bheki Cele het dan so gesê, man.

Laastens word sogenaamde statistieke gegee nog steeds deur Marthinus van Vuuren. Dis nie landswye statistieke nie, dis ook nie statistieke wat al die rasgroepe akkuraat uitbeeld nie, nee! Hy vergelyk Sandton en Alexandra: dit is sy statistiese steekproef om by sy werklikheid uit te kom. Interessant genoeg is daar by die grafiek 'n stille byskrif: “Soorte misdaad wat meer voorkom in Alexandra.” Goeie genade, wat het met die res van die data gebeur, miskien moet universiteite ernstig oorweging daaraan gee om statistiek as 'n verpligte vak vir joernaliste aan te bied in stede van etiek; duidelik mors hulle hul tyd met daarmee.

As Marthinus van Vuuren met 'n ou HNP “Bly Blank by Volk”-T-hempie en 'n ou republieksvlag in Alexandra afgelaai word en hy kom iets oor, is dit dan nie ook n statistiese bewys dat blankes geteiken word nie? Die mense van Alexandra kan immers nie teen sy herkoms en kultuur diskrimineer nie. Ek bedoel geensins dat ek kwade bedoelings teenoor die man het nie, maar probeer slegs die perversiteit van sy statistieke illustreer. 'n Mens wonder ook waarom dit vir Marthinus van Vuuren nodig was om drie verskillende artikels oor dieselfde onderwerp op dieselfde bladsy te hê, hy kon sy drek in een sin opsom: Jy is blank, dis jou skuld, kry vir jou.

Die waarheid staan soos volg: Die nodige statistieke bestaan eenvoudig nie; baie misdade word eenvoudig nie aangemeld nie, want dis n mors van tyd en emosies. Ek ken nie 'n enkele blanke persoon wat bereid is om 'n sensusvorm in te vul nie, a.g.v. vertrouensbreuk – want wie kry die data en waarvoor gebruik hulle dit?

Afriforum het dus twee keuses: hulle kan van regeringstatistiek probeer gebruik maak, of n webblad opstel en die volk vra om historiese misdade wat hulle ervaar het vanaf swartes daarop aan te meld, en dit dalk in kombinasie met regeringstatistiek te gebruik. Die statistiek moet ook per capita verwerk word as slegs een twintigste van alle moorde op blankes is en ons is 9% van die land se populasie, dan word ons teen dubbel die koers as swartes afgemaai. En al sou dit nie so blyk nie, kan daar nog steeds geredeneer word dat ons 'n ontmagtige minderheid is wat op beskerming geregtig is ongeag die historiese konteks, die beskerming van minderhede moet plaasvind voordat etniese suiwering plaasvind, nie ná die tyd nie. Die waarheid is dat alle misdaad en geweld oor die rasgrens as rassisme verklaar moet word, hoe kan dit wees, dat om iemand te beledig erger is as om vermoor te word?

Blankes word landuit gedryf en alhoewel ons nie in treintrokke na gaskamers vervoer word nie, is dit steeds etniese suiwering. Ek sal wil sien dat Brandon Huntley se saak suksesvol is; ek sal nie wil sien dat blankes nog vinniger landuit stroom nie, maar dit kan die nodige internasionale druk bring wat nodig is en in n mate het dit reeds daarin geslaag.

справку дляФильчаков

Afrikaner-Israel sal nie werk met vreemde arbeid

Ek is nou wel nie ʼn filosoof nie, en my geloof sowel as die uitlewing van my kultuur en taal dalk nie wat dit behoort te wees nie. En tog is ek ook ʼn voorstander van die Afrikaner-kort-’n-Israel-gedagte. Die enigste rasionele rede wat ek hiervoor kan gee, is dat ek dit bloot geniet om saam met my eie mense te wees, hetsy sosiaal hetsy in ʼn werkopset; dit is natuurlik. Soos wat die Nuwe Suid-Afrika oor die volgende tien jaar verafrikaniseer gaan word en die ANC homself gaan ontbloot as net nog ʼn korrupte, swak Afrikaregering gaan die vraag wat in die komende paar jaar al hoe meer gevra gaan word nie wees, óf nie, maar hóé en wáár moet die “Israel” dan gestig word?

Sedert die dood van Dr HF Verwoerd het die Afrikaner nog nie werklik weer probeer om langtermynpolitiek aan te pak nie, Die meeste van die staat se rigting- en ideologiese veranderings was aan die hand van praktiese oorwegings en die werklikhede wat ons “nóú” in die gesig staar. Nie dat ek glo ons nie daartoe in staat is nie; dis net ʼn geval van samehorigheid wat ons nie kan bewerkstellig nie, en om dit te verkry moet mens eers ʼn werkbare plan hê.

As u my die geleentheid sal gee, wil ek bloot die elemente noem wat nodig is; die meeste hiervan ken u reeds – en daarvan is ek seker – hulle is al tot vervelens toe opgenoem, besing en bespot. In die eerste plek ʼn grondgebied waarin die Afrikaner die onweerlegbare meerderheid is en daar's hy! As dit maar so maklik was! Die probleem is natuurlik arbeid. Ons kan baie lank hieroor redekawel maar as die Afrikaner in so ʼn “Israel” nie sy eie arbeid kan verrig nie, gaan en sal dit nie werk nie. Die rede hiervoor is: jy gaan weereens met ʼn ideologie sit wat jy nie kan verdedig nie. Die ander lande wat wel van “nie-burgerarbeid” gebruik maak, word nou nie soos die bose ou Apartheid verdoem nie maar op die ou end koop hulle tog vir hulself ʼn Trojaanse perd. Of hoe meer suksesvol jy is, hoe groter bou daai digbewoonde volksvreemde buurtes reg om jou op; jy gee hom werk later begin hy sy eie besighede en skep werksgeleenthede vir net nog meer en dan as jy deur ʼn resessie gaan, kom die gevolge, ʼn inploffing van alles wat jy opgebou het. As ons more ʼn onafhanklike Afrikanervolkstaat uitroep en ʼn honderdduisend Afrikaners kom daarheen sal hulle net ʼn week later werksgeleenthede wil skep vir vyfhonderdduisend volksvreemdes.

Die winde van politieke verandering begin tans in Wes-Europa waai en ons huidige toestand moet vir hulle ʼn aanduiding wees van wat immigrasie oor die lang termyn ʼn volk kan aandoen. Die Afrikaner was nooit die enigste volk in die ou Transvaal en Vrystaatse republieke nie maar ons was ongetwyfeld teen die uitbreek van die Angelo-Boereoorlog die meerderheid in daardie republieke. In dié lig gesien, was ons as’t ware nie regs nie maar seker die mees progressiewe liberale volk ooit al het dit diskriminasie teen immigrante beteken.

So baie webblaaie en Afrikanerorganisasies probeer tans ʼn oplossing vir die Afrikaner en sy huidige lot bedink. As ons weer langtermynpolitiek as ʼn volk aandurf, asseblief, kom ons doen dit ordentlik en deursigtig. Ons hoef dit nie eens in ʼn enkele generasie af te handel nie. Vandag bly maar ʼn derde van alle Jode in die staat Israel; die ander dink die klimaat is te rof en die bure te onbeskof. ʼn Volk moet hom vestig waar dit eerstens moontlik is en tweedens moet hy dit dan ekonomies vir homself lewensvatbaar kan maak. Dit is in hierdie lig wat die meeste se planne platval en van alle organisasies is daar slegs een wat dit presies reg het: die Oraniabeweging.

Alle Afrikanersakemanne is dit eens as dit by die volkstaatgedagte kom: “die Afrikaner het net te veel belange in die res van die land”. Dit is dan hier waar ek gewoonlik begin verduidelik dat hulle die hele ding misverstaan. Ek wil nie hê hulle moet soontoe trek nie; ek wil hê hulle moet sterf! Stilte volg gewoonlik op dié standpunt maar dan luister hulle ten minste beter. Dit is nie vir jou nie, dit is ook nie werklik vir my nie, dit is om Afrikaners drie/vier generasies in die pad af ʼn kans te gee, om hulle te los met probleme waarvan ek net kan droom. Ek verwag van niemand om te trek wat nie wil trek nie; wat ek wel verwag is dat ons begin saamspan om werksgeleenthede en industrie te help skep vir dié wat wel wil gaan, en moenie ʼn fout maak nie: daar is baie. Die mees afskuwelike ding wat my pla is natuurlik dat dit die liberale Afrikaners is wat so negatief teenoor die gedagte is en nie swart Afrika nie. Dit is die liberale Afrikaner wat iemand wat daarheen trek radikaal noem; tog word iemand wat land-uit trek nie radikaal genoem nie. Hulle is dan verbaas as ʼn miljoen blankes binne tien jaar die land verlaat het, draai na hul “swart imperiale meesters” toe en dié verduidelik eenvoudig dat hulle net rassiste was. Die ergste van alles is dat party regses hulle veroordeel wanneer dit ongetwyfeld die enigste uitweg is.

Ek sal eerder deel wil wees van ʼn volk wat hardnekkig vir hom ʼn bestaan in die dorre Karoo uitkerf met sy eie arbeid as deel van ʼn volk wat vir sy eie waansin en luiheid betaal deur uit te sterf weens emigrasie of integrasie. Arbeid is en bly die sentrale punt by die skepping van ʼn volkstaat. Vir dié wat dink dat die skepping van so ʼn volkstaat tot geweld sal lei, kan ek net sê: As daar geweld gaan wees – waarvan ek natuurlik glad nie ʼn voorstander is nie – en as dit van die ander kant af kom, kan dit nie vermy word nie. Indien ons nie as ’n massa in ʼn volkstaat woon nie, sien ek nie ʼn oorwinning nie. Daar moet in gedagte gehou word dat die regerende party die een is wat met die weermag sit, dat dit ons is wat gehate is onder die ander volke en om dit alles te kroon bykans geen politieke mag het nie. Nee in ’n geweldsituasie voorspel ek bykans ons totale uitwissing; nóg die VSA, nóg die VN gaan hardloop om ons te red nie. Die feit dat ons wel oor groot ekonomiese mag beskik, maak ons net nog ʼn aantrekliker teiken en die feit dat ons oor heelwat spesialiskennis beskik, maak die “African” naar. Wat klink tog soeter in die oor van die swartman as: dis die witman se skuld, dis apartheid se skuld?

Al was al die ander volke in die land ook blank sou ons nie kon oorleef nie; daar is nie ʼn enkele voorbeeld in die geskiedenisboeke van ʼn volk wat in diaspora sukses behaal het nie, Demografie is alles. Die swart volke in die land doen niks verkeerd nie; dis ons wat in ʼn onnatuurlike toestand leef. Daardie toestand gaan tot ʼn einde kom – op die een manier of die ander.

Dinge in die land is besig om in ʼn rigting te begin beweeg, almal weet dit. Ons fluister vir mekaar as die “ander” nie by is nie. Die retoriek wat die meeste na vore kom, is: “Dit gaan nog baie slegter gaan voor dit beter sal gaan”, maar hoeveel slegter wil ons hê moet dit gaan? Waar is die draaipunt soos ’n Angola, Zimbabwe, Mosambiek, Burundi, kies maar vir jou een? Nee wat, kom ons begin eenvoudig om ons ekonomiese mag te gebruik om Orania se behuising, industrieë, grondgebied en plase met volkseie arbeid uit te brei.

справка освобождениеФильчаков прокурор отзывы